Shake your bootie

Desember 20, 2010 at 10:53 nm 9 Kommentaar

Grieters het gister geblog oor ‘n man se kuite met ander tekortkominge. Dit het my laat dink. My mensies het onlangs hier gekuier. Een môre sê Gabriel dat sy sussie nie boude het nie. Tumi het in sy woorde “buns of steel” en ouma, ag mens, ek het dit amper nie oorleef nie, het “wobbly boude.”

Eeeeeeeeeeewwwwwwwww. Dit het my eers geskok, ek is mos ‘n vrou, 108 jare ten spyte. Toe het dit my laat wonder, hoe wobbly is ek nou? Ek kon Tumi nie vra nie, want sy het my al hoeveel kere al verseker dat ek nog stewig is vir iemand van my jare. Vir iemand van my jare, bid jou aan! Hoe dom was ek om dit te glo. (Nogal jammer my vriend het my herinner dis kersfees Saterdag. Dit sou hulle verdiende loon gewees het as ek nie vir hulle geskenke gekoop het nie.) Hulle wil mos vir my jok.

Toe loop my gedagtes ver paaie. Ek het sowat vier jaar gelede die meisie in Lydenburg gesien. Sy was toe seker sowat sestien jaar oud. Staan toe gebukkend oor die yskas. Mensig, ek, Olga, is straight. Maar blixem, die meisiekjend het die mooiste buns gehad. Ek mag 108 wees, maar ek is nie blind of dood nie. Kyk, dit was nou nie “ek wil daaraan gryp” nie, eerder WOW! Gesiggie het nogal die aansienlikheid gevlei.

Toe sien ek haar weer een Sondag toe ons van Pretoria terug kom. Daar het sy weer gestaan, by die toonbank by KFC. Weereens het dit my opgeval. Ek het eendag in Ackermans gekom, en eerste ding wat my opgeval het, was die boudjies. Om minder sondig te wees, stap ek toe maar anderkant om. Ja, wragtig, dit was sy, maar duidelik beswangerd. Ai! Duidelik ook so jonk. Soos die noodlot dit wou hê, kom ek verlede jaar by pnp in stap om melk te gaan koop en daar tref die boudjies my weer. Parmantig vooroor gebuk oor die yskas, besig om die kase te ondersoek. Grrrrr! Die ou babtjie in pienk geklee in die stootkarretjie. Ek het nogal gewonder of die ou mensie in pienk ook sulke opsitter gaan hê wanneer sy eendag groot is.

Ewntwel, daar kom ek nader, sy kies haar stuk kaas, sit dit in die mandjie, haak die mandjie behendig oor die stootkar se handvatsels en ……. Eeeeewwwwwwww. Geeftag suster, jy kan maar jou boudjies hou. Ek sal wragtig die Comrades HARDLOOP om van hulle weg te kom! Arrie, ek kyk om. Sidder weer van voor af. Kyk, net om na die kind te kyk het my seesiek gemaak. So “wobbly” was die boude. Die bekoring was dadelik verlore.

Gedagte van die dag: Vroeg ryp is wragtig vroeg vrot.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Vergeet om te vergeet Meisiekind

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Desember 21, 2010 om 7:26 vm

    Eerste!!!

    Antwoord
  • 2. Olga  |  Desember 21, 2010 om 7:46 vm

    more, more.
    Vrugtekoek is darem gebak. So dis al n begin.

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Desember 21, 2010 om 8:14 vm

    Ek kon regtig nog nooit die bohaai in boude sien nie. Wie weet, dalk het die juffer nou weer begin fiets ry sodat sy mooi boude kan kry.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Desember 21, 2010 om 9:37 vm

    dit was so mooi as die eerste keer dat ek dit gesien het. Dit was net die eerste keer dat ek haar sien beweeg het. Ek het my goed gegryp so in die kyk nooit rond gehang om langer te kyk nie.

    Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Desember 21, 2010 om 10:36 vm

    Mooi was nog nooit lelik nie

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Desember 21, 2010 om 10:41 vm

    net so ne.

    Antwoord
  • 7. BB  |  Desember 21, 2010 om 12:20 nm

    Lekker gelees/gelag! Jip, mooi boudjies is darem pragtig – ongeag onderaan wie se laaste werwel dit sit. My H3 het dié awesomeste ass in mense heugenis seg ek altyd en myne het ek darem nou amper amper weer op hulle plek wyl ek so mik-mik halfeeu toe.
    Squats, Olga, squats is dié wonderkuur vir boudspiere – en wee’ jy wat? Doen 10 per dag soos jy opstaan elke oggend vir 4 weke. Dan 20. Ens… teen Junie, girl, het jy ‘n paar boudjies wat ander anties óf groen laat word of net so belustig agter jou laat aanstaar. Belowe!!

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Desember 21, 2010 om 2:31 nm

    heng biebs, ek gaan dit try. Dankie.

    Antwoord
  • 9. Wille Kjind q  |  Desember 21, 2010 om 6:48 nm

    Lol @ BB. Ek gat dit wragtag ook try

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: