Ring ring

Desember 7, 2010 at 10:49 nm 10 Kommentaar

Ek het behalwe my kontrak foon, ook ‘n voorafbetaal foon.  Ek sit elke maand xxx lugtyd op waarmee ek dan na ‘n data bondel koop.  Ewetwel, maandeliks spandeer seker 200% meer met my kontrakfoon as met die ander ene.  Dus sal ek dink as daar afslag en spesiale vergunnings moet wees, sou dit wees vir die nommer waarmee ek meer spandeer.  Verkeerd, Olga.  Vodacom verwag die geld vir die kontrak van jou en verder is kak en betaal die wet van Transvaal.

Ek het vandag die volgende sms van vodacom op my voorafbetaalde nommer gekry:  “Recharge with a R29 voucher or more & get 60 min FREE calls for the day to Vodacom custumers PLUS FREE Night Shift for 7  days. . . Gr8.  Ek het op my rekening gesien dat dit R2, 37 plus btw per minuut of gedeelte van ‘n die eerste minuut kos.  Dus 270.18 per minuut.  Dalk net R2, 70.  Alhoewel ek nie kan insien dat die fokkers ons 0.18c per minuut gaan afslag gee nie.  Wat beteken dat 60 minute  kos R162, 00.  Dit is wat ek en elke  gebruiker van voorafbetaalde lugtyd kan kry.  Ek is nie heeltemal seker wat nightshift hier is nie.  Ek vermoed dit is die ding waar jy vir sewe dae tussen middernag en 6 am 60 minute gratis oproepe kan maak na ander vodacom nommers.  As jydit dus vir sewe dae gaan gebruik, beteken dit dat jy nog R378 lugtyd gratis kry.  Dus R540 plus nog die R29 lugtyd wat jy in die eerste plek gekoop het.  Wow!!!  R569 vir die skamele prys van R29.  Dit laat ‘n mens nogal met nuwe oë kyk na die so dispised pay as u go opsie ne.

Wat my egter kielie is hoe sy, jy, hy, ek en die res wie maandeliks ons rekening kry, geen beloning vir getroue ondersteuning kry nie.  Instede, kan ek sweer hulle steel van ons.  Ek het op ‘n stadium 326 minute gehad.  Toe maak ek ‘n oproep wat prsesies twaal minute en sestien sekondes geduur het.  Die volgende dag het ek my minute balans nagegaan en ontdek dat daar veertig minute minder was as wat daar moes wees.  Nou hoe nou?  Is dit die rede hoekom hulle so vrygewig is met hulle voorafbetaalde lugtud gebruikers?  Het julle al julle gratis minute gemonitor?  Onthou, behalwe vir sommige vakansies, woon ek alleen.  Niemand kon dus my foon sonder toestemming gebruik het nie.

Gedagte van die dag:  Jy kan jouself ook nie meer vertrou nie.

Advertisements

Entry filed under: Onverklaarbaar.

Christmas forever Wag ‘n bietjiebos

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Desember 8, 2010 om 7:21 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 2. seegogga  |  Desember 8, 2010 om 7:52 vm

    Hallo Olga, ek het cell C, en vandat hulle besluit het ek moet my rekening digitaal kry, kan ek dit glad nie lees nie! Jy het ‘n doktorsgraad nodig om dit oop te maak. Dit help ook nie om vir hulle te vra om te verander nie, hulle is admin gestrem. Dit het my en my kind 2 jaar geneem om ‘n kontrak op my naam oor te plaas na haar naam- miljoene e-posse, fakse, besoeke aan die cell-Cwinkels…..Eers toe ons met die koerante dreig, word daar iets gedoen en ons dog-Eureka! Moenie glo nie! Op ‘n goeie d, sy kan niks doen nie, die foon is steeds om my naam! Tag, ‘n jaar later, word haar sel gesteel, sy wil hom stop, ‘n nuwe simkaart kry, maar nee Maar ‘n vriend van my bel my nou die dag mett ‘n snaakse nommer. Blykbaar het Telkom nou ook selfone en die oproepkoste is net net baie goedkoop tussen selfone nie, maar ook tussen sel en landlyn. Iets om te ondersoek…..Hy is in elk geval baie tevrede met sy nuwe sel.

    Antwoord
  • 3. cinderella  |  Desember 8, 2010 om 8:51 vm

    mre mre! ekt n kontrak fn maar kry net r200 op elke mnd so ek ko maar deur da me soms lol!

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Desember 8, 2010 om 9:09 vm

    More

    ‘n Mens moet eintlik die brief vir Vodacom stuur. Kyk op hulle rekening of kontrak kliente nie dalk ook die voordele kry nie.

    Aan die ander kant, ons weet mos nou al dat die mense wat toelae ontvang dit op lugtyd mors. Dit maak dus dalk heeltemaal sin.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Desember 8, 2010 om 12:37 nm

    ek wil ook my share he. Bog met dit. Krappie, kry iemand om arabies met hul te praat. Dis al taal wat hul verstaan.

    Antwoord
  • 6. saila  |  Desember 8, 2010 om 1:19 nm

    selfoon maatskappye is baie skelm met hulle kontrak klante.

    Antwoord
  • 7. saila  |  Desember 8, 2010 om 1:23 nm

    Pay as u go kry bonus punte as hulle herlaai maar kontrakhouers kry nie bonuspunte as hulle betaal nie.

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Desember 8, 2010 om 2:05 nm

    ek het die bonuspunte ding vergeet. Verlede week was dit weer herlaai met 2 x r12 lugtyd en kry n ekstra r3.

    Antwoord
  • 9. Matahari  |  Desember 9, 2010 om 3:11 nm

    Night shift is van 12.00 tot 5am.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Desember 9, 2010 om 11:43 nm

      Dankie. Ek is nie te clued up met die pay as you go goed nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: