Ag wat, dit is maar ‘n hond

Januarie 6, 2011 at 12:10 vm 6 Kommentaar

As gevolg van omstandighede buite ons beheer, moes Homer in 2009 werk soek.  As ‘n Witman, vyftig plus, het hy dit beslis nie maklik gevind nie.  Uiteindelik het hy vaste werk gekry, maar geen behuising is beskikbaar nie.  In elk geval, hy en my  Bad Boy moes maar trailer trash word en in karavane gaan nes skop.

Die eerste keer dat ek by hulle gaan kuier het, het ek onder andere kennis gemaak met Shaggy.  ‘n Swart chow chow kruising.  Groter as Bessie.  Ek was aanvanklik bang dat sy en Bessie sou baklei.  Die twee dames het egter nie ‘n saak met mekaar gehad nie.  Shaggy was verwaarloos.  Toegegee, nie halfpad so verwaarloos as wat Bessie was toe ons haar in 2004 gekry het nie, maar beslis goed oppad daarheen.  Die persoon wie ten eersste soveel vir haar omgegee het dat hy haar laat steriliseer het, kon of wou haar nie meer hê of versorg nie en het haar vir iemand anders in die karavaanpark gegee.  Die nuwe eienaar weer kon nie eers oor kos vir sy kind gepla wees as daar nie drank vir hom is nie.  In teendeel, dan slaan hy sy lewensmaat (nie die ma van sy kind nie)  uitmekaar, veral as sy kos vir sy kind gekoop het met geld wat vir hom drank kon koop.  My Bad Boy het hom toe maar oor Shaggy ontferm.

Toe ek haar die eerste keer gesien het, het die dier se trotse afsydigheid my so aangegryp dat ek haar byna in my Fordjie gelaai het en huis toe gebring het.  Ek het egter ‘n hewige renons aan honde diewe.  Goed, goed!  Aan dierediewe.     As ‘n mens kan hond of kat steel, kan jy ook kind steel.  Ek het myself wys gemaak as haar eerste mens genoeg vir haar omgegee het, om haar te laat steriliseer, sou hy ook genoeg vir haar omgee om haar weer terug te neem.  Sy het heeldag buite sy karavaan gewaak en dan kos wat my seun vir haar uitgesit het, geeet.

Ewentwel, hy het my onlangs vertel hy verneem die hond is siek.  Sy loop en val net.  Maar saans kom sy wanneer hy haar roep en dan eet sy die kos op wat hy vir haar uitsit.  Eisj.  Nou is die hond dood.  Ek moes my gewete gemuilband het en haar eenvoudig in my kar gelaai het.  Thys, Leon mag julle maar min drank geld vanjaar hê.  Bad Boy, ek is teleurgestel in jou.  Jou kuiermense het meer vir jou beteken as ‘n hond wat dalk nood het.  Jy kon saam met hulle gaan kuier en die hond aan haar lot oorlaat.  Goed, ek weet dit is nie jou hond nie.  Maar jy kon die twee bliksems op hulle plig gewys het.  Verder Seuna, dit is nie hoe ek jou groot gemaak het nie.   shaggy, ek is jammer ek het jou nie gevat nie.  Mag jy salig rus.

Gedagte van die dag: Soms, net soms moet ‘n mens na jou instink luister en jou gewete met ‘n pleister toeplak.

Advertisements

Entry filed under: Sucker.

Summertimeblues Tick tock

6 Kommentaar Add your own

  • 1. cinderella  |  Januarie 6, 2011 om 7:06 vm

    goeie mre olga! so 4 mnde gelede het hie n gud versorgde poedel aan gekom by my huis hys steeds hie niemand het gesoek na di hond ni en di hond is tuis hie ek kon dit ni oor my hart kry om ho net ini str te los sonder kos of water ni en ai se nou di kare ry ho dood! hy het al ver weg gedwaal maar ko elke keer we terug na ons toe. snaaks hu hy ni sy eie huis kon kry ni! di kids noem hom skruffy. skruffy jy het kla in ons harte gekruip al raas ons wane jy strate toe hol nes stompie!

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Januarie 6, 2011 om 9:07 vm

    more, more. Ek wonder tog of skruf nie afgelaai was nie. Of dalk uit n kar van besoekers gespring. Ai, dis tog so jammer die versorging van die diere is so duur.

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Januarie 6, 2011 om 9:54 vm

    Dit is eintlik jammer dat mense nie vooraf gaan sit en mooi uitwerk of hulle regtig kans sien vir n troeteldier nie. Die arme ding moet eet, versorg word, aandag kry, soms dokter toe gaan en nie in die pad wees nie. Hulle is in die eerste plek n verantwoordelikheid en as jy jou kant bring, word hulle n plesier.

    Ek wil ook byvoeg dat diere nou regtig nie n luukse behoort te wees nie. Met veeartse wat deesdae n plaas kos wonder ek regtig wie kan nog troeteldiere bekostig.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Januarie 6, 2011 om 10:19 vm

    katgriep, hondesiekte, hondsdolheid ens is immunisering verpligtend. Hoekom kan die staat n veearts in mamelodi, khayalitcha, diepsloot ens instuur om die immuniserings te doen,die diere te bad en dip maar neem jy jou hond na n staatsveearts en hy /sy is uit, het nie entstof nie of s3 net eenvoudig jy moet jou hond n die pvt veearts neem. Toe ek bessie laat steriliseer het, was die staatsveearts buitendien r50 duurder as die pvt veearts.

    Antwoord
  • 5. BB  |  Januarie 6, 2011 om 11:49 vm

    Ja, soms net soms moet mens maar ‘n hond steel ook 😦

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Januarie 6, 2011 om 1:20 nm

    het ek dit maar eerder gedoen.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: