Christmastime

Desember 3, 2010 at 12:28 vm 17 Kommentaar

Elke jaar hierdie tyd, loop my gedagtes ver paaie. Kersfees 1988. Ek was swanger met my Tumi. Ons het pas verneem my sussie kom vir ons kuier. Groot is die opwinding, ek het haar nege jaar gelede laas gesien. Sy sal die kersfees met ons deur bring.

Ek wil dit nou nie te persoonlik maak nie, maar nog ‘n naby familielid woon ook in die hometown. Homer voel dis tyd dat die seuns groter fietse kry en wonder of Kersvader nie maar die jobbie moet kry nie. Ek het hom toe vertel op een voorwaarde, as die familielid, sal haar maar Sweetie noem, se kinders ook fietse gaan kry. Hulle pa het hulle heel jaar belowe Kersvader gaan vir hulle fietse bring. ‘n Kind is ‘n kind. Hulle glo hom en sien uit na die fiets. So as die ander nie kry nie, kan my seun nie kry nie. Sweetie se mistake kom die Saterdag daar aan. Goed aangeklam, maar dis nou nie hier of daar nie. Nog voordat ons die saak kan opper, vertel hy vir Homer dat sjy kinders die kersjfeesj gaan fietsje kry. Nee, hy het nie so gepraat omdat hy geswai was nie, dit is maar sy gewone manier van praat as hy spog oor dinge wat hy geen begeerte het om doen nie. Dog, ons het dit op daardie stadium nie geweet nie.

Ons het toe maar vir die seuns groter fietse gaan koop. Hulle sou kersfees met ons deurbring. Die fietse het toe ‘n ou plekkie bo in die hangkas gekry en lê maar daar vir Kersvader en wag. Elke keer dat ons mistake sien, spog hy oor die fietsje wat hy gaan koop. Dis toe ‘n week voor kersfees en hy het bonus gekry. Hy het gekom en gevra of hy die fietse by ons kan laat aflewer sodat die kinders nie daarop moet afkom wanneer Sweetie by die werk is nie. Die Saterdag draal verby en geen fietse word afgelewer nie. Ook geen wonder nie, met sononder kom hy daar aan met ‘ motorfiets wat hy instede vir homself gekoop het. Vra ewe windmaker of die fietsje afgelewer is.

Om ‘n lang storie kort te maak, ons het die volgende dag Johannesburg toe gery om my sussie te gaan kry. Teruggkom en weer gehoor hoe hy Maandag gaan hoor wat Lewisj se sjtorie met die fietsje is. Al hierdie praatjies voor die kinders. Oukersaand breek aan met Kersvader wat die geskenke vroeg kom aflewer. Die oudste kinders, ‘n dogter en ‘n seun bespiegel wie die rooi fiets en wie die blou fiets gaan kry en my hart wil breek. Ek was mislik en ongeskik met almal. Want ek het geweet hoe uiters teleurgestel die arme kinders gaan wees wanner die geskenke uitgedeel word.

Weet julle Kersfees is ‘n tyd dat kinders moet lag. Hulle moet gelukkig wees. Die Heiland se geboorte word mos herdenk. Hier sit die twee kinders, gesiggies straal van afwagting en daar dry my kinders die fietse. Ek het soos ‘n skurk gevoel. As die wetterse ding nie kom spog het nie, sou ons gewag het met die fietse tot die seuns se verjaardae. Dan verwag die kinders mos nie almal geskenke nie. Die teleurstelling sou dan mos soveel minder gewees het. Ek het al soveel kere al myself verwyt oor die fietse. Ek moes geweet het om die donnerse ding nie op sy woord te neem nie. Vandag doen die kinders goed vir hulleself en dit maak dat my hart ligter is. Maar vir soveel jare het kersfees die klip in my bors kom neerlê. Ek weet dis maklik om te sê dis nie my kinders nie en ek was nie fietse aan hulle verskuldig nie. Maar die teleurstelling op hulle gesiggies die aand sal altyd in my geheue wees. Dat een donnerse mens die vermoeë het om soveel ongelukkigheid te veroorsaak en dit nie agter kom nie is my gat se deksel.

Geniet die naweek en bly veilig nê.

Advertisements

Entry filed under: Naarhede.

Sak Sarel Midnight special

17 Kommentaar Add your own

  • 1. cinderella  |  Desember 3, 2010 om 5:36 vm

    eerste! mre mre! nee man da laat jy my nou ani grens gaan! dis hko ek vdag so oor ho voel ne! maar darem is da sulke wonderlik mense soos jy en hommer! love ya bja!

    Antwoord
  • 2. olga  |  Desember 3, 2010 om 7:21 vm

    more, more. Skuus cinderelli, dit was die laaste keer.

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Desember 3, 2010 om 8:10 vm

    More Almal

    Dit is die eerste ding wat jy geleer word wanneer jy net daaraan dink om met kinders te werk. Moet nooit ‘n belofde aan ‘n kind verbreek nie. Jy moet ook nooit vir ‘n kind jok nie.

    Antwoord
  • 4. toortsie  |  Desember 3, 2010 om 8:36 vm

    Hier is twee stouterds in jou storie!!! Kersvader en die ou met die belofte!! Ek wou nou ‘n baie lelike woord tik, maar het dit toe maar weer uitgevee – vir die ou met die belofte. die kersvader is oraait. Hy sal EEEEEENNNNNNdag sy verwyte hê, moenie jy worry nie. Jy het hulle in die eerste plek in ag geneem, maar ek weet presies hoe jy voel. Het die kinders totaal niks gekry nie???

    Antwoord
  • 5. Sonlig  |  Desember 3, 2010 om 9:24 vm

    Mmmmm…ek het ook daai stoute kersvader gewaar! Ja, dis sad – die dinge wat grootmense aan kinders doen. Mens kan maar net hoop daardie kinders ervaar nie vir ewig teleurstelling wanneer dit by Kersfees kom nie – en probeer daarvoor oorkompenseer nie.

    Olga, ek dink jy kan kwaai wees, maar jou hart…is suiwer goud! Jý moet ‘n LEKKER naweek hê!

    Antwoord
    • 6. olga  |  Desember 3, 2010 om 11:23 vm

      dankie sonlig. Leke naweek vir jou ook.

      Antwoord
  • 7. olga  |  Desember 3, 2010 om 11:22 vm

    htl het die mamma, tannie, oom ens geskenk gekry. Nes die ander kinders, maar die lank beloofde fietse waarna hul uitgesien het, het NOOIT vir die 2 gematerialiseer nie. Weet jy toortsie, gaan slegte vuil woord wat jy die vent kan toedig sal ooit genoeg wees of vat aan hom kry nie.

    Antwoord
  • 8. Charms  |  Desember 3, 2010 om 8:56 nm

    Ek ken daardie teleurstelling en glo my jy vergeet dit nooit. Gelukkig het hulle vir jou in hulle lewe wat darem ‘n bietjie lig gee.

    Rustige naweek.

    Antwoord
    • 9. olga  |  Desember 3, 2010 om 11:19 nm

      dankie charms. Gelukkig het hul hul ma gehad. Sy was en is steeds hul steunpilaar. Hul anker. Geruste naweek vi jou ook.

      Antwoord
  • 10. seegogga  |  Desember 5, 2010 om 9:43 vm

    ai tog! Kon die man nie net stilgebly het nie? Dan was niemand ongelukkig nie. Hoe teleurgesteld was diee kinders nie- nie net oor fietse nie, maar oor hulle pa! (op wie hulle moes vertrou.)

    Antwoord
  • 11. laviga  |  Desember 5, 2010 om 10:18 vm

    vertroue is die ma van n geskenk, dis waar.

    Antwoord
  • 12. Olga  |  Desember 5, 2010 om 3:54 nm

    oeeee, die wysheid van die jeug tog.

    Antwoord
  • 13. Olga  |  Desember 5, 2010 om 3:56 nm

    krappie, jy kry eenvoudig mense wie so lieg dat hulle hulself glo en dit wil wraggies gedoen word.

    Antwoord
  • 14. Kellerkat  |  Desember 5, 2010 om 4:10 nm

    Ek hoop die bosluis het ten minste een keer sy gat gesien op daai bike.

    Antwoord
    • 15. Olga  |  Desember 5, 2010 om 10:09 nm

      Ek weet hy het op die aand wat hy die ding huis toe gebring het, sy …. suur geval.

      Antwoord
  • 16. saila  |  Desember 5, 2010 om 10:31 nm

    Di vent klink soos n regt d 👿 👿 s

    Antwoord
  • 17. Olga  |  Desember 6, 2010 om 7:02 vm

    raak gese, saila.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: