Meisiekind

Desember 22, 2010 at 12:42 vm 10 Kommentaar

Het ons nie al almal so iemand teegekom nie?  Julle weet die wie te siek is om te lewe en te gesond om dood te gaan.

Dis nou naar om so te dink hier in die tyd van vrede op aarde en welwillendheid teenoor my naaste.  Albei my dogters het negatiewe bloedgroepe.  Dit voorspel vir hulle en die kinders wie hulle hopelik eendag gaan hê moeilikheid.  Daarom bid ek, nie net dat hulle en die kinders wat hulle dalk sal hê gesond en veilig sal wees nie, maar ook dat die dogters van my verstandig sal wees. 

Ons kry almal van tyd tot tyd die forward eposse.  Dan stuur ons maar aan want net dalk gaan die mense van wie die eposse praat regtig 4c kry van die elke epos wat aangestuur was.  Ewentwel, die afgelope twee jaar het ek al gehoor van die dogter met ‘n negatiewe bloedgroep.  Haar oudste het bly lewe.  Die tweede is doodgebore as gevolg van komplikasies met haar negatiewe bloedgroep.  November was dit twee jaar gelede.  Toe word sy ‘n derde keer swanger.  Tweeling.  In haar vierde maand, het sy die baba’s verloor.  Dit was nie lank nie, toe is sy weer swanger.  In die tyd dat ek in my hometown was, Maart vanjaar, is die baba gebore.  Teen die aand, is die ou seuntjie oorlede. 

Pas weer, het sy geboorte geskenk vir die vierde keer.  Wat vir my opvallend is, is die feit dat ons nou al drie keer navraag gedoen het terwyl sy in die hospitaal is en elke keer het die hospitaal haar nie as pasiënt gelys gehad nie.  My Daatjie het ‘n skamele 1.2 kg geweeg toe gebore was.  Toe kry hy eers ‘n virus infeksie waarvan baie baba’s doodgaan.  Hy het natuurlik gewig verloor en het op die stadium onder ‘n kilogram geweeg.  Skaars verslaan hy die virus of hy tel meningitis op.  Die gevaarklokke het gelui, hy het verder gewig verloor en ons het Bloemfontein toe gegaan.  Teen die tyd dat ons daar gekom het, was die klein soldaatjie al bors teen bors met die nuwe gevaar en het hy goed gedoen.  Ons was toegelaat om die ou handjie vol mens vas te hou.  Hy het oorwin.  Maar ek dwaal alweer af. 

Die epos meisie se baba het verskeie bloed oortappings gekry in haar uterus en net nadat hy gebore was.  Toe raak haar steke septies.  Toe kraak sy ‘n tand.  Asof dit nie genoeg is nie, ontwikkel sy boonop trombofibose.  In haar maag.  Ek hoop regtif dat dit nou die einde van haar woes is.  Dogters van my, moet my asseblief nie keer op keer deur die angs en kommer sit nie.  Dit is regtig in vandag se lewe aanvaarbaar om sonder ‘n kind deur die lewe te gaan.  In die geval sonder ‘n tweede kind.  Die lewe is buitendien so duur, dink mooi of julle ‘n tweede kind sal kan bekostig.

Gedagte van die dag:  Ware sukses kan net met God se samewerking gebeur.

Advertisements

Entry filed under: Sug, Uncategorized.

Shake your bootie Christmas in my hometown

10 Kommentaar Add your own

  • 1. BB  |  Desember 22, 2010 om 7:09 vm

    Moeilike onderwerp. En seer. Ai! Maar ek verstaan wat jy sê. Ek hou van jou laaste sin. Sommer baie!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Desember 22, 2010 om 8:48 vm

    Die negatiewe bloedgroep kan moontlik n probleem veroorsaak as die pa positief is. Nie juis dat dit n krisis is nie, dit word maklik bestuur. Die ma kry gewoonlik n inspuiting direk na die bevalling wat die effek teenwerk.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Desember 22, 2010 om 8:56 vm

    more more

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Desember 22, 2010 om 11:58 vm

    bb, ek kan my net sulke mense sn fam se angs en pyn voorstel. Dit moet rof wees.

    Antwoord
  • 5. Gerda  |  Desember 23, 2010 om 3:12 nm

    het die girllie nie voor die tyd n aborsie of wat gehad nie? eerste en tweede baba is altyd fine. derde baba is minder fine. maar die ma met die b neg bloed dra haar babies vol term en dan kry babas net voor of net na die geboorte n bloedoortapping. hier by steve b is ons georganise hoor.

    Antwoord
  • 6. Gerda  |  Desember 23, 2010 om 3:17 nm

    Dis ook nie te se die derde baba gaan noodwendig n probleem he nie. google die mamma nie miskien worse case files en dis dit dan vir haar waarheid op nie?

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Desember 23, 2010 om 11:48 nm

      Heng Gerda. weet jy, my wyse ou moedertjie se bloedgroep was o neg. Sy het 9 kinders gesond en skoppend en skreeend in die lewe gebring. Net een uit die nege, nr 4, ek is nr 5, het dit nie oorleef nie. as die meisie die worst scene ding doen, sal dit meer as net gemeen van haar wees, dit sal plein siek wees.

      Antwoord
  • 8. Vir almal in Blogland « Kouevuur  |  Desember 23, 2010 om 4:21 nm

    […] is daar ook nog Murph en Olga en Quintus en Riana en Neil en Stanley en Stilekke en Stokstert en Sam en Seegogga en Semisoet en […]

    Antwoord
  • 9. Gerda  |  Desember 24, 2010 om 1:18 nm

    Jy sal jou hande saamslaan as jy o oit agterkom waartoe die tipe meisietjies in staat is. hulle raak swanger, willens en wetens van n man uit hulle keague. hy is dal k ouer, slimmer, uit laer of ho3r klas, ander taal of kultuur. gou gou is daar behalwe n kind of meer net occational sex tussen hulle oor. dan is sy te bang en slapgat om aan te beweeg. onthou, sy werk miskien glad nie. het dalk in matriek of net daarna swanger geraak. hy gee n n fok om of sy bly of gly nie. sy raak eensaam en sal enige iets doen vir n bietjie simpatie en aandag.

    Antwoord
  • 10. Olga  |  Desember 24, 2010 om 7:19 nm

    dis n worse case scenario, sekerlik?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: