Hokaai, hokaai

Januarie 9, 2011 at 10:42 nm 14 Kommentaar


Ek het Saterdag ‘n oproep gehad. Een van baie. Net die ene het nie gesê wat die ander gesê het nie, die ene was om te vra wat gaan met my ander kind aan. “Nee” seg die uwe, “ek weet nie.” “O,” sê die oproeper, ek sien dat sy ongelukkig is.” “Wel, as sy dit met my wou deel, sou sy dit nie op facebook gesê het nie.” Ek het mos al gesê dat ek nie facebook doen nie. Dit herinner my alteveel aan ‘n dame wie indelicato geval het en almal wie verby loop kyk.

‘n Paar sms’e later, is my kommer geprikkel. Ek stuur ‘n sms en vra. Die antwoord is ontstellend. Sy word aangeval op fb. Ai, aarde, weet mense dan nie dat fb nie die Jerry Springer show is nie? Ousus was toe nog tuis en sy gaan toe op fb en sien waaroor die bedoente gaan. Toe lees ek oor haar skouer. (Sien ek het ook geloer na die gevalle dame pleks van haar ophelp.) Ewentwel, sy word vreeslik uitgeskel as ‘n bosmens met googling eyes. Sy ly onder andere volgens die dramaturg aan groot oog siekte want sy het een groot en een klein oog. Enig een wie haar nie aangeval het nie, word beskuldig dat hulle bang is vir haar googling eyes. Toe herinner dit my aan ‘ n gesprek wat ek eendag met ons vriendinnetjie, die opera singende heks van ‘n buurblog gehad het.

Sy vertel my dat haar nig (nefie volgens haar) Auriola, die gif van die oog het. Sy, Auriola, het een groot oog en een klein oog, dit is dan die rede hoekom niemand Auriola op ‘n foto sal sien nie. Dit kan glo gevaarlik wees vir enigeen wat na die foto kyk. Want die klein oog is die oog met die gif. (Ek dink ouma Heldina het die woord gif gebruik as present.) Die klein oog, is glo die oog met die sig. Alles wat hulle sien, bly daar. Of sy Auriola jou ‘n sekonde, minuut, uur of eeu laas gesien het, sy kan jou helde oproep. Dan kan sy maak wat sy wil. So niemand spring die mag van die oog mis as dit eers op jou gelê was nie. Sy het toe vertel dat Hitler homself, teen die einde van die tweede wêreld oorlog vir Auriola te na gekom het, en kyk wat het met hom gebeur. Terwyl ek aan die staaltjie gedink het, het ek hoendervleis gekry. Ek jok nie nou nie.

Al wat ek kan sê is dat ek hoop die aanvaller wie my ander kind so omgekrap het, moet maar hoop die googling eye roep hom nie op om te straf nie. Ek hoop sy vrou of die kleinkinders klim om oënskynlike redes nie saam met hom in ‘n kar nie. Wie weet wat die oog oor hom en sy gesante gaan bring? Hy noem heel pertinent sy kar se diens waarvoor sy vrou betaal het. Hy is seker ‘n karnar by Spar daarom dat sy vrou sy kar se diens moet betaal. Hoe dit ookal sy, my ander kind kan gerus slaap, sy sal nooit met hom in sy kar klim nie.

Gedagte van die dag: Jerry Springer kan nie Afrikaans lees nie.

Advertisements

Entry filed under: Naarhede.

Tick tock Drie pikkewyne

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Jan hak  |  Januarie 9, 2011 om 11:26 nm

    Ek het weer gehoor disie groot oog watie krag het. As die tor onnosel genug is om sy kar te noem termyl hy metie oog spot sal ek okie in sy kar klim nie. Hy is eder n kar gwar. Iemand wat karre oppas.

    Antwoord
  • 2. Gerda  |  Januarie 10, 2011 om 12:31 vm

    ek sal in geen kar met die dom vent klim nie. as die oog hom kry gaan die kar wat hy ry irrelivant wees.

    Antwoord
  • 3. Gerda  |  Januarie 10, 2011 om 12:34 vm

    Dom donners wie mense beledig en name noem op fb besef nie dat dit getuienis in enige hofsaak is nie. self nadat dit gedelete was.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Januarie 10, 2011 om 8:40 vm

    more, more. Jan, welkom. Ek het my weergawe uit n heks se mond gehoor. Daarom kan dit enige oog wees. 😆

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Januarie 10, 2011 om 8:42 vm

    gerda, as mense hul vir toffies wil uitgee moet hul nie kla as hul gekou word nie.

    Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  Januarie 10, 2011 om 9:25 vm

    More More

    Tel dit as ‘n bose oog? Die een kyk hel toe en die ander hotel toe?

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Januarie 10, 2011 om 10:02 vm

    jy sal met die mooiste, slimste heks moet konfedereer daaroor.

    Antwoord
  • 8. Bitterbleu  |  Januarie 10, 2011 om 3:33 nm

    Daar is mense wat dink facebook is hulle persoonlike slagveld. Hulle dink ook dat hulle soos die shit voorkom. Maar hulle spelling en taalgebruik wys op hulle ongeletterdheid en wat hulle se is gewoonlik is swak smaak. Gaap. So vervelig.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Januarie 11, 2011 om 12:17 vm

      teen die prys van myself herhaal bleu, welkom. Hulle is beslis in my oë die shit. Ek ken net een soort. Die soort wat ook onwelkom onder my skoen is.

      Antwoord
  • 10. adoonsie  |  Januarie 10, 2011 om 8:28 nm

    Ek is ook op FB. Maar ek is net vriende met die mense wat ek mee wil vriende wees. En as ek nie van jouFB updates hou nie , of dit irreteer my , of jy beledi my , dan gaan ek jou ‘unfriend’. Dis maklik.

    Ek wonders soms hoekom mense hulle blootstel aan al sulke aanvalle. Het jy regtig sulke mense in jou lewe nodig??
    Ek het nie.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Januarie 11, 2011 om 12:12 vm

      hi adoonsie, dink ek het jou al verwelkom. Mens, ek doen eerder nie fb nie. As ek sien hoe mense dink hulle is op die Jerry Springer show, dan hou ek maar wyd verby.

      Antwoord
  • 12. toortsie  |  Januarie 10, 2011 om 10:06 nm

    Gelukkig het daardie jong meisie ‘n “rooi duiweltjie” vir ‘n ma en ‘n “slimste, mooiste, oulikste heks” vir ‘n maatjie….. ek sou 2 keer dink as ek daai persoon was….

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Januarie 11, 2011 om 12:11 vm

      Whoop whoop Toortsie, daardie persoon het nie rekening gehou met die oog wat hy so spot nie. 😆

      Antwoord
      • 14. toortsie  |  Januarie 11, 2011 om 8:11 vm

        En toe onthou ek dat die heks van wie ek hierbo praat, nog hekse ken wat nog hekse ken wat…. en almal van daai hekse is nie so oulik en slim en dierbaar nie…. klink GEVAARLIK!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: