Christmas forever

Desember 6, 2010 at 10:25 nm 9 Kommentaar

My mensies speel vandag hier rond en kom karton houer in die hand die kombuis ingestorm. “Ouma, Ouma, dis ‘n kersboom, kan ons dit opslaan?

Die tweetjies herinner my so aan my jonger sussie en myself toe ons kinders was. Telepatie is so duidelik op ‘n baie primatiewe maar beslisde manier teenwoordig. Ek wonder nog hoe verduidelik ek aan my blou oog engeltjies dat daar sekere dinge is wat net Ousus of Tumi opsit, toe kyk hulle na mekaar en sê: Ons gaan nie meer kersfees hier wees nie, toe gaan bêre hulle die houer sonder dat ek een woord gesê het. Die tweetjies verskil net tien maande en twee weke, ek en my sus verskil een jaar en twee dae.

Ek dwaal alweer af. Ons het nooit kersboom opgeslaan nie. 1983 sou my broer en sy gesin, my sus en haar gesin en ons kersfees saam deurgebring. Op oukersdag het my broer en sy gesin gekom en gesê my sussie en haar gesin gaan nie meer kom nie. Maar in elk geval, ons het einde November Ermelo ingevaar op soek na ‘n kersboom en versierings. Daar sou mos nou vanjaar vier kleuters wees en hoe vier kleuters kersfees sonder ‘n boom? Die vorige kersfeeste van Ousus se lewe, het ons maar by die skoonfamilie gaan kuier en julle kersboom geniet. Ewwntwel, Homer het Ousus omhoog gehou en sy het die engeltjie heelbo aan die boom “vasgesit.” Wessie het ‘n kersvader iewers aangehang. Maar sederdien, is die engeltjie Ousus se werkie. Niemand anders as sy mag dit aansit nie.

Verlede jaar, na ses en twintig jaar diens, het ons engeltjie besluit sy wil nie meer hang nie, ousus het weke lank gesoek en met twee engeltjies hier aangekom. Een was te swaar om die hoogste posisie in te neem, die ander een was perfek. Maar anders as ander kersbome soek ons ene mos ‘n engeltjie pleks van ‘n ster op die toppunt van die boom. Wanneer is die aangewese tyd om die boom op te slaan? Ek weet nie, ek het gewag totdat almal tuis is, voordat ek die boom opslaan.

Nou is my kinders groot en ek weet nie wat die toekoms inhou nie. Want nes so vuriglik soos ek hoop om al my kinders tuis te hê op kersdag, net so vuriglik hoop die skoonouers mos ook om hulle kinders tuis te hê vir kersfees. My noolste Nolie het begin om een kersfees by ons, een kersfees by sy Mina se ouerhuis deur te bring. Vanjaar egter, sal hulle in die Natal tyd by ons wees omdat hy die dae tussen kersfees en nuwejaar moet werk en ons nader as hulle is. Ek hoop dat ek met grasie sal aanvaar en berus die jaar dat hy gaan bel en sê: “moek, ons sal vanjaar in Natal wees vir kersfees.’

Hoe dit ookal sy, laat ons maar konsentreer op die kersboom. Een van die dae kom haal Suzi en Franna die mensies, so ek gaan nie komkommer oor die kersboom nie, ek gaan eerder die mensies se eerste kuier sonder Pappa en Mamma geniet en probeer om elke dag vir hulle spesiaal te maak.

gedagte van die dag: Ongeag die omstandighede, laat ons in die lig van God wandel. Vandag, môre, altyd.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Midnight special Ring ring

9 Kommentaar Add your own

  • 1. cinderella  |  Desember 7, 2010 om 6:25 vm

    eerste!!! goeie mre! ek mut we n boom en versierings ga koop want my dierbare liefies het mos my goete op gespeel! en ek ka net dink wat onse pokadil en rosie ga aanvang met so n boom! sal hele dag loop en versierings optel en terug hang!

    Antwoord
  • 2. cinderella  |  Desember 7, 2010 om 6:27 vm

    maar op di einde va di dag is dit di boom wat vi di mensies saak maak!

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Desember 7, 2010 om 8:32 vm

    More More

    Party mense slaan al aan die begin van November hulle bome op. Daar is seker ook mense wat die winkels wen met hulle ywer. Ek dink nogal dat middel Desember ‘n goeie tyd is.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Desember 7, 2010 om 8:37 vm

    more, more. Ja, kyk. Waar daar kinders is, is n kersboom altyd welkom.

    Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Desember 7, 2010 om 10:06 vm

    Eendag as ek groot is, wil ek graag ‘n nativity scene by my Kersboom hê.

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Desember 7, 2010 om 4:31 nm

    dit behoort koel te wees vir kinders.

    Antwoord
    • 7. Xena Phoenix  |  Desember 7, 2010 om 4:43 nm

      En vir die grootmense wat hulle soos kinders gedra. 😉

      Antwoord
  • 8. Olga  |  Desember 7, 2010 om 7:24 nm

    if not, why not?

    Antwoord
  • 9. Wille Kjind q  |  Desember 7, 2010 om 10:10 nm

    LAASTE!

    Ek los die kersboom opeslanery vi my jonger sussies. Ek het laaaankal nie mee die tyd of die krag vi dit nie. Besides….. Ek verpes hierie tyd vannie jaar. GGGRRR!!!!!!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: