Summertimeblues

Januarie 4, 2011 at 10:42 vm 10 Kommentaar

Kersfees is verby!!!! Lank lewe back to school.

Ek het die eerste keer sedert Januarie 1988 nie ‘n kind om terug te stuur skool toe of na die een of ander tersiêre instansie nie. Wragtig, die groot “back to school” (terug skool toe het mos reeds rondom 1994 beswyk. Mag hy salig rus.) Advertensies is nog net so teneerdrukkend soos toe ek ‘n kind gehad het wie moet terug skool. Die regering behoort die advertensies en die uitstal van skool benodighede in al wat venster en ingang van ‘n winkel is, te verbied. Met geweld indien nodig.

Dit is baie teneerdrukkend. Die kinders is nog vir ‘n week of meer op vakansie. Hoekom op die gesig van die aarde moet hulle noual met die werklikheid gekonfronteer word? Die ouers koop die skoolbenodighede. Skole kan ‘n lys met spesiale aanbiedings van die verskillende winkels saam met die rapporte in die koevert aan die ouers stuur. Laat die kinders maar die laaste dae van hulle vakansie oor die euforie en of teleurstellings van Kersvader se kommunikasie probleem kom. Hulle hoef nie met die ou naarhede getreiter te word nie. Die eerste skooldag is traumaties genoeg. ‘n Nuwe lewe, weg van Ma, ous Thandi en juffrou Annie by die kleuterskool.

Kan julle nog julle eerste skooldag onthou? Knop in die keel. Vlinders op die maag. Die sweterige handjie in Ma of Pa sn. Die trane wanneer die klok gelui het en Ma en Pa agter in die saal gaan sit het en jy moes agterbly by die maatjies en Juffrou?

Net so ter afsluiting: ek wonder of die regering of dan ten minste die skooldepartement al ‘n begin gemaak het om die VOORHEEN MODEL C SKOLE in die bek te ruk oor die astronomiese bedrae skoolfonds wat die ouers steeds moet betaal.

Gedagte van die dag: ‘n Nuwe jaar is ‘n nuwe kans op ‘n nuwe en beter lewe. Maak die meeste daarvan.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Happy New Year Ag wat, dit is maar ‘n hond

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Januarie 4, 2011 om 12:06 nm

    Eerste!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Januarie 4, 2011 om 12:08 nm

    Die haasbekkies wat die eerste keer skool toe gaan sien gewoonlik baie uit na skool.

    Antwoord
  • 3. BB  |  Januarie 4, 2011 om 1:15 nm

    Sovêr ek kan onthou (laaste omsendbrief in Desember ge-scan) is die skoolfonds vir my Gr 9’tjie vir die jaar netso oor die R7000. Waarvan die inskrywingsfooi betaalbaar is voordat hy ‘n handboek kan kry, plus die ±R200 vir die skryfbehoefte pakket (skrifte, penne, watnogals) – ok dit spaar my ‘n winkel-toe irritasie.
    Wat my die ergste grief egter, is dit prys (en gehalte) van skoolklere – en die monopolie daarvan. Mens het (so te sê) geen keuse daar nie – en onderhandeling of afslag op kontant is onmoontlik. Een paar skoolkouse (verpligtend met die skoolkleure in die omvou-soompie-ding) : R45!!! Die (kortmou) hemp kos netso onder die R150! Die (verpligte) drymac (deel van die sweetpak) kos netso oor die R300.
    Die kortbroek is darem gelukkig nog bekombaar by Pep of Ackermans – ek weier wragtig om die ‘uitrusters’ nog die wins op daai een ook te gun.
    Snaaks nogal – boetietjie is nie naastenby soos sussa 10 jaar gelede nie – of ek nou ‘n stel ‘koukies’ koop en of die inkleurpotlote “Staedtler” is en of hy laasjaar se ou stukkie uitveër moet vat – is als ok met hom. Sy ousus het my ‘n pretty pennie meer gekos met haar ‘behoeftes’.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Januarie 4, 2011 om 2:26 nm

    een uit vyf draai die waterwerke oop.

    Antwoord
  • 5. Knipoog  |  Januarie 4, 2011 om 3:35 nm

    Hi Olga, beste wense vir die nuwe jaar!

    Ek het met ‘n skok uitgevind hoeveel van die “goeie” skole in die Kaap deesdae vra vir skoolfonds – dit klink dan nou vir my amper duurder as toe ek op Universiteit was en dit was darem nie sooo lank gelede nie!

    Siestog – ek dink ek mag dalk een van die waterwerke gewees het – blok die dag steeds uit my geheue 😉

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Januarie 4, 2011 om 6:57 nm

    dankie knipoop. Geseende en voorspoedige nuwe vir jou ook.
    😆 ek is seker joune was nie enigste nat oe nie. Skoolfonds is niks anders as roof nie.

    Antwoord
  • 7. cinderella  |  Januarie 5, 2011 om 5:51 vm

    Mre mre olga geseende nuwe jr vi jo! ekt 2 kids opskool skool fonds is duur da prt ek ni eens va di skool klere! en al di fondsinsamelings wat elke mnd gehou wrd en jy mut ten minste 1 vorm se geld insamel!

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Januarie 5, 2011 om 7:52 vm

    more, more.
    Cinderelli, ek dink solank ouers aanhou betaal, solank gaan die uitbuiting voortduur. Kom ons kyk na die skole, die hulpmiddele wat kinders het. Regverdig die koste wat die kinders kry? Ons moet altyd onthou nes met die (tol)paaie, het suid afrikaanse belasting betalers ook die skole gebou. Dit is net absoluut misdadig om n bestaande, belasting geboude skool te neem om n besigheid van te maak.

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Januarie 5, 2011 om 9:53 vm

    ag, ekskuus bb. Wp was vol geite en ek kyk nie gereeld epos nie. Ek dink regtig die skoolfonds is belaglik. Registrasie is absoluut absurd. N kind is volgens my ingeskryf totdat so n kind uit die skool gehaal word. Die enigste rede hoekom hul dit nie blatant n deposito noem nie, is omdat hul bang is jy vra jou dep terug. In my hometown, kon jy destyds net skoolklere by die mansklere en 1 vroueklere boutique gekoop het. Wat toe opvallend was, was dat 1 winkel aan die laerskoolhoof se vrou behoort het, die ander 1 aan die ho3rskoolhoof se vrou. Ek het nog altyd gewonder, wil pep, ackdrmans, edgars ens nie die plaaslike skole se drag aanhou nie? Hoekom is hulle winkels dan van destyds af, in die witbuurte en nie in die townships nie? Dit is tog nou duidelik, met hul oorheersend swart personeel, dat hul die swartmark wil dien. Daarom kan ek nie verstaan hoekom hul nie winkels in die townships het nie.

    Antwoord
  • 10. Selene Phoenix  |  Januarie 5, 2011 om 11:39 vm

    Hello!!
    Ek is terug… wel eintlik al van gister af, net bietjie besig!

    Ek haat die “Back to school” advertensies, want dan weet jy dis daai tyd van die jaar en Kersfees is verby! 😦 So ja hulle moet dit ban!!

    Ek hoor nou die dag die ou wat saam my werk se seun se skool fonds is R40 000 vir die jaar! O my goodness!!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: