Sak Sarel

Desember 1, 2010 at 11:42 nm 164 Kommentaar

Ek het onlangs in huisgenoot ‘n artikel gelees oor ‘n ortopedieser sjirurg wat heelwat mense vermink het en in die uiterste pyn en in een geval heeltemal verlam gelaat het. Tog noem die artikel nie dat die man se opleiding te kort geskiet het nie. Dit bring my by die kwessie van die ongeleerde predikant. Hulle het ‘n dagwerk en is dan ook priesters wie ‘n gemeente lei. Tog het ek al dikwels gewonder tot hoe ‘n mate kan die mense se leiding vertrou word? Is die mens se siel nie ook geleerde leiding werd nie? Hulle hou graag voor dat Jesus nie geleer was nie. Ek voel egter dat Jesus nie as voorbeeld gebruik kan word nie. Hy was die Messias. Hy was die uitverkorene. Kan ons met hom vergelyk word?

My engeltjies was onlangs versegel. Daar was olietjies op hulle voorkoppe gesmeer. In die mafiakerk, noem ons dit anointing. Geen sakrament is kompleet sonder die salwing nie. Ewentwel, ek daag toe ongenooid op hulle deurdrimpel op om die versegeling by te woon. Kom die Sondag by die Ou Apostoliese kerk aan en moet ‘n “gauntlet run” doen. Daar gaan ons op die ry af. Een groep is meestal dames. Hulle groet: “Goeiemôre broer, goeiemôre suster.” Die kinders ook. Daar trek ons al handskuddend om die kergebou. Kom die kerk binne en daar op wat in die mafiakerk die altaar sal wees, sit sestien ooms. Kraffies water, glasse en by sommiges selfs bottels water staan voor hulle. Die oom in sy grys pak staan op, hy gaan die diens ly. Hy trek los en wens almal ‘n Goddelike goeimôre toe. I kid you not. Wat op die gesig van die aarde gee hom die reg om ‘n Goddelike enige iets uit te spreek? Die mafia predikante studeer sowat sewe jaar om ‘n padrè te wees. Ek het nie een van hulle al hoor ‘n “Goddelike” groet uiter nie. Die man open met Ps 23:1 Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Later in sy preek sal hy noem dat hy dit nie as Dawid se Psalm ag nie, maar as sy Psalm. Hy noem ook dat Romeine sê dat die Here God is, daarom moet die Ps lui “God is my herder.” Die man haal aan uit soveel verskillende skrifture dat ek nou nog nie die mat sien wat hy wou weef nie. Vir my was die skrifture so uiteenlopend dat ek nie die groter prent kon sien nie. Dit was regtig net ‘n klomp los drade. Nou kyk, ek is gewoond dat ons padrè doen ‘n skriflesing dan lewer hy ‘n “homily” oor dit wat hy gelees het, as dit blyk dat ons nie verstaan het nie, dan haal hy die bofbalkolf uit en dan sien ons almal die prentjie wat hy geweef het.

Toe kom die gebiddery aan die beurt. Een oom nooi die kinders om hulle drome aan die huis priesteres mee te deel. (Dis nou die mamma) Dan sal sy dit met die profeet deel. Hy sal dan die droom uitlê en die kinders moet dink hoe trots gaan die huispriester en priesteres wees as die profeet Sondag in die kerk daardie droom vir almal uitlê. Daar was toe ‘n nuwe profeet voorgestel. Hoe jammer tog dat ek die man die gevra het vir die lottery nommers nie. die woordeboek sê mos ‘n profeet is ‘n waarsêer en voorspeller. Dan behoort hy mos die lotterynommers korrek te kan voorspel.

Toe kom die gebede aan die beurt. Een van die bidders is ‘n evangelis. Sy dagwerk is paneelklopwerkswinkeleienaar. Die man trek los met sy gebed. Arriegedorie!!!!!! “My diennaars, laat ons bid.” Goeie bliksem. My dienaars? Wat die fok het my sy diennaar gemaak? Ek sit nou en wonder. Soveel van die mense in die kerk is seker in diens by hom. Gee dit hom egter die reg om die hele gemeente as sy diennaars aan te spreek? Ek het in die woordeboek gaan opsoek, ‘n evangelis is ‘n ongeordende geestelike arbeider. Dus, ‘n persoon wat net geestelike werk doen. Ello? En die dagwerk dan?

Ai, my padrè sou gesê het dat ek my ongenooid tuisgemaak het by hulle fees en dus nie moet kritiseer nie. Tog kan ek nie anders as om te wonder of mens se gees veilig in sulke hande is nie.  Dan weer, die sjirurg was verseker geleerd.  Tog is daar pasiënte wie beteraf was voordat hy hulle beetgekry het. 

Gedagte van die dag: Noem mense by naam. Dit is musiek in hulle ore en wys dat hulle as individue geag word.

Entry filed under: Sucker.

Olke Bolke Christmastime

164 Kommentaar

  • 1. Charms  |  Desember 2, 2010 om 12:29 vm

    R se familie is ook in die Ou Apostoliese Kerk. Ek was een keer saam vir een van die sussies se kinders se doop en nooit weer nie. My hand was rooi gedruk nog voor ek in die kerk in is. Sy ma-hulle praat ook van broer so-en-so en suster so-en-so. Ek is ‘n enigste kind. Ek het nie broers of susters nie. Ek het ‘n naam. Almal het my wel skuins aangegluur omdat ek nie ‘n hoed op my kop gehad het nie, maar daar was geen manier wat ek na ‘n uur se hare uitblaas dit alles onder ‘n hoed gaan wegsteek nie.

  • 2. olga  |  Desember 2, 2010 om 1:22 vm

    as ek op iemand se tone trap of in iemand anders se gesig vroetel, vra ek om verskoning.

    Kan sien jy was daar charms. Hul het goedgunstiglik n hoed op my engeltjies se ma kom afdwing. Ek dra ook gn hoed nie. Homer was so geintimideer deur die pakke en hoede, hy het gevra om verskoon te word.

  • 3. olga  |  Desember 2, 2010 om 7:12 vm

    eisj. Kry ek nou n nuwe snoetjie.
    More, more.

  • 4. Xena Phoenix  |  Desember 2, 2010 om 8:26 vm

    More More

    😆 Ek het al ‘n paar dienste in die OAK bygewoon. Dit was nogal ‘n skok toe ek agterkom hulle doen aflospreke. Waar die een ophou of uit asem raak, neem die volgende een oor tot hy nie meer kan nie.

    • 5. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 9:21 nm

      Dis omdat hulle dieselfde “taal” praat en geen preek vooruit beplan nie. Hulle kry al hul “belering” vanaf die “apostel”. Ek onthou een keer hoe ons een keer vir weke lank Filippense 4:4 gekry het.

  • 6. BB  |  Desember 2, 2010 om 8:48 vm

    Ja jong – dis waar ek reken die vers inkom van beproef alles en behou die goeie… party vra wat die ‘goeie’ dan nou is en hoe ons moet onderskei. Ek reken as jy vrede in jou hart het of kry oor ‘n ding, dan is dit die ‘goeie’ (dis nou as jy weet jy het darem ‘n konneksie met die Gees van God – en nee, jy hoef nie in tale te kan praat nie).
    Net een ding wat by my opgekom het: ek het al met meer ‘ongeleerdes’ te doen gekry wat die Bybel vir my vertolk en uitgeleef het as ‘geleerdes’. Onthou dat nie een van die dissipels ‘geleerdes’ was nie – en so ook nie almal wie se ‘boeke’ in die NT verskyn nie. Nêrens in die Bybel staan daar dat jy nie ‘n ‘kerk’ mag lei as jy ‘ongeleerd’ is nie. Jy moet die Woord ken, ja. En jy mag die Woord nie misconstrue nie, ja. Maar ‘kerk’ soos ons hom ken is ‘n menslike institution met al sy rituele en seremonies. ‘Kerk’ is in effek ‘n gemeenskap wat bymekaar kom om God te dien. Iemand moet obviously dalk voortou neem. As daardie persoon se leiding my God se vreugde en vrede gee, dan is hy volgens my qualified enough.
    Dit is egter tydmors en totaal onnodig om na ‘n kerk toe te gaan wat jou irriteer en frustreer. Ek dink God se grootste hartseer lê in kerkgangers wat daar sit en wens hulle was iewers anders. It’s all about Him – if it isn’t – don’t be/go there!

  • 7. Sonlig  |  Desember 2, 2010 om 9:41 vm

    Ek was nog nie in een van die kerke wat julle hier noem nie, maar het al die stekies van die “uitverkorenes” gevoel – jy weet, daai mense wat een dag nog jou doodgewone koffiedrink-hartsvriendin was en die volgende was sy profeet – een van die “priviledged-few” met wie God heeldag praat en apparently ander mense mee bespreek.

    Dit het my aanvanklik vreeslik gepla en ek het gewonder of ek dan nou iets verkeerd doen dat Hy nie so heeldag goeters vir mý sê nie. Toe gebeur daar ‘n ding. Vanuit 4 oorde in ‘n kwessie van ‘n paar weke, kom ‘n versie uit Sefanja na my toe: “…..Hy is vol vreugde oor jou, Hy is STIL-tevrede in Sy liefde”.

    Dit pla my nie meer dat ek nie “hoor” of in ‘n spesiale taal met Hom praat nie. Hy is lief vir my net soos wat ek is…….doogewone mens, doodgewone ma en vrou met geen spesiale “gifts” nie. Ek gaan hemel toe – net soos al die profete, teachers, healers en sieners! Joegaai!

    • 8. Xena Phoenix  |  Desember 2, 2010 om 10:06 vm

      Persoonlik is ek nogal bly dat ek nie ‘n profeet, teacher of wat ook al is nie.

      Jakobus 3: 1. My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word.

      (Goed – sal die Bybel onder my arm uithaal en op die rak los.)

      • 9. Sonlig  |  Desember 2, 2010 om 10:28 vm

        Ouch!

  • 10. olga  |  Desember 2, 2010 om 9:55 vm

    ek dink nie bybelkennis maak jou outomaties geskik om die woord te verkondig nie. Iewers het iemand sonder tersiere geleerdheid iets begin reg genoeg. Maar ek, jy, sy, hy wie agterna kom, ons moet geleer word om te doen wat no 1 gedoen het. Ek het al leke prikkante hoor sanik oor die oor die ONGEKROONDES. Nog nooit n geleerde eers die term hoor gebruik nie.

  • 11. Selene Phoenix  |  Desember 2, 2010 om 11:18 vm

    Goeie more julle!

    Julle praat van my kerk… en ja van ons gemeentes doen soms soos wat hulle wil! Ons weet daar is ‘n paar van hulle daar buite.

    Ek is trots om te sê ek is in die OAK, baie lief vir my Priester sy Vrou, ons Profete ens ens. Ek is wie ek is vandag agv my kerk. Ons Priesters het soos elk een van ons ‘n werk soos enige mens – ons betaal nie ons Priesters elke maand ‘n salaris nie, hulle doen dit omdat hulle wil.

    Ek voel net seer gemaak dat my kerk altyd sleg gesê word – maar ek het nog nooit ‘n verkeerde woord oor ander se kerke gesê nie. Maar nou ja, ons het elke een ons opinie en die is joune.

    Die OAK is nie sleg soos wat mense ons maak nie – Onthou net, ons is almal net mense, jy gaan jou vrot eiers oral kry – maak nie saak watse kerk of geloof jy is nie.

    • 12. olga  |  Desember 2, 2010 om 1:24 nm

      dis n feit selene. Ek se nie jou kerk sleg nie selene, maar nou wonder ek in my hometown, n vriendin in secunda, n vriend vam malelane moet elke maand hul payslips inhandig en streng tien persent gee.

      • 13. Selene Phoenix  |  Desember 2, 2010 om 1:53 nm

        Ja hulle vra vir 10% – dit dek die instandhouding van die kerk, tuine en help ook mense wat swaar kry. Ek is te skaam om dit te sê, maar ek gee nie my 10% nie, en hulle dwing dit nie af nie (nie waar ek is nie)

        My tannie is deel van die finansies in die kerk, en help met die boeke – so sy weet waar daai geld heen gaan, en ons het 1 keer ‘n maand op ‘n Woensdag aand Finansiele aand – dan is almal welkom om na die boeke te kom kyk.

      • 14. Br.Roger Rothner  |  Maart 7, 2016 om 10:15 nm

        Dis ñ blatant leen. Jy soek geselsskap by die verkeerde plek.

      • 15. Dina  |  Januarie 1, 2021 om 11:49 vm

        Snert!

      • 16. Ex-OAC critic  |  Januarie 1, 2021 om 6:01 nm

        Dis nie snert nie, amptes veral word verplig om 10% te gee en in sekere gevalle moet hulle payslips vir hul owergestelde amp wys.

    • 17. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 5:14 nm

      Die 10% (tiendes) dek ook die “apostels” se salarisse en gelde wat betaal word aan die amptes onder hom tot en met “oudster”.

      • 18. Ex-OAC critic  |  Januarie 1, 2021 om 6:06 nm

        ”…The average salary of the Apostels were R100 000 per MONTH.
        The average salary of the Fourfold officers that worked for Head Office from 8 to 5 pm as an employee on a natural basis, was around R60 000 per month.
        Then, they also got a FULL 100% Bonus In November, which meant a juicy R100 000 to R120 000 salary. And these positions that these Fourfold officers held were very mundane positions of managing maintenance on the halls and so on. Something that any other person could do for R25 000 per month.
        On top of that, they received R15 000 house subsidies.
        Cell phone alowences and also shared a pool car and received travel allowances.
        These exorbitant salaries and perks totalled 60% of the cost to run KZN region.
        Yes.. only 40% of the funds/ tithes were allocated to maintenance of halls, municipal costs and so on…” – 2014 Financial Documents and Budgets for OAC KZN

  • 19. toortsie  |  Desember 2, 2010 om 1:11 nm

    Ek is nie in die OAK nie, maar ook in ‘n kerk wat baie kritiek kry. Sommige daarvan is seker gegrond. Ek woon nie graag ander kerke by nie omdat dit vir my vreemd is en ek in die bekende tuis voel. As ek egter Struisbaai toe gaan, is ek lief om saans die AGS by te woon, en geniet dit dan baie. Dit wat jy als hierbo vertel, Olga, voel vir my ook vreemd, maar daar is seker mense wat weer daarmee gemaklik is. Solank die Woord van God in ‘n kerk verkondig word, voel ek tevrede. Dankie, dit was interessant…

  • 20. olga  |  Desember 2, 2010 om 1:34 nm

    dit was net n observasie toortsie. Maar die payslips gee, het ek van gehoor. Moes al oor die jare heen vir vriendin gaan afdrukke maak toe ons albei in die hometown gewoon het. Dan moes hul streng tot op die sent hul 10de gee.
    Selene
    geen ander kerk loop soveel onder kritiek deur soos die roomse kerk nie. Maar na grieters se skriftuurtjie is dit verstaanbaar.

  • 21. olga  |  Desember 2, 2010 om 2:29 nm

    dis goed selene. Gelukkig uat hul wat jy gee. Hoeveel priesters hdt julle per slag?

  • 22. cinderella  |  Desember 3, 2010 om 5:41 vm

    ek self is va kleins af in di oak maar soms gebeur dinge wat ni mis gekyk ka wrd ni! bv da was vi my hubby gese broer ko elke dag kerk toe en geldelik sal jy bja ryk wrd ni gese geestelik ni! ook n geval wa iemand uit di amp uit wou bedank toe wrd da vi ho gese as jy dit doen velo jy al jo seeninge! maar ja dit bly my kerk maar ek hou my ni blind vi dinge wati reg klink ni!

    • 23. olga  |  Desember 3, 2010 om 7:18 vm

      genade cindereli, gaan hul n voodoo poppie van hom maak as hy uit die amp bedank? Het jul ook die oop aand om na die finansiele uitgawes of boeke te kyk?

      • 24. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 5:30 nm

        Een keer per maand hou hul finansies waar dit verwag word dat almal in die gemeente moet bywoon. Dan word die totale inkomste (tiendes) vir die maand bespreek en die totale uitgawes soos saal skoonmaak, koffie en tee, elektrisiteit en water ens. Die inkomste (gemeente se tiendes) is gewoonlik baie meer as die uitgawes en daar word algemeen aanvaar dat die res van die gemeente se tiendes hoofkantoor toe gaan om ander gemeentes te help, sale te bou ens. Hoe presies die hoofkantoor die geld bestee word nooit bespreek nie en dis nie algemeen bekend dat die “apostels” salarisse trek nie.

  • 25. cinderella  |  Desember 3, 2010 om 10:18 vm

    olga nee dis eerste wat ek dava ho maar ga biki di priester vra as hy we huis besoek doen!

  • 26. Hans Matthysen  |  April 7, 2011 om 10:29 nm

    Lees 2 Kon. 12 oor die tiende en waarvoor dit gaan. Daar is nie huurlinge in die OAK nie en Jesus waarsku ons juis teen die huurlinge.
    Lees ook 1 Kor . 11 vanaf vers 1 tot (veral) 16, ou vertaling.
    As jy by by die bruilof aankom met ‘n verkeerde kleed (gesindheid), sal jy uitgewerp word. M.a.w. jy sal vol braaksel wees soos sommige wat hierbo in hulle komentaar is.
    Ek is lief vir die OAK omdat dit die liggaam van Jesus Christus is, wat vir sondaars gekom het. Word julle maar meer regverdig en ons sal die Here dien, in nederigheid en met blydskap.

    • 27. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 5:46 nm

      Hans, jy is lief vir die OAK seker omdat jy ‘n “onderdiaken” is en dis jou werk om nuwe lede te “werf”? 2 Konings 12 handel oor die tempel in Jerusalem en die Levitiese priesterskap. Met Jesus het daar ‘n verandering in die priesterskap gekom (Hebreërs 7:11-13). Jy sê ons moet veral 1 Korintiërs 11:16 lees, en direk daarna sê jy sommige wat kommentaar lewer (fout vind met sekere van die OAK se leerstellings) is vol braaksel? Is net die OAK geregtig om kritiek te lewer al is dit soms onBybels? Die OAK is nié Jesus Christus wat gekom het vir sondaars nie, daar is net EEN Jesus Christus wat vir sondaars gekom het.

  • 28. Olga  |  April 8, 2011 om 2:47 nm

    Hans , hoekom spesifiek die ou vertaling? In elk geval, my bybel is ‘n Good News Edition. Ek dink 2 kings 12: 7 vertel nogal duidelik wat met die geld moet gebeur. Die res sê as ek nou reg verstaan het, dat die priester/s nie self herstelwerk moet doen (of hulle fam en of vriende moet inkry nie. Dus neem ek aan hulle moet iemand inkry om geld te verdien met die herstel en instandhouding.) Goeie raad, deel dit gerus met die anc. Dit nogal uit die bybel.
    1 Cor 11:15 sê onder andere “Her long hair has been given her to serve as a covering.” Baie duidelik. Die voorafgaande verse laat my dan nou dink dat die bybel net vereis het dat die vrou wie gaan profeteer haar kop moes bedek in die openbaar. Ek het niks van die tempel of kerk gelees nie. Sy moet ook haar kop bedek om te wys dat sy onder haar man staan, nie as respek teenoor God of die kerk gebou nie, Hans.

    • 29. Nettie van Staden  |  Desember 1, 2013 om 11:20 nm

      Lees Openbaring 22:18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.

      Openbaring 22:19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan hierdie boek geskrywe is.

      Dis hoekom ons net glo in die Ou Vertaling. Julle is vry om te glo wat julle wil, maar as julle nie wil glo wat in die Bybel geskryf staan nie, dan is julle dwaas.

      Ons dra hoedens en die pakke omdat ons eer betoon aan die Here. As die staatspresident julle uitnooi na ‘n funksie toe, gaan julle op julle deftigste aantrek, of die vrouens sit elke jaar hoedens aan na die Durban July toe. Daarmee is niks fout nie. Maar as ons eer betoon aan die Here word ons gekritiseer.

      Lukas 6:22 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.

      Ons wat in die OAK is en die Here opreg dien elke dag weet waaroor dit gaan, julle sal dit nie verstaan nie, want julle sieninge is verkeerd.

      Ek respekteur julle kerke, want al die kerke maak die mense bewus van die Here.

      Ons almal glo soos ons geloof is, en so moet ons mekaar respekteur.

      • 30. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 6:02 nm

        Nettie, jy haal Openbaring 22:18-19 aan. Met hierdie verse in gedagte, waar in die Bybel leer ons van “onderdiaken” of “opsiener” wat ‘n herder EN ‘n leraar is? Waar in die Bybel leer ons van geeste wat sakramente mag kry nadat hulle dood is? Jy glo die hele Bybel is “geestelik”, m.a.w. dit mag nie letterlik verstaan word nie, nie waar nie? As dit wel so is, hoekom moet die vrouens dan letterlik hoedens dra? Hoekom moet daar letterlik amptes met die title “apostels” in die kerk wees? Is jy doodseker jy glo alles wat in die Bybel staan? Glo jy regtig in Jesus as jou Verlosser, die EEN wat sowat 2000 jaar terug aan ‘n kruis gesterf het vir jou sondes, of glo jy in jou “owergestelde” en die OAK gemeente se “opoffering” vir jou sondes?

  • 31. Hans Matthysen  |  April 13, 2011 om 10:11 nm

    Olga, die nuwe vertalings is volgens sekere gelowe se dogmas vertaal en daarom is die ou vertalings meer eg.
    Lees 1 Kor. 11 v 6 ” Want as ‘n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir ‘n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.”
    Die hare is dus duidelik nie die bedekking waarna verwys word nie en waar aanbid ons anders as by die kerk/tempel?
    Lees ook 1 Kor 11 v 10 Daarom moet die vrou ‘n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.
    Volgens Joh. 1, is die Woord God en om ons daaraan te onderwerp, is respek betoon aan God. Ons toon nie respek aan geboue nie as sulks maar wel aan God.

    • 32. Olga  |  April 24, 2011 om 10:47 nm

      Hans, die ou bybel waarna jy verwys, neem ek aan, is die 1933+ edisie? Die mees polities gemotiveerde vertaling nog, nie waar nie?

      • 33. Yvonne Du Toit  |  Februarie 26, 2014 om 8:21 vm

        Weet jy wat Olga. gaan kry vir jou n werk en hou op kakpraat op die Internet! Gaan weer na die kerk wat jy so beledig sonder om n idee te he oor waarvan jy praat! Maak n afspraak met een van die Priesters wat jy so afkraak en gaan hoor waaroor die Kerk gaan en waarvoor hulle staan en hoekom hulle doen wat hulle doen. Pleks gebruik jy die tyd wat jy spandeer om ander kerke te kritiseer meer produktief en gaan lees n boek vir n eensame Tannie in n ouetehuis! Anders as meeste van die kerke vandag draai alles nie oor geld by die OAK nie! En vir jou informasie los die Priesters mekaar nie af oor hulle moeg word nie! Voor jy oordeel maak eers seker van jou feite!!! “Moenie oordeel nie en oor jou sal nie geoordeel word nie”!!!

      • 34. Ansa  |  Februarie 26, 2014 om 8:38 vm

        Vir my is dit ookndaai tyd deur die priesters gese, “ons
        lees net die 1933/1953 vertaling en ‘n sekere KJV, bere al jou ander Bybels soos die Amplified, ens, want dit gaan jou net deurmekaar maak……watter absolute snert!! En Yvonne du Toit, hoe jy nou vir Olga hier aanval en jou taalgebruik in jou boodskap????? Sjoe, ek is nou nog meer verheug dat ek nie meer deel is van die OAK noe en dat my man ook na amper 22 jaar die lig en die waarheid gesien en besef het en hy ook nie meer lid is van die OAK nie. Yvonne du Toit, met jou manier van aanval en jou talgebruik, wil ek net se, as dit is hoe die oak lede optree?????? Al wat ek se is, I REST MY CASE!!!! Ek se net elke dag dankie vir God dat my man ook besef het hy is nie op die regte plek nie!

      • 35. Nettie  |  Februarie 26, 2014 om 9:01 vm

        Lees Openbaring 22:18-19. Dan sal julle weet hoekom ons nie die nuwe vertaling gebruik nie. Gaan lees Galasiers 5, dan sien julle hoe lyk die vrug van die gees van God. Ek probeer eerder om die gees te openbaar as om te twis, want dit is nie van God nie.

      • 36. Olga  |  Februarie 26, 2014 om 9:26 vm

        Dankie yvonne, as ek geestelike lyding nodig het, sal die ou apostoliese kerk die laaste plek wees waar ek dit gaan soek.

      • 37. Olga  |  Februarie 26, 2014 om 9:29 vm

        Gaaaaap!

      • 38. Ansa  |  Februarie 26, 2014 om 9:57 vm

        Ek stem met jou saam Olga, ek wil eintlik sover gaan om te se, ek sal dit ook nie daar gaan soek nie, ek sal net op my kniee bly en tot God bid…..dis wat ek elke dag doen. Ek het my soooooo vererg toe die priester vir my man se, hy moet onthou sy seeninge hang af van my man se gehoorsaamheid aan sy owergestelde se woord. Watse snert is dit???? My seeninge kom van God af en dis hoekom ek se die ampteby die oak wil god speel oor jou lewe. Waar kan jou seeninge van ‘n priester, oudste of watter amp af ook kom??? Dis mos bog!! God se ookvir ons dat ons ons moet bekeer, ons lewens moet in orde kry en daarvoor het jy kans tot die dag van jou dood……na jou dood is daar nie omdraaikans nie…..kyk wat het met die ryk man gebeur (Lasarus en die ryk man)…..so, hoe op aarde kan die apostel dan nou die doderyk oopsluit en vir siele sielsaligheid gee???? By ‘n begrafnisdiens stuur die amp wat die diens doen, die oorledene se siel die ewige rus in……so, hy speel dan nou god oor daai siel???? Ek het spesifiek vir ‘n priester gevra om vir my te verduidelik wat gebeur daar…..sy woorde was daai siel gaan deur die poorte die hemel in. My Bybel se vir my daar gaan ‘n Wederkoms wees, daar gaan ook ‘n oordeelsdag wees WAAR GOD ALMAL GAAN OORDEEL EN DAN SL JY IN DIE HEMEL OF DIE HEL WEES. Nee man, ek kan nie my met sulke dinge soos die oak ophou nie. Dis juis waar Openbaring 22:18 en 19 inkom…..hoekom verdraai die oak die Bybel?????openbaring 1:18 se duidelik : God het die sleutels van die dode en die doderyk! Hoe kan die apostel die doderyk oopsluit???? Matt 24:36, 42, 44……se duidelik vir ons, niemand weet wanneer die Wederkoms gaan wees nie, nie eers die engele weet wanneer dit gaan wees nie, NET GOD ALLEEN WEET WANNEER DIT GAAN GEBEUR. Hoekom se die oak lede die wederkoms het klaar vir hulle plaasgevind???? Dis mos teenstrydig met God se Woord……en wat se Openb. 22:18,19 as iemand iets byvoeg of wegneem uit God se Woord???? Nee wat, dankie, ek kan nie met dit saamgaan wat die oak bring nie. Dis hoekom ek en my man hulle (ampte en lede) belethet om weer by ons huisnte kom en ek sal sover gaan om i terdikte teen hulle te kry as dit nodig mag raak. Een van die priesters het sover gegaan en ‘n vloek oor my man se eks-vrou uitgespreek toe hul geskei is (en dit omdat sy nie die oak wou aanneem as haar kerk nie). Is dit dan nou van God af om ‘n vloek oor iemand uit te spreek???? Ek het op my kniee gegaan en in Jesus se Naam daai vloek gebreek en Jesus se Bloed oor haar lewe gepleit en die sleg in haar lewe het verander in baie beter dinge vir haar. Dankie, maar nee dankie, nie die oak naby ons of ons huis nie. My huis is gesalf en Jesus se Bloed word elke dag gepleit oor ons, ons besitings, ons diere, ons voertuie, ons kinders, ons familie.

      • 39. Nettie  |  Februarie 26, 2014 om 10:18 vm

        In die Bybel is daar ook met God gespot, ek kan maar net jammer voel vir julle, en vir die Here vra dat Hy julle sal vergewe want julle weet nie wat julle doen nie. God se Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Eerstens het hy geplaas in sy kerk Apostels. So moenie die spot dryf met dinge wat julle nie kan verstaan nie. Daai priesters het julle die weg gewys, julle wil dit nie aanvaar nie.

      • 40. Ansa  |  Februarie 26, 2014 om 10:46 vm

        Nettie, jy’s reg met God se Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe….Hy se ook, niemnd kom na die Vader behalwe deur Die Seun…..so hoe kan ‘n amp vir jou sielsaligheid/die ewie rus gee???? En die aspostels in Jesus se tyd, was deur Hom aangestel, nie deur mense soos vandag se apostels en ander ampte nie. Jy’s ook doodreg, God laat nie met Hom spot en mors nie……so wees versigtig. Nou vra ek ook, dinge waarvoor my man MAANDE al gebid het by die priester en toe na oudste toe…….dit het nooit gebeur nie, maar in kwessie van 2 weke het God so ‘n ommekeer ten goede in ons huis gebring en al die dinge (en nog meer) waarvoor my man MAANDE al gebid het by priester, het gebeur. Dit het my man se oe oopgemak en laat vra, hoekom het hierdie dinge nooit gebeur terwyl hy by priester daaroor gebid het en ook oudste daarvan bewus was maar terwyl ek elke dag op mykiee bly, het God al hierdie dinge ten goede laat verander. Dit het my man se oe oopgemaak en laat se, hy wil ook deel wees van dit, hy wil ook hierdie God wat my gebede verhoor het, in sy lewe he. Snaaks, jy antw op niks van my nder goed soos die wederkoms, doderyk, ewige rus vir dooies, ens.

      • 41. Nettie  |  Februarie 26, 2014 om 11:21 vm

        Daar staan ook dat die Here gawes aan mense gegee het, om die heiliges toe te rus. Jy se die Apostels van daai tyd is dood. Kom ons vat ‘n voorbeeld, as ons staatspresident doodgaan, dan is ons staatspresident al jare terug dood, so daar is nie meer een nie. We’ll al is die Apostels van daai tyd dood, dan sien ek Paulus die mens, soos ek en jy, want net soos ‘n gees of siel nie kan doodgaan nie, so kan die Gees van God, of die Gawe van die Apostel nie doodgaan nie. As Piet Pompies die Apostel is en hy gaan vandag dood, is dit Piet Pompies, nie die Gawe van die Apostel nie. Daar kom weer ‘n ander Apostel, net soos daar weer ‘n staatspresident kom. Jy weet die ryk man was in die he’ll, Lazerus is weggevoer na die skoot van Vader Abraham. Toe pleit die rykman by Vader Abraham sodat hy Lazerus kan stuur om sy broers te gaan waarsku. En Vader Abraham het aan die ryk man gese: Jou broers het geleerdes, as jou broers nie na hulle wil luister nie, hoe sal jou broers na die dooies luister. We’ll ek kan jou ook se: Noem my mal, van die duiwel besete! Net wat jy wil! As jy geeste kan sien, sal jy nie meer oortuiging nodig he nie! Geloof is ‘n vaste vertroue in iets wat jy nie kan sien nie! Ek het ook altyd gehoor maar nie ingeneem nie, tot iemand wat dood is, wat familie van my was, sy sielsaligheid, saam met my en my gesin gewerk het. As so iets jou tref, dan sal jy ook nie meer twyfel nie. As ‘n gees vir jou se dis die weg, ek kan nie vra vir enige beter bewysse nie. Weet jy ek sien God in my Priester Gawe, nie Koos of Piet nie, die Priester Gawe, die Gees van God in my priester. As ek vandag ongehoorsaam is, sal ek die dag wanneer hierdie aardse tempel van my afgebreek word, ook gehoorsaam wees aan daai stem van my Priester Gawe. Dis hoe jy die ewige rus ingaan. En so ook met die Apostel, ek het dit eerstehands ondervind, hoe hierdie familielid we’ll met ‘n Aposteldiens die rus in is, dit het jare gevat, maar ek is dankbaar vir God dat hy hom die rus gegee het. Ek weet jy gaan nou weer sarkastiese opmerkings maak, maar ek belowe jou, dit is die waarheid.

      • 42. Nettie  |  Februarie 26, 2014 om 11:38 vm

        Ja dis waar, slegs deur die Seun sal jy sielsaligheid ontvang. God se Seun, is hierdie gawe wat jy ontvang het, en slegs die Seun is die bemiddelaar by God. As ek nie die wil van my Vader doen nie, is ek ongehoorsaam. Se my priester se vir my ek moet in die koor sing, en ek dink nee ek kan beter dinge met my tyd doen. Dan is ek ongehoorsaam aan die Priester gawe. Hierdie gawe in my, naamlik suster, moet eendag verantwoording doen vir my by God. En as ek ongehoorsaam was aan die Priester gawe gaan ek in groot moeilikheid wees, dan gaan ek my sielsaligheid moet werk anderkant die graf! En ek belowe jou my geloof is so sterk, en ek is so bang vir dit, ek gaan nie eens ‘n kans vat nie. Nie een van ons weet waar ons strepies getrek is nie. En soos die spreekwoord se, soos die boom val, so gaan hy bly le. En jy is gelukkig, jy wat nie skuldig gemaak is nie, jy wat nie soos ons glo in hierdie weg nie, sal eerder sielsaligheid kry, as ek wat die weg ken en dit nie doen nie. En weet jy as jy bid, bid jy as dit God se wil is. As ek bid vir aardse dinge, lotto nrs, kar, huis ens. Mens kan nie bargain met die Here nie. Jy kan nie kerk toe gaan en verwag dit moet vir jou gegee word nie. Die Here weet wat ons nodig het, en dit sal die Here vir ons gee. En die wat nie weet wat seeninge is nie, dis nie aardse goed nie. Seeninge is God se genade. Die Priester seen jou met ‘n ope verstand, sodat jy iets kan koop en doen as jy weet jy kan dit bekostig. As jy dit nie op daardie stadium nodig het of kan bekostig nie, gaan jy dit nie kry nie.

      • 43. Olga  |  Februarie 27, 2014 om 12:27 vm

        Yvonne, ag, vergeet dit, Pep verkoop ook batterye.

      • 44. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 9:38 nm

        Sjoe Yvonne Du Toit, met jou gesindheid sal niemand een van jou priesters wil raadpleeg nie. Ek is so bly ek is nie meer ‘n lid van die OAK nie. Hoe meer ek die Bybel gelees het hoe meer het ek agtergekom hoe dwaal hulle van die spoor af.

      • 45. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 11:27 nm

        Liewe Nettie, ek kan sien uit jou redenasies dat jy nie die Bybel ken nie. Doen jouself ‘n guns en gaan lees die hele Bybel vanaf Genesis al die pad deur tot by Openbaring, dit sal jou lewe verander.

        Openbaring 22:18-19 praat nie van nuwe vertalings nie want die nuwe vertalings bevat ook daai versies. Is jy 100% seker die OAK is self nie daaraan skuldig dat hulle dinge byvoeg of weglaat nie?

        Gaan lees self Galasiërs 5, dan sien jy dat geestelik nie die teenoorgestelde is van letterlik nie.

        Ek stem saam, God het apostels in die kerk gesit en ons lees van hul getuienisse in die Bybel. Daar is net twaalf apostels van die Lam en hul name is geskryf in die fondamente van die muur van die heilige stad Jerusalem (Openbaring 21:10-14). Die OAK het eers in 1927 hier in Suid-Afrika begin, dus kan dit onmoontlik nie die OAK se “apostels” wees wat hier ter sprake is nie. Hulle moet dus valse apostels wees. Jou redenasie aangaande staatspresidente is ‘n menslike redenasie, nie ‘n Bybelse redenasie nie. Die twaalf apostels van die Lam se name is in die kerk se fondamente geskryf. Jy hou van menslike redenasies, dus sal ek dit nou so aan jou verduidelik; as jy ‘n huis wil bou moet jy eers ‘n fondasie neerlê. Nadat die fondasie gelê is dan kan jy begin bou. Dink jy die bouers moet weer van vooraf die fondasie lê as hulle klaar begin bou het?

        Jy sê ‘n gees of siel kan nie doodgaan nie, dus ken jy nie die verskil tussen die twee nie. Die siel wat sondig sal sterf (Esegiël 18:20) en die gees (lewens asem of lewens krag) keer terug na God (Prediker 12:7). Jy’t seker ook nog nie die waarskuwings in die Bybel gelees mbt geeste van afgestorwenes nie (Levitikus 19:31, Levitikus 20:6, Deuteronomium 18:10-12, 1 Samuel 28:3-14, 2 Konings 21:6, Jesaja 8:19-20 ens.)? Jy haal aan uit Lukas 16:19-31, Jesus het Lasarus op sy naam geken maar die rykman was net ‘n rykman. Het die rykman as ‘n gees teruggekeer om met die lewendes te kommunikeer of om sy sielsaligheid te kom bewerk? Gaan lees weer. Jy weerspreek jouself deurdat jy sê as jy geeste kan sien het jy nie oortuiging nodig nie, en dan direk daarna sê jy geloof is ‘n vaste vertroue in iets wat jy nie kan sien nie. Waarop is jou geloof gebaseer, die geeste wat jy kan sien of nie kan sien nie? Na aanleiding van alles wat jy geskryf het oor geeste is jy heel waarskynlik besete. Jesus is die antwoord, Hy het bose geeste in hul duisende uitgedryf. Niemand kan hul sielsaligheid bewerk nadat hulle dood is nie. Gaan lees weer jou Bybel en sien of jy voorbeelde daarvan kan vind.

        Ek het nie geeste nodig om my te oortuig oor die weg en die waarheid nie, Jesus het self gesê dat Hy alleen is die weg en die waarheid en die lewe. Hy het ook gewaarsku oor valse profete en die Nuwe Testament waarsku oor valse apostels wat na die tyd sou kom en hulle voordoen as dienaars van die lig. Gaan lees ook Johannes 3:16-20. Indien dit vir jou onduidelik is, skryf gerus aan my, maar ek dink nie dit het verduideliking nodig nie. Jy verwar Jesus, die Seun van God, met jou sogenaamde “priester gawe”. Jesus is nie ‘n “priester gawe” nie, jy lees duidelik nie jou hele Bybel nie. Jy verafgod jou priester meer as Jesus maar jou priester kan jou nie red nie. Ek bid vir jou.

    • 46. Ansa  |  Februarie 26, 2014 om 11:36 vm

      Nettie, ek kan nie dink hoekom jy se dat ek nou seker weer sarkasties gaan wees nie…..als wat ek gese het is uit eie ervaring met die oak en wat God in Sy Woord vir my leer. Mooi bly en geseende dag vir jou. Tata Nettie.

      • 47. Nettie  |  Februarie 26, 2014 om 11:52 vm

        Baie mense oordeel jou dat jy uit die bose is as jy praat van geeste. Die ou mense het gese jy is met die helm gebore. Jammer as ek te vinnig was om te oordeel, maar ek kry dit baie. Lekker dag vir jou ook, en al is jy in die AGS of NG kerk, ons dien almal een God. Dit is die belangrikste, dat ons God opreg moet dien. Maar soos ek gese het die wat nie hierdie weg ken nie, sal eerder sielsaligheid kry, as ek, wat die weg ken en dit dan nie doen nie. Dit maak nie die ander kerke verkeerd nie, want die Here se ek het skape in ander krale ook! Lekker dag vir jou ook Ansa!

      • 48. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 11:44 nm

        Nettie, mense oordeel jou nie as jy van geeste praat nie, die Bybel oordeel jou, gaan lees Levitikus 19:31, Levitikus 20:6, Deuteronomium 18:10-12, 1 Samuel 28:3-14, 2 Konings 21:6, Jesaja 8:19-20 ens. Noem dit maar wat jy wil, met die helm gebore of wat ookal, Jesus kan jou daarvan verlos (verw. Matteus 8:28-32, Markus 1:23-26, Markus 9:17-27, Lukas 4:33-35, Handelinge 16:16-18). Jy sê almal dien een God maar jy weet self dat jy nie dieselfde God dien as ander Christene nie. Jou vader is die woord van jou owergestelde en jou ma is die OAK, Christene glo in Jesus wat vir ons sondes kom sterf het. Die ander skape waarna jy verwys is toekomstige lede van die OAK.

    • 49. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 6:13 nm

      Hans, daar is baie nuwe vertalings, jy sal meer spesifiek moet wees. Hoe dit ookal sy, elke vertaling moet vergelyk word met die oorspronklike Skrif in die oorspronklike taal om volledig verstaan te word. In die OAK byvoorbeeld hou hulle van die Afrikaanse vertaling “in die begin was die aarde woes en leeg” en probeer sinspeel dat iets nie woes (deurmekaar) en leeg kan wees nie. Salig onbewus dat die Bybel nie oorspronklik in Afrikaans geskryf is nie en dat die woord “woes” ook onbewoon kan beteken.

  • 50. Hans Matthysen  |  April 21, 2011 om 10:32 nm

    Olga, as daar nog dinge van die OAK is, wat vir jou nog onduidelik is, is jy welkom om my te vra en ek sal probeer help waar ek kan.l

    • 51. Olga  |  April 27, 2011 om 10:10 nm

      Dankie Hans. Ek sal dit in gedagte hou sou ek ooit ‘n onduidelikhied teekom.

  • 52. Hans Matthysen  |  April 28, 2011 om 10:14 nm

    Olga, die vertaling waarna ek is ook minste dogmatiese vertaling en is dus nader aan die waarheid as die hedendagse vertalings.

    • 53. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 11:49 nm

      Hans, watse navorsing het jy gedoen om te bepaal watter is die regte vertaling? Het jy antieke Hebreeus en antieke Grieks geleer en as kruisverwysings gebruik om te bepaal watter vertaling is nader aan die waarheid?

  • 54. Olga  |  Mei 4, 2011 om 11:19 nm

    Presies watter vertaling sal dit wees Hans? Jy maak my nou nogal nuuskierig.

    • 55. kindvanafrika16  |  Maart 25, 2013 om 8:42 vm

      as ek ‘n stuiwer in die beurs kan gooi hier, dink ek maak nie saak watter vertaling jy lees nie, dit is die doel waavoor jy dit lees wat vir jou die openbaring sal bring!!!!!! as jy lees om vir ander hul foute uit te wil wys, kan ons ‘n debat voer wat sal aanhou tot die oordeelsdag, maar as jy gaan sit met die doel om in jou gees verreik te wil word, glo ek dat God en sy Heilige Gees jou sal lei om openbaring te vind in jou vrae, en dat die antwoorde vir elkeen anders sal wees, hang af hoe en waar jy in jou geesteslewe met God is……..

      so Olga ek verstaan jou sowel as jou vurige opponente se sieninge, maar ek sal ook moet sê, dat ek nog nooit kon verstaan wie gee die ander persoon die reg om vir jou sy of haar siening in jou keel te wil afdruk vir die Godelike waarheid nie, ek sê altyd leef so dat jy God kan sien en leef ook so dat ander God in jou kan sien……………………..

  • 56. hibuscusangel  |  Junie 7, 2012 om 3:56 nm

    Hi Olga, Ek sien nou eers die post en het lekker gelag. Presies hoe ek voel! Ek was 4jaar lank saam met my man in OAK en toe ek besluit om terug na een van die “Drie susters kerke” terug te keer, was ek aangeval soos ‘n satan slet. Jy sien in die susters kerke maak dit nie saak wat ek aan het nie maar wat/wie ek is.

    Hiers ‘n oulikke quote van Wikipedia “Christelike sektes: ‘n Aantal bekende Christelike sektes het in Noord-Amerika ontstaan en later na ander lande uitgebrei soos byvoorbeeld Jehovah se Getuies, maar sommige het ook in Europa ontstaan soos die Nuwe Apostoliese Kerk (die grootste Christelike sekte in die Duitse taalgebied) en die Ou Apostoliese Kerk wat beskou word as die grootste Christelike sekte in Suid Afrika)
    Christelike sektes verskil in baie opsigte van tradisionele kerke en hul oudkerklike belydenisse (die Apostoliese Geloofsbelydenis en die Geloofsbelydenisse van Nicéa en Atanasius).”

    Kyk ek sal myself nou nooit as kenner van geloof sake of die Bybel voor doen nie, maar logika sê dat enigge iemand wat net dele wat hulle pas uit die Bybel aanhaal, iets het om weg te steek.

    Ek sal maar bly by my predekant wat die moeite gedoen het om die Bybel beter as ek te gaan leer het. Ennige persoon wat ander onderrig/leer/oplei het mos dieppe kennis op hulle gebied, dink net hoe erg dit sou wees as daai sjirug gladnie eens mediese opleiding gehaad het nie! Vir elke 100 wat gaan leer maak net een droog. Ten minste glo hy dat hy steeds maar net ‘n mens is wat God se werk doen en dat God my sal oordeel eendag, nie hy nie.

    • 57. Olga  |  Junie 7, 2012 om 8:37 nm

      Dankie vir jou insetsel.

  • 58. Elize  |  Maart 14, 2013 om 5:07 nm

    Dis die St James version……die bybel waaroor almal wonder.
    Hoekom het jy nie oor die ”ander dele” wat jou dalk ”pas” in die bybel gevra nie? Dis net ‘n ”dom” mens wat nie VRA nie, daarom is jy nog steeds in onkunde……….

    • 59. kobus  |  Maart 20, 2013 om 12:51 nm

      Ek stem volkome saam

      • 60. Olga  |  Maart 25, 2013 om 9:17 nm

        Ek was geleer dat, ongeag watter bybel jy lees, wat in die bybel is, is waar. Appelboom beteken net wat dit sê, ‘n appelboom ens. so, St James Version, Good News Edition, Ou Afrikaanse Vertaling, wat ek lees, glo ek. ek probeer dit nie vir myself en ander uitlê nie. Ek is geen eksegeet nie.

    • 61. hannes  |  Maart 24, 2013 om 9:18 vm

      elize hule dis leee blikke wat die meeste lawaai.

      • 62. Yvonne Du Toit  |  Februarie 26, 2014 om 8:24 vm

        Stem definitief saam met dit!

      • 63. Olga  |  Februarie 26, 2014 om 9:28 vm

        Ons sien almal wie die leë blikke is.

    • 64. Ex-OAC critic  |  Januarie 1, 2021 om 6:32 nm

      Daar is nie ‘n St James vertaling nie, maar wel ‘n KJV (King James Version)

  • 65. kobus  |  Maart 20, 2013 om 12:49 nm

    Gaan lees daar in judas Olga en dan sal jy weet hoekom dit daar in die skrif geskryf staan dat God my teen sulke mense waarsku en daar staan geskryf Hierdie mense verstaan alles op n natuurlike wyse en daardeur gaan hulle ten gronde net soos jy alles op n natuurlike wyse verstaan .Gaan kyk na die kerke en beleef dit dit gaan altyd oor die natuur bid vir die natuur en God se in Matheus julle bid soos heidene vir die natuurlike dinge .So as jy wil weet ons Kerk sien dinge op n geestelike manier en jy sal dit nie verstaan nie omdat jy alles natuurlik insien ,maar gelukkig is God wys dit is hokom hy my teen mense soos jy waarsku.u

    • 66. hannes  |  Maart 24, 2013 om 9:16 vm

      dis so maklik om te se ga lees in judas ga lees in matheus ga lees in daniel want die ene wat se het self nie gelees nie ma gehoor dsn wil hy kom bek rek. pasop vir vals profete. en bly uit hulle kerke uit.

      • 67. Olga  |  Maart 25, 2013 om 9:21 nm

        Weereens, ek is nie, of roem nie op profeet wees nie. Sover ek kan aflei uit my (Blykbaar leuenagtige bybel) was profete bekend. Daar was destyds nie koerante, radio, tv, internet of nig google nie, tog het almal die profete geken. Hoe kan ‘n profeet net aan sommige bekend wees?

    • 68. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 11:55 nm

      Kobus, gaan lees gerus Galasiërs 5. Die teenoorgestelde van geestelik is vleeslik, en om vleeslik te wees beteken nie om die Bybel letterlik te lees nie. Die Bybel is klaar ‘n geestelike boek, dis nie nodig om iets wat klaar geestelik is verder te “vergeestelik” nie!

  • 69. kindvanafrika16  |  Maart 25, 2013 om 8:34 vm

    sjoe dit klink of daar sommer baie daar buite is met ‘n eie mening, wat goed is, maar wat ook dan ‘n mening is ……..

    ek het groot geword in ‘n kerk waar ons vertel is dat dit wat jy dra sondig is, soos broeke, en of as jy gaan dans of as jy grimering dra, en ek weet nie wat nog alles nie, maar soos ek groot geword het en sterker in my verhouding met God, het ek vir myself dinge begin uitredeneer, en dit dan wel wees dat broekdra ‘n sonde in iemand anders se oë is, veral as hy/sy begeer wat hy/sy sien, en dat dans ‘n sonde kan wees as jy wat die dans uitvoer dit doen om ander se mans te verlei, en dat as jy jouself gremeer om ander te behaag of te wil verlei…… wel dis seker ook waar die ding inkom van ondersoek alle dinge maar behou die goeie, so as jy sien dit wat jy doen bring iets leliks in ‘n ander uit vermy om dit te doen in daardie een se teenwoordigheid,of so iets!!!! ons is alma mense en maak almal foute, maar dit is vir my ook net een te veel as iemand wat self verkeerde dinge doen sondae in die kerk staan en sy vinger te wys aan iemand anders, ek glo en vertrou op God en hy is my God sowel as ie priester of profeet se God, dit is hoe JY Hom dien wat saak maak vir JOU en geen persoon is sonder sonde om ‘n klip te gooi vir of na ‘n ander nie

  • 70. Xena Phoenix  |  Maart 26, 2013 om 9:37 vm

    Op die ou einde van die dag is die Bybel ‘n boek wat oop is vir interpretasie. Oop en bloot vir almal om uit verband te ruk soos dit hulle pas. Daarom is dit NOODSAAKLIK dat iemand wat dit jare lank bestudeer het in konteks van die geskiedenis van die tyd, filosofie en tale; dit aan gewone sterflinge verklaar.

    Dit is geen maklike taak nie en dit is ‘n groot verantwoordelikheid. Soos die apostel Jakobus maan:

    Jakobus 3: 1. My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word.

    Daarom vertrou ek my siel aan iemand wat beter as ek weet. As hy my verkeerd lei, gaan hy verantwoordelik gehou word daarvoor. Ek beny niemand vir daardie takie nie.

    • 71. Ex OAC  |  Desember 25, 2016 om 12:03 vm

      Die Bybel kan net uit verband geruk word as mens enkele verse buite die konteks waarin hulle geplaas word lees en toepas. Die Bybel is vlak genoeg dat ‘n kind dit kan verstaan maar diep genoeg dat ‘n geleerde daarin kan verdrink. Dis nie ‘n mens se geleerdheid wat die Skrifte openbaar nie, maar die Heilige Gees. Nie dat geleerdheid ‘n slegte ding is nie, geleerdheid in die antieke tale help ook om die taal gebruik in die oorspronklike tale te verstaan in die regte konteks.

    • 72. Ex OAC  |  Desember 30, 2016 om 10:00 nm

      Die Bybel is vlak genoeg dat ‘n kind dit kan verstaan maar diep genoeg dat ‘n geleerde daarin kan verdrink. Dis nie ‘n mens se geleerdheid wat die Skrifte openbaar nie, maar die Heilige Gees. Nie dat geleerdheid ‘n slegte ding is nie, geleerdheid in die antieke tale help ook om die taal gebruik in die oorspronklike tale te verstaan in die regte konteks. Die Bybel kan net uit verband geruk word as mens enkele verse buite die konteks waarin hulle geplaas word lees en toepas.

  • 73. anoniem  |  Maart 26, 2013 om 9:46 vm

    die mens belaster alles wat hy nie verstaan nie en daardeur gaan hy ten gronde.
    uit hierdie mondspoel hierbo kan mens heelduidelik sien dat daar geen verstaanbaarheid is oor die kerk of dit wat ons in die bybel lees nie.
    Die byble se mos God het sy evangelie vir die gegee wat kan bekostig om verder te studeer en nie aan GEWONE vissermanne/mense nie ????? en ons het dit mos nie verniet ontvang en verniet moet ons dit gaan deel nie ne??? Nee betaal my sodat ek kan preek!!! En as jy dink om dalk jou kind n dienskneg van God te maak beter jy nou al gaan spaar sodat hy kan gaan verder gaan leer. (ons bekwaamheid is nie uit MENSLIKE kennis nie maar uit God wat ons bekwaam maak.)
    die stories wat jy hier by mekaar geslaan het is intresant net n jammer dat jy die leser so mislei, maar ek is seker daar sal vir jou genade wees Jesus het gese vergewe hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie.
    * as die lig in jou duisternis is hoe GROOT sal die duisternis nie dan wees nie ?? mag die Hemelse vader jou nader trek.

    • 74. Olga  |  Maart 26, 2013 om 2:51 nm

      Ja, almal het mos skielik Jesus Christus geword. Dan durf ons uit die bybel aanhaal. Dis nou na my nietige mening.

      • 75. Yvonne Du Toit  |  Februarie 26, 2014 om 8:30 vm

        En weereens mis jy die punt Olga! of moet ek se “jesus christus”. Kry vir jou n ander onderwerp om oor kak te praat en hou jou uit mense se geloof en kerke uit wat anders as joune is!

      • 76. Ex OAC  |  Desember 25, 2016 om 12:06 vm

        Goeie genade Yvonne Du Toit, maar jy het omtrent ‘n vuil bek aan jou! Is dit dieselfde mond waarmee jy jou “priester gawe” loof en prys?

    • 77. maans  |  Maart 26, 2013 om 6:20 nm

      een en net een het die gawe gekry ne. die res moe leer om te doen wat j.c gedoen het ne. lees mar deur die nuwe testament hy het die apostels en dissipels heel tyd instruksies gegee oor wat hulle moet doen. si ek dink ek stem saam n leke prediker moet maar in die skadewee van n geleerde staan as hy of sy nie onheroeplike skade wil doen nie. skoenmaker hou jou by jou leus. panelbeater, prokureur of tiltokkelaar. dus mos jou nering. los die predikasie vir die predikante met hulle grade.

  • 78. Xena Phoenix  |  Maart 26, 2013 om 9:47 vm

    In “A time to kill” is daar die juweeltjie: “Ain’t nothing more dangerous than a fool with a cause.” Helaas wend soveel gekke hulle na die Bybel om ‘n doel uit te krap. Waarmee hulle meestal net verwoesting saai.

    Dan onthou ek net Oom Mark Twain se wysheid: “Never argue with a fool, onlookers may not be able to tell the difference”

  • 79. hendrik  |  April 6, 2013 om 10:59 vm

    Ons ry nie almal in die selfde motors nie en gaan nie na die selfde kerke toe nie, tog dien ons die selfde God soos ons almal die selfde brandstof in ons motors gooi. Die kerk is nie ‘n mens se geloof nie, maar wat jy glo is jou geloof.

    My geloof is in God, Jesus en die Gees. God is my skeper en Heer en Sy Seun my Reder wat my vry gemaak het met Sy bloed, die Gees wat ons dag vir dag krag gee. Ons mors tyd om kerke te ondersoek, waar ons eerder ons geloof in ons Here moet ondersoek. As ons God ken en verstaan gaan ‘n kerk nie so groot verskul in ons geloof maak nie. Geen kerk kan die Woord verander nie en geen kerk kan se dat hulle die eenigste kerk is wat reg is nie.
    Die ou apostoliese kerk glo dat hulle die eenigste kerk is na die weg na saligheid. Jesus is vir my die eenigste weg volgens die Woord.

    Ons dien God en nie die kerke nie.

  • 80. Chris  |  April 11, 2013 om 1:11 nm

    Ek sal graag iets wil se oor alles wat al genome is. Ek wil begin by die word God. Dit is tog aan Hom wat elkeen van ons se SIEL behoort.Ek sal graag wil weet waar God is, Hoe God lyk. Waar sy Koninkryk is wat ons moet soek. Onthou ons lewe nie vir altyd nie. Asb laat my weet – Veral Olga ek sal graag wil weet wat jy se.

  • 81. wil  |  April 16, 2013 om 12:13 nm

    Ja, Job 12:10 sê dat die siel van alles wat leef is in God se hand.
    God woon, volgens Jesaja 57:15, “in die ewigheid”, “in die hoogte en in die heilige plek” en dan verder in dieselfde vers, ook “by die verbryselde en nederige van gees”.
    So God woon in die “heilige hoogte”, “die hemel” volgens Psalm 102:20, waarvandaan Hy neersien spesifiek op dié wat erken dat hulle hom nodig het – dié wat vasgevang is in hul sondes, die “gevangene” en “kinders van die dood” (vers 21).
    God bly (gelukkig) dieselfde, soos wat ons in vers 28 sien, en dus bestaan hy steeds
    onafhanklik (alhoewel betrokke) van sy skepping soos wat Hy was voor die ontstaan van alles.
    Hy is nie gebonde aan tyd of spasie nie – Hy is die enigste vry individu – wat Hy sê gebeur onmidellik omdat daar niks is wat Hom verhinder om dit teweeg te bring nie.
    Hy weet alles, Hy is orals, “op elke plek is die oë van die Here”, en Hy is almagtig.
    Daar is niks wat teen Hom kan staan nie.
    Ons as mense word egter teruggehou deur tyd en plek
    (selfs ons nie-materiële dele, nl siel,gees, word slegs van ons liggame verwyder tydens die dood).

    God is gees en ons menslike oë kan hom nie sien nie (Joh 1:18, 1 Joh 4:12), alhoewel die heiliges Hom eendag SAL sien
    (Matt 5:8,Heb 12:14)
    Sy koninkryk is ook iets wat nie van hierdie wêreld is nie. Die groot fout wat mense maak – en ek het dit ook gedoen.
    Is om nie te besef dat Matt 6:33 se “soek” is eerste plek in die ‘continuous tense’ in die Grieks wat beteken dat ons dit aanhoudend moet doen. Verder is ons afrikaanse woord “soek” baie een-dimensioneel
    en die woord beteken om te soek met ‘n verlange. Dis waarom in die KJV word “seek” op hierdie plek vertaal,
    maar ook waar Jesus sê dat die Jode “seek” om hom dood te maak (Joh 8), en “whosoever shall seek to save his life shall lose it” (Luk 17:33).
    Met ander woorde ons moet aanhoudend soek met verlange na sy koninkryk om nader aan hom te beweeg.
    Daar is wel ‘n aspek van die koninkryk in ons – soos wat ‘n kerk nie uit ‘n gebou bestaan nie,
    en ‘n nasie nie uit die land en die grond nie, maar uit die mense.
    So in daardie sin is die koninkryk ook binne ons, alhoewel die oorweldigende verse uit die Bybel toon dat mense IN die koninkryk INgaan.
    Om die pad te vind na hierdie koninkryk, moet ons die padborde volg – die karaktereienskappe van die koninkryk, nl heiligheid wat slegs verkrygbaar is deur die wedergeboorte – om ‘n nuwe skepsel in Christus te wees.

  • 82. Jan-Paul  |  November 15, 2013 om 8:49 nm

    Iemand sê hier daar is nie huurlinge in hierdie kerk nie maar hulle Apostel en die mense wat in die hoofkantoor se kantore werk is salaristrekkers

  • 83. maans  |  Desember 2, 2013 om 7:38 vm

    oordeel (julle siening is verkeerd swart op wit ) en julle sal geoordeel word. maar my bybel is n nuwe vertaling. en die skryfster sn seker ook. so ons het die deel gemis wat se kom kerk toe sonder n hoed en n pak en daar sal vir jou uitgedeel word.

    • 84. Olga  |  Desember 2, 2013 om 6:20 nm

      Om eerlik te wees Hermaans, my bybel is sommer ‘n “Good News” uitgawe. Dan het ek die Nuwe vertaling en die Bybel in Afrikaans 1953 vir naslaan.

  • 85. Klip  |  Desember 2, 2013 om 8:05 vm

    Hau………………

  • 86. Klip  |  Desember 2, 2013 om 8:07 vm

    Ouderling, Sendeling, Elendeling……..

    • 87. Olga  |  Desember 2, 2013 om 6:18 nm

      Jy het drenkeling vergeet, Klip. Snaaks hoe niemand ‘n eie opinie het as jy agter bybel aanhalings kan wegkruip nie. Maar as jy by jou kêrel/verloofde/meisie in die bed kruip, is Eksodus 20:14 net nog swart woorde op ‘n wit bladsy.

      • 88. Klip  |  Desember 3, 2013 om 7:56 vm

        Vir die jongelinge……………hormone of is dit demone vra nie aan watter kerk jy behoort nie. As jy eers klaar van die verbode vrugte geeet het, dan bekommer jy jou oor wat waar en hoe………

      • 89. Olga  |  Desember 3, 2013 om 9:41 vm

        ………. jy dit weer kan doen. 🙄

  • 90. KlipKlip  |  Desember 2, 2013 om 8:17 vm

    Die blinde samboek slat almal ewe hard maak nie saak aan watse klub jy behoort nie

  • 91. Klip  |  Desember 2, 2013 om 8:25 vm

    Afstig………………. as die klub reels jou nie pas nie stig jy af…………dis redelik ekonomies vatbaar, want dan kollekteer jy vir jouself. Lees net die huisgenoot , keur , en kyk sepies , dan het jy meer as genoeg om oor te preek

  • 92. Ansa  |  Desember 3, 2013 om 3:49 nm

    Ek is jammer, maar daar is baie dinge van die Ou Apostoliese Kerk wat ek nie mee saamstem nie. Ek was vir 1 jaar en 10 maande saam met my man in die OAK, maar het besluit dis nie vir my nie. Volgens my sê Openbaring dat God die sleutels van die doderyk en die dode het ; nou vra ek myself, watter reg eien die apostel homself toe om by ‘n versegelingsdiens die doderyk oop te sluit sodat siele kan in nader, die drie sakramente van die OAK aan hulle bedien word en dat hul dan so sielsaligheid kan kry? So is daar heelwat ander dinge ook wat vir my teenstrydig is met wat in Die Bybel staan.

    • 93. Olga  |  Desember 3, 2013 om 4:37 nm

      Ek was nog net vir twee dienste, die versegeling van my mensies en vriendin se seun se begrafnis in die OAK. Dus moes ek seker nie gekritiseer het nie.

      • 94. Ansa  |  Desember 3, 2013 om 7:09 nm

        Olga, ek se maar net wat ondervind het in die OAK en dis defnitief nie vir my nie. Ek kan nie daarmee saamgaan dat hul Die Bybel “anders” lees en interpreteer nie. Ek kan ook nie verstaan hoe die priester God kan speel oor ‘n mens nie…..alles moet deur die priester “goedgekeur” word…..God het blykbaar klaar gekom vir hulle, terwyl Die Bybel duidelik is oor die wederkoms en oordeelsdag….nee, daar is net te veel dinge wat teenstrydig is met wat ek in Die Bybel lees.

      • 95. Olga  |  Desember 3, 2013 om 11:39 nm

        So sien ek dit ook, Ansa. Ek en ‘n OAK (x) priester het eenkeer, ag, maklik twee en ‘n half dekades gelede, ‘n bespreking gehad oor my “dwaling” as ‘n Katoliek. Toe het hy my vertel ons lees in Markus 11 van die bar vyeboom en ons sien ‘n boom met blare maar geen vrugte. Maar intussen het Jesus Christus van ‘n onvrugbare vrou gepraat en oral waar die bar vyeboom genoem was, het Hy ‘n bar vrou bedoel. Ek het hom toe gevra waarvan daar gepraat was toe die bybel die vrou wie 12 jaar lank gevloei het, genoem het. toe het hy gesê ‘n vrou. Heelwaarskynlik ‘n bar vrou aangesien sy 12 jaar lank gevloei het. Hello? Dis nou maar net sy verstanding van die geskrewe Woord. Tog was hy meer as ‘n dekade ‘n OAK priest. maar nou ja, soos iemand iewers hier bo gesê het, ek (Olga) verstaan op ‘n natuurlike manier en die OAK gemeentlede verstaan die bybel geestelik. Of so iets.

      • 96. Nettie van Staden  |  Desember 4, 2013 om 7:56 vm

        Die vrou verteenwoordig jou siel, jou siel is vroulik. As jy bloed stort, is dit jou opofferings. Soos ons het elke aand ons verrigtinge, as jy elke aand jou verrigtinge doen, stort jy bloed. Sê nou ek is ‘n vyeboom ek het elke aand ‘n verrigting by die kerk, maar vanaand is ek nie lus nie, en ek bly by die huis, more aand dieselfde ens. ‘n Vyeblaar is verskonings. Ek kan nie vanaand kerk toe gaan nie want eintlik is ek nie lus nie, maar ek sê ek het nog baie werk om te doen. Dan gaan die vrug wat ek dra sulke klein vrugies gee. Maar as ek elke aand getrou aan al die verrigtinge deelneem dan gaan ek mos groot vet vrugte dra. Maar ook bygesê die vrug van die Gees moet ons openbaar. Dit help nie ek sit elke aand in die kerk en dan skree ek en vloek dat die hele buurt my hoor nie. Ek moet die Gees van God openbaar. Dit kan ons gaan lees in Galasiers 5. So as ek gehoorsaam is aan die woord van God, die gesindheid van God openbaar, dan is jy ‘n vrugbare boom wat lekker groot vrugte dra.

      • 97. Olga  |  Desember 4, 2013 om 11:03 vm

        Dankie Nettie.

      • 98. Ansa  |  Desember 4, 2013 om 4:52 nm

        Dankie Nettie, maar soos ek se, ek kan myself nie vereenselwig met die sienings en redenasies van die ou apostoliese kerk nie. Hul se Jesus praat deur gelykenisse – het Jesus Sy wonderwerke en gelykenisse wat daar in Die Bybel van gelees word, dan nou “vergeestelik”? Nie volgens my nie (verskoon my as jul dink ek’s verkeerd), maar Jesus het dit self gedoen. Nog iets wat Die Bybel vir my se: “niemand kom na Die Vader, behalwe deur My (Jesus) nie”.
        So, verstaan ek nou verkeerd, maar ek dink die ou apostoliese kerk se dat iemand wat nie die weg van die ou apostolies volg nie, sal nie sielsaligheid kry nie???? En Die Bybel waarsku letterlik teen kontak maak met die dode…….die versegelingsdienste wat ek bygewoon het sluit die apostel die doderyk oop vir siele. Dit strook nie vir my met wat Die Bybel (Die Woord van God) vir my se nie.

      • 99. Ex OAC  |  Desember 25, 2016 om 10:58 nm

        Sjoe Nettie, maar jy kan omtrent die Bybel verdraai. Jy ken duidelik nie die verskil tussen geestelik en vleeslik nie. Om geestelik te wees is om God se wil bo myne te kies. Om vleeslik te wees is om vrye teuels te gee aan mens se vleeslike drange, letterlike interpretasie van die Bybel het niks daarmee uit te waai nie. Olga praat van Markus 11:12-14 en hoedat die OAK priester dit interpreteer as ‘n bar vrou en hier val jy uit dat die vyeboom ‘n siel is? Jammer om te sê, maar jy is heeltemal die pad byster. Jesus het self sy verduideliking gegee oor die vyeboom in Markus 11:20-26 en raai wat? Jesus self noem niks van vrouens of dat vyebome siele is nie. Die “werkies” wat mense doen in die kerk kan skaars as opoffering of bloed stort genoem word nie, veral nie in vergelyking met die regte bloed wat Jesus vir jou en vir my uitgestort het nie. Jou “bloed” kan jou nie red nie want dit is vol sonde. Jou priester se “bloed” kan jou ook nie red nie want hy is net so vol sonde (Hebreërs 7:23-28, Hebreërs 9:11-14). Jy verwar Markus 11:12-14 met Galasiërs 5:19-22 en jy verdraai die Skrif en las dinge by wat nie daar is nie.

  • 100. Suster Steinberg  |  Februarie 5, 2014 om 2:43 nm

    Aan almal wat iets negatiefs te se het oor d OAK jammer vir julle. God se we’ll dat jy niemand mag oordeel nie. Ons kerk het ons geloof en staan sterk daarby!! Ek en my man wat n Priester was het al ons besittings (huis motors ens) deur bankrotskap verloor! Ons het n jaar later in 2008 ons enigste kind in n motor ongeluk ook verloor. En ek kan met alle eerlikheid se as dit nie v ons mense se geloof en liefde en bystand van ons Oudste en lede was nie sou ons die pyn nooit kon deurmaak en heel en 100000 keer sterker anderkant uit gekom het nie! God gebruik mense as sy instrumente geleerd of nie geleerd. As jy jouself v God beskikbaar stel sal Hy jou gebruik maak nie saak hoeveel grade j agter j naam het en of hoe arm jy is nie!!! En nog n ding n hand skud is n vriendskaplike groet sonder vyandskap. Enige man of vrou met respek sal n onbekende wat j nou ontmoet ook met n hand skut groet. Selfs familie en ou vriende skut hand of soen mekaar???

    • 101. Olga  |  Februarie 5, 2014 om 8:51 nm

      Alle simpatie met julle verliese.

      • 102. anoniem  |  Februarie 23, 2014 om 11:59 nm

        Jitte mensdom. Ek kom vannaand af op hierdie blog en word naar tot in my diepste wese as ek die oordele hier aanhoor. Is dit soos God se Koninkryk lyk. Dan wil ek verseker nie deel daarvan wees nie. Hulle vra die Here uit oor Sy Vader se Koninkryk in Lukas 17v21. Hierdie Jesus wat almal hul verlosser en saligmaker noem antwoord en se. “My vader se koninkryk kom nie met sigbare tekens nie. Hulle sal nie se kyk hier of daar nie WANT God se koninkryk is binne in julle”. Ek vra jou nou. Het hy n leun vertel? NEE!! Beslis nie. Daarom wat hy ook se. Soek EERS die koninkryk van my Vader MET al sy geregtigheid. Paulus se weer die koninkryk bestaan nie uit spys en drank nie maar uit GEREGTIGHEID VREDE en BLYDSKAP in die HERE. Besllis nie die mens sn nie want dit is maar vals en van korte duur. Dit is die plek waar God wil regeer, in die hart van die verstand van die mens. Jy kan nie sit en wag daarvoor nie. Iemand anders kan dit ook nie vir jou doen nie. Dan eers sal jy God se seeninge ontvang en ervaar waarvan ek lees in EFe 1. Maar lees baie mooi en aandagtig. Hy se die seeninge van GOD is NET in Christus in die HEMELE. Maar van ons eie wyses sal seker weer se dit was verkeerd vertaal of enige ander verskoning om weg te kom van die waarheid af. Die mensies wat so maklik oordeel. Vra jouself. WAT AS EK DALK VEKEERD WAS???

      • 103. Olga  |  Februarie 24, 2014 om 1:03 nm

        Ek moet sê, Anoniem. Jy kan vinnig lees.

      • 104. anoniem  |  Februarie 26, 2014 om 10:05 nm

        Olga! Was dit snoesig? Nee! Klink beslis snedig soos byna die res van die gesprekke maar verloop hier. Vra ek myself of ek hier moet vertoef? Ek twyfel beslis. Lyk meer soos n gevaarlike speletjie met kosbare siele wat geen aardse skatte kan vervang nie. Ek stap n Goddelike reis in die voetspore wat JC nagelaat het. Hy verwag dit van almal want net HY is die goeie Herder en SY skape (wat min is) ken Sy stem en volg Hom. So wat volg ek nou eintlik? Sy stem (dit wat Hy gese het) Sy lewe en Sy voorbeeld en beslis Sy nalatingskap. DAAROP vestig ek my oog en beslis en nie wat mense kwytraak nie. Wil ek graag die aandag vestig op 1Joh5 sou dit dalk betekenis he? “As ons die getuienis van mense aanneem — die getuienis van God is groter……v11 En dit is die getuienis dat God ons die ewige lewe gegee het, en DIE LEWE is in SY SEUN. v12. Hy wat die SEUN VAN GOD HET, HET DIE LEWE; WIE DIE SEUN VAN GOD NIE HET NIE, HET NIE DIE LEWE NIE”. Punt einde van die saak. 2Joh1v9. Elkeen wat n OORTREDER is en nie bly in die leer van Christus nie, HY het God nie. WIE in die leer van Christus bly, HY HET DIE VADER SOWEL as die SEUN. As iemand na julle kom en die LEER nie bring nie, ontvang hom nie, groet hom nie”. Einde van die saak. Ek vra nou? Wat is die getuienis van mense? Daarvan het ek heelwat ervaar hier. Almal wil graag die LEWE he. Soek dan die SEUN. Waar gaan jy Hom kry. Beslis by SY LEER. Daaroor loop die mensdom en stry baklei vir donkie jare al en stig af sodat daar al oor die 5000 gelowe en denominasies is. Dis waarom ons ou wereld lyk soos hy lyk. SIEK EN GEBROKE. Maar Jesus het in erens tot God gebid in Sy hoe Priesterlike gebed in Joh 17v21 ” dat almal een mag wees net soos U Vader in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een” (nie 5000 nie)” mag wees, sodat die wereld kan glo dat U My gestuur het”. Liewe aarde!!! Is dit so moeilik om te verstaan??? En ek wonder of daar iemand is van al die slim manne en vroue wat my dalk kan help en se wie Sy vader en Sy moeder was? Solank ek nog hier gaan vertoef.

      • 105. Ex OAC  |  Desember 26, 2016 om 12:09 vm

        anoniem, jy moet Lukas 17:21 lees saam met die res van die ander verse dan sal jy verstaan wat Jesus probeer sê het. Die Fariseërs het vir Jesus gevra WANNEER sal die koninkryk van God kom (Lukas 17:20). Hulle was so blind dat hulle nie besef hulle praat met die Seun van God nie en hoe naby die koninkryk van God aan hulle gekom het nie (lees ook Matteus 12:28, Lukas 10:8-11). As jy bietjie verder as Lukas 17:21 lees sal jy sien dat die dag van die Seun van die mens skielik gaan kom sonder sigbare tekens. Net soos in die dae van Noag en die dae van Sodom, hulle het nie sigbare tekens gesien totdat te laat was nie. Ek weet nie uit watter vertaling jy lees nie, maar in my vertaling sê dit dat die koninkryk van God is geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees (Romeine 14:17). Ek stem saam dat ons onsself gedurig moet afvra “wat as ek dalk verkeerd is?” en daarom het ons die Bybel en die Heilige Gees om ons te help (Efesiërs 6:17, 2 Timoteus 3:16-17). Dis nogal interessant dat jy melding maak van die hoeveelheid denominasies in die wêreld. Jy weet seker dat die OAK in Suid-Afrika in 1927 begin het nadat hulle weggebreek het van die Nuwe Apostoliese Kerk (NAK)? En dat die NAK eintlik weggebreek het van die Katolieke Apostoliese Kerk (KAK) in 1863 in Hamburg, Duitsland? En dat die KAK in Engeland in 1832 sy oorsprong het deur lede van ander kerke? Jy vra wie is ons Vader en wie is ons moeder. Ek weet nie van die ander nie, maar ek ken net één Vader, die Skepper van hemel en aarde (Matteus 23:8-10, Romeine 1:20-23) en Jerusalem daarbo is die moeder van ons almal (Galasiërs 4:26). Toe ek nog ‘n aktiewe lid van die OAK was, was die woord van my owergestelde my vader (Johannes 8:39-47) en my moeder was die OAK. Beantwoord dit dalk jou vrae anoniem?

  • 106. Nettie  |  Februarie 26, 2014 om 11:45 vm

    Ek sien baie se, my priester het so gese en dat gedoen. As my priester se, vanaand bly jy by die huis, dan is ek gehoorsaam aan die priester se woord, maar as dit verkeerd is in die oe van die Here, is ek nie verkeerd nie, want ek was gehoorsaam. So my Priester sal daarvoor verantwoording doen by God. Ons mag nie oordeel nie, ek mag ook nie my Priester bevraagteken nie. Maar as hy verkeerdelik optree sal die verantwoordelikheid daarvan op hom rus.

    • 107. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 6:28 nm

      Nettie, jou priester is nie God nie. Jy mag jou Bybel lees en jy mag enigiemand bevraagteken as dit nie met God se Woord ooreenstem nie.

  • 108. Klip  |  Februarie 26, 2014 om 3:12 nm

    Wie poep so?????

  • 109. mal hans  |  Februarie 26, 2014 om 7:56 nm

    ja kyk olga, hier het jy jou vasgeloop in die OAK gangers se lojaliteit. ek kan jou een ding se dolla, die lojales is almal ou apostole. hulle val jou so aan omdat hulle weet wat jy gese het is die ryne waarheid hoor. hulle lees jou artikel en sien die belaglikheid raak sonder dat jy dit noem. daarom val hulle aan. want jy vertel n staaltjie en hulle sien dit aan as oordeel. hoekom? omdat hulle self weet dis nie reg nie. nee man dolla, hulle erken deur hlle oordeel dat hulle dink hulle kerk is nie reg nie. doen my n favour. woon hulle kerk weer by. kom ons se easter. dan kom deel jy weer met ons hoe jy dit ervaar het.

    • 110. Ansa  |  Februarie 26, 2014 om 8:13 nm

      Mal hans, ek weet nie van Olga nie, maar ek is regtig sooooo bly ek is nie meer deel van die oak nie en dat my man ook uiteindelik na soveel jare besef het dis nie reg nie. Ek het geen behoefte om OOIT weer ‘n diens, hetsy easter of wat ook al, van oak by te woon nie…….een jaar en 8 maande by die oak vir my was meer as genoeg om te besef dit was nie die regte plek nie. En asseblief alle oak lede, dit is my mening…..as julle gelukkig is daar, dan is dit wat julle verkies en dan is dit goed so as julle gelukkig is daar. Ek se net, ek wil dit nooit weer in my lewe beleef nie.

    • 111. Nettie  |  Februarie 26, 2014 om 9:50 nm

      Hans, ek het Ansa nie aangevat nie, ek het bloot verduidelik hoe ons dinge sien. Ek se net hoe ek my bybel lees en hoe ons dit verstaan. As ek verdedigend voorgekom het, was dit nie om die OAK te verdedig nie, maar my geloof, want geloof is ‘n vaste vertroue in iets wat jy nie kan sien nie. En as jy mooi gelees het, ek het gese nie een kerk is verkeerd nie, almal dien een God. En as daar getwis word oor die woord is dit nie van God nie, en word die Gees van God nie geopenbaar nie!

    • 112. Olga  |  Februarie 27, 2014 om 12:05 vm

      Nee Hansie, dit werk nie so nie. In die eerste plek sal net iets betreffende my engeltjies my weer in daardie kerk kry. Ten tweede, paasfees is groot in my kerk, ek boet nie ‘n Paasfees diens vir ‘n OAK diens nie, dankie.

  • 113. Charms  |  Februarie 26, 2014 om 10:15 nm

    Ai Olga, jare later en nog steeds gaan ons aan 🙂 Dat iemand se waarneming en mening nou so aangeval word. Ons almal is geregtig op ons eie opinies. As iets my nie aanstaan nie, en ek stem nie saam nie, mag ek so se. Nes jy hier gedoen het. Hierdie ‘debat’ kan aangaan vir jare (letterlik) en nog steeds kom dit neer op, soos die Engelsman sal se “We agree to disagree”. Anders gaan ons in sirkels dans tot die einde van dae.

    • 114. Olga  |  Februarie 27, 2014 om 12:09 vm

      Ari gedorie Charms, amper neuk ek nou van my stoel af. Waar was jy al die tyd? Blog jy nog? Ek is bly jy noem dit ‘n waarneming en nie ‘n “oordeel” nie. Elke keer gaan lees ek weer en soek nog steeds na waar ek geoordeel het. Deur te sê ek sal nie ‘n ongeletterde mens met my geestelikheid vertrou nie? Ek staan daarby. Steeds. Daar was net een Messias. Hy was Jesus Christus.

      • 115. Charms  |  Februarie 27, 2014 om 8:13 vm

        Lol ek is bly jy het nie geval nie. Bloukolle is nie mooi nie. My blog stem is bietjie stil deesdae, maar ek lees nog so hier en daar.

      • 116. Olga  |  Februarie 27, 2014 om 9:16 nm

        Laat dit goed gaan. Btw, is Rooikop al klaar met matriek?

      • 117. Charms  |  Februarie 27, 2014 om 9:50 nm

        Hy is lankal klaar ja. Hy werk nou as ‘n junior draughtsman en studeer nog deeltyds.

      • 118. Olga  |  Februarie 28, 2014 om 9:42 nm

        Wys net hoe die tyd gevlieg het ne. Geniet die naweek.

  • 119. mal hans  |  Februarie 27, 2014 om 5:58 vm

    jy het dit gemaak tot die internet yvonne. welkom tot die wereld van tegnologie. moenie te veel na jou foon se skerm k yk nie gehoor. asyn sal dit bros maak. olga ko ek bet jou vamdag, as jy eers n jop het, sal ou tooitjie jou kontak vir n donasie. kastag vir di kerk sodat jy sorrie kan se. old habits die hard.

  • 120. magda  |  April 27, 2014 om 2:03 vm

    Ek wil net baie graag vir Olga se dat jou “padre” reg was. Moet nie ongenooid by iemand opdaag en dan wil kommentaar lewer nie. Ek was onlangs in I kerk, nie my eie, en ek het ongenooid opgedaag. Daar was dinge wat vir my vreemd was, soos die meisies wat met vlaggies en mandjies rond hardloop, en die mense wat aan hulle voorkoppe gevat word dan ruk hulle rond, maar ek het na die tyd gaan meer uitvind oor hoekom als gedoen word. Ja, ek het dit nie na my smaak gevind nie, maar ek het ook nie sleg gepraat van hoe hulle kies om God te dien nie. Nou sal ek vir jou I paar feite gee orr die Ou Apastoliese Kerk. Ja, hulle Priesters het werke, maar bel een van hulle Priesters 3 uur die oggend vir hulp, en hy gaan daar wees. Hulle het werke, omdat anders as ander kerke, kry hulle nie I sallaris om voor in die kerk te staan of begrafnisse te doen of selfs troues. Hulle gee hulle tyd verniet. Anders as ander kerke, vra die OAK nie geld om te trou en die sale te gebruik nie, hulle vra nie geld vir begrafnisse nie. Hulle het I oue tehuis, weeshuis, en I fonds vir lede wat sukkel om kos te kry. Ja, hulle praat anders as jy, wat hulle sal nie jou kerk of “padre” sleg se of beledig nie, en hulle sal ook nie I bespotting maak van jou manier van glo nie. Miskien kan ons almal maar leer om minder te oordeel oor hoe vreemd ander mense is, en kan ons probeer om te kyk na die goed wat hulle doen in ander se lewens. Net soos wat jy vervulling kry in jou kerk, so kry ander mense ook. En ek glo nie God gee om hoew jy hom dien nie, of jy nou 8 jaar gaan swot het om I bybel te lees, en of jy dit nou maar net doen uit die liefde van die saak, of dat jy snaaks bid of sit of staan of olie op jou voorkop smeer, ek glo nie God gee om of jy wit, swart of geel is nie, ek glo nie Hy gee om of jy 2 ure aan een bid, of net 5 minute nie, ek dink Hy gee om hoe opreg jy dit doen. As jou geloof in Hom opreg is, en jy glo in Hom met jou hele hart en wese, dan glo ek nie Hy gaan staan en fout vind met die gebou, klere of manier waarin jy dit doen nie. Julle moet altyd vinger wys na ander manier van God dien, miskien moet jy begin met die manier hoe JY God dien. Want I Christen soek nie fout nie, hy oordeel nie, hy is eeder bly dat God gedien word. Ek was al in baie lande, in vreemde kerke, en het al baie vrae gehad. Ja, ek het nie altyd verstaan hoe hulle dit doen nie, maar ek het nog altyd besef ek kan nie ander beledig of oordeel as hulle God dien op I manier wat hulle gemaklik en sterk laat voel in hulle geloof. En nee, ek is nie in die OAK nie, maar ek was al daar, en nes jy het ek dit vreemd, en party keer snaaks gevind, maar anders as jy, het ek gaan vrae vra, en probeer om beter te verstaan. Miskien moes jy dit ook doen, dan sou jy ook iets mooi in hulle manier van doen gesien het.

    • 121. anoniem  |  April 27, 2014 om 11:22 nm

      Magda. Mag jou Goddelike lewensreis besaai wees met Goddelike seeninge. Mag jy vrug van heerlikheid he ja selfs op jou moeitevolle arbeid. Jy praaat soos een met verstand. Nie die mens sn nie maar dit wat die liefdevolle Gees van God op jou hart geskryf het. Ek betwyfel dit dat jy antwoord sal kry. Mag die Gees van God tog die harte aanraak van die eiewyse en mag daar vrug wees van berou in die hart van die dwase. Mag daar vergifnes wees vir die tong van selsug want deur die tong het die volk van God byna almal omgekom in die woestyn. Sterkte en voorspoed op jou reis.

      • 122. suster sonskyn  |  April 28, 2014 om 7:50 nm

        Vinkel en holhanger. Wha ha ha ha ha.

    • 123. chris  |  Augustus 13, 2016 om 11:06 nm

      ek is ook in die oak .ook maar eenvoudige mens .maar trots om in die kerk te wees .as ek so lees wat almal hier se dan voel ek so ongelukkig en hartseer en noem maar al daardie negatiewe gevoelens .Maar na ek jou stuk gelees het voel ek sommer heeltemal anders en gelukkig .ek ken jou nie maar kan met vrymoed se as die daar meer mense soos jy was ,dan was daar meer vrede in die wereld .dankie vir die waar woorde wat jy met vrymoed kon praat

      • 124. Olga  |  Augustus 14, 2016 om 11:14 nm

        Dankie Chris. Gaan jou goed.

    • 125. santie snotbel  |  November 24, 2016 om 12:09 nm

      au Magda jy maak my dag. Olga ek Jan heeldag tussen die kommetare rondhang. almal oordeel jou skryfstuk wat ek in die kom vind maar niemand kan die gebrure regverdig nie. as jou engeltjies aangeneem en voirgestel word hoop ek jy sal weer ongenooid opdaag en die gebeure met ons deel. dis nou iets om na uit te sien. so BTW, as jou engeltjies se ouers jou ingelig het oor daar en wanneer hulle gedoop was, het hulle jou mos genooi.

    • 126. Ex OAC  |  Desember 24, 2016 om 6:40 nm

      Die priesters kry dalk nie salaris nie, maar die “apostels” wel. Ja, die priesters gee hulle tyd verniet want elke lidmaat glo jy moet op jou plek wees om saligheid te verdien, m.a.w. saligheid uit jou eie werke, nie deur Jesus Christus wat sowat 2000 terug op die kruis gesterf het nie. Die OAK hoef nie geld te vra vir die kerk se dienste nie want elke lidmaat betaal mos elke maand ‘n tiende van hulle salaris. Die begrafnis fonds word egter deur Old Mutual behartig en dis ‘n aparte maandelikse paaiement. Jy is verkeerd dat ‘n Christen nie fout soek nie. ‘n Christen gebruik die Bybel as maatstaf en as iets nie volgens die Bybel is nie, dan is daar mos fout.

  • 127. Andrea  |  Mei 6, 2014 om 9:58 nm

    Ek is van kleins al in die O.A.K. En om eerlik te wees ek sal nie n ander kerk bo myne oit kies nie. Ek het al 2 of 3 ander kerke besoek saam vriende, maar dis ook nie iets vir my wat my aandag trek nie, maar ek sal nie ander mense se kerke kritiseer nie want in die eerste plek dis nie hoe my ouers my groot gemaak het nie en respekteer ander mense se besluite (watter kerk hul is). Baie mense dink ons kerk is outyds omdat hulle hoedens dra en party mense nog sykouse of omdat die mans suites dra. So as j nie kan handle wat ons is nie moenie ons besoek nie, want duidelik is party mense daar buite al klaar ‘judge a book by its cover’ en dit is rerig pateties hoe mense ander mense judge oor hulle kerk keuses!

    • 128. Ex OAC  |  Desember 25, 2016 om 12:21 vm

      M.a.w. jy gaan OAK toe uit gewoonte en niks anders nie? Olga is genooi om die diens by te woon, sy het gegaan ter wille van haar engeltjies. Sy beskryf hoe sy dit ervaar het en dis baie eerlik van haar om haar belewenis daarvan te deel. Sy het dit geskryf op haar eie blog, het sy jou genooi om haar kommentaar te kom lees?

  • 129. magnum  |  Mei 8, 2014 om 9:48 vm

    ek was een keer na n begrafnis by die oak. dit as die begrafnis van iemand se tiener seun. wat my tot vandag meer as twintig jaar later omkrap is die woorde van die priest. hy het gese die kind se lewe was en ek haal aan “sy lewe was waardeloos. daarom was dit beindig.” vreemdste ding nog, dit het gelyk of die ouers daarmee saamgestem het. hy was n normale tiener seun. ek het dit na die tyd met die ouers en die pries bespreek. andrea, magda, die pries het gevra wie dink ek is ek om sy woorde te bevrae.

  • 130. giuseppe zanotti sneakers  |  Mei 15, 2014 om 10:51 vm

    giuseppe zanotti sneakers

    Sak Sarel | OLGA SE OKSELTJIES

  • 131. David Viljoen  |  Junie 21, 2014 om 11:32 nm

    Die meeste van julle ken nie die kerk nie en gaan op hoor se,,,,,,,ek nooi julle uit soos Jesus gedoen het toe hulle hom vra waar is hy tuis het hy gese ,,,kom kyk,,,,,

    • 132. Ex OAC  |  Desember 25, 2016 om 12:24 vm

      Nee dankie, ek het grootgeword in die OAK en nadat ek die hele Bybel gelees het, het ek tot ander insigte gekom. Julle (OAK) glo nie in die ware Jesus nie, julle glo julle is self Jesus.

  • 133. Klasie-van-die-plaas  |  Junie 27, 2014 om 1:23 vm

    Ek vind wat ek hier sien intresant. Jy word ingevlie en sleg gese maar niemand se jy lieg nie.

  • 134. Martin  |  Julie 6, 2014 om 11:45 nm

    Joh 4:24 “God is Gees, en die wat Hom aanbid moet hom in Gees en Waarheid aanbid”. Dit is die rede hoekom ons dit nie natuurlik sien nie, maar Geestelik, omdat God vir ons se om dit so te doen

    • 135. Ex OAC  |  Desember 25, 2016 om 12:36 vm

      Martin, nou het jy die kat by die stert beet. Gaan lees weer daai versie in die konteks waarin dit geskryf is. Laat ek jou die moeite spaar deur die versies vir jou hieronder te plaas:

      Joh 4:20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.
      Joh 4:21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.
      Joh 4:22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
      Joh 4:23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
      Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

      God is dus nie geografies beperk nie, enigiemand kan Hom aanbid waar hulle is, hulle’t nie nodig om op ‘n gegewe geografiese plek te wees om God te aanbid nie. Dit sê nêrens dat die Bybel nie letterlik gelees moet word nie en die teenoorgestelde van geestelik is nie letterlik nie, maar vleeslik (Galasiërs 5).

    • 136. Ex OAC  |  Desember 30, 2016 om 10:24 nm

      Martin, gaan lees weer daai versie in die regte konteks waarin dit geskryf is (Joh 4:20-24). God is nie geografies beperk nie, enigiemand kan Hom aanbid maak nie saak waar hulle is nie, hulle’t nie nodig om op ‘n gegewe geografiese plek te wees om God te aanbid nie. Dit sê nêrens dat die Bybel nie letterlik gelees moet word nie want die Bybel is klaar ‘n geestelike boek. Winkelrakke daarenteen is vol vleeslike boeke. Die teenoorgestelde van geestelik is nie letterlik nie, die teenoorgestelde van geestelik is vleeslik (Galasiërs 5). Dis die vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel (1 Petrus 2:11).

  • 137. Klasie-van-die-plaas  |  September 10, 2014 om 11:39 vm

    Shame martin. Ek is bereid om te wed jy eet nie geestelik nie, jy sker nie geestelik nie, jy werk nie geestelik nie. Jy doen dit aktueel. Net so was die bybel aktueel geskryf. Dit is wat leke so gevaarlik maak. Julle gooi graag die geestelik sonder dat julle enige idee het wat geestelik beteken. Martin as jy geestelik voorgeplant het dring tog aan op op dns toetse op die kinders wat daar is.

    • 138. Ex OAC  |  Desember 30, 2016 om 10:25 nm

      Martin, gaan lees weer daai versie in die regte konteks waarin dit geskryf is (Joh 4:20-24). God is nie geografies beperk nie, enigiemand kan Hom aanbid maak nie saak waar hulle is nie, hulle’t nie nodig om op ‘n gegewe geografiese plek te wees om God te aanbid nie. Dit sê nêrens dat die Bybel nie letterlik gelees moet word nie want die Bybel is klaar ‘n geestelike boek. Winkelrakke daarenteen is vol vleeslike boeke. Die teenoorgestelde van geestelik is nie letterlik nie, die teenoorgestelde van geestelik is vleeslik (Galasiërs 5). Dis die vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel (1 Petrus 2:11).

  • 139. Hendrik  |  Oktober 9, 2014 om 12:19 vm

    In di 1ste plek gaan dit ni in wtter kerk j behrt ni,ma wie jy aanbid en wt j glo,di oordeel ko nimnd tu ni,ma God,hoe anders mt sy evangeli by os kom,is deur mense bv.dominee,priester,pastoor ens. En ni een v hulle is ni God ni,ma ‘n dienskneg v God en hul is da om os toe te rus vir os diens werk.

    • 140. Olga  |  Oktober 10, 2014 om 11:47 nm

      Daar opper jy ‘n geldige punt Hendrik. Ons, priester en gemeente, is God se dienaars. Die priester wie die gemeente van die altaar af “face” en ‘n gebou vol dienaars sien, hoort nie daar nie.

  • 141. Hendrik  |  Oktober 9, 2014 om 12:29 vm

    Het God lief en jou naaste soos jouself

  • 142. Arie  |  Oktober 10, 2014 om 11:43 vm

    Dag Julle, Ek is jong jeuglid van DIe OAK, Dit is kommerwekend om amal se coments te lees ( Behalwe die wat Opbouend is) . ‘n Kerk is net ‘n gebou, maar die lede maak die kerk, Dit is ‘n totale vrye saak of Jy wil God wil dien, in Gees, Waarheid en Bloed . As jy sleg gaan soek gaan jy sleg vind. as jy Goed soek gaan jy goed Vind. en kom ons haal ees die balk uit ons oog voor ons die splinter uit die ander persoon gaan haal. So ons hier om mekaar te help in gees en in waarheid. Soek vir Jou Ou Apstoliese Kerk en gan Soek net een Goeie ding en opbouhend tot die gemeenskap is en jouself.

    • 143. Olga  |  Oktober 10, 2014 om 11:42 nm

      Ek het nie goed of sleg gaan soek nie. Ek het my observasies gedeel. Ek vind goed en opbouend in my eie kerk. Waar ek niemand se dienaar is nie, behalwe die een en ware God sn. My padre weet hy kan my enige iets vra, sover dit in my vermoee is, sal ek doen maar hy sal my nooit daardeur as sy dienaar sien nie. Hy sal ook nie aanneem omdat hy op die altaar staan is hy God nie. So kom ons los die splinter in my oog, ek kan darem daar rondom sien.

      • 144. anoniem  |  Oktober 11, 2014 om 8:45 vm

        Jou observasies kan beslis aan niks goed gekoppel word nie. Se vir jou padre hy moet jou leer van God se ware opregte liefde. Ook dat jou lewe hier op aarde slegs soos n skaduwee sal wees. Ook dat as die silverdraad geknip word jy deur n deur sal moet gaan waardeur ons almal moet gaan. Anderkant daardie deur wag die Een Enige God en Vader van ons almal op jou. Ek vrees as ek dink hoe jy daar sal verby gaan, want jy sal moet antwoord net soos ons almal oor al jou observasies, kritiek en snert wat jy kwytraak terwyl jy dink jy is oulik. My nederige raad aan jou en al die kommantore is dat julle mekaar vergewe maar ek dink dis dalk meer belangrik dat julle almal nederig op jul kniee sal gaan en God self sal bid vir sy vergifnes. Hou op om die soldate oor af te kap. In hemelsnaam vergewe mekaar en onthou jul self van onsinnige praatjies. Ervaar tog Gods ware liefde waarsonder julle niks sal wees in die oe van ons Vader nie. Gaan lees 1Kor 13 baie mooi en stadig. Haak vas by vers 2 en as dit nie sin maak nie. Pak julle bybels weg vir goed en hou maar vas aan julle kritiek en observasies en kyk hoe julle die laaste deur sal betree. Mag julle almal besin en God se vergifnes ontvang en ook n slag Sy seeninge waarvan ek lees in 1Efe 1v3-4. Dit is nie aards nie. Maar ek moet erken dit was heemels toe oudste Kruger my betas het. Ek het homgeblow sommer daar agter die gordyntjies. My man het in die voorste ry gesit. Ons was so geseen niemand het ons kreune eers gehoor nie. Dis baie lekker om OAK te wees. Mens kan alles met ‘n strofe uit die bybel regverrdig.

      • 145. santie snotbel  |  November 24, 2016 om 11:58 vm

        anoniem kyk jy het my nou laat rondrol van die lag. “pak julle bybels vir goed weg?” bewys mos hoeveel kennis jy het. as of bybelkennis geloof is. onthou as universiteite te duur of te liberal is, probeer akademia.

    • 146. Ex OAC  |  Desember 25, 2016 om 12:51 vm

      Ja Arie, ek het ook grootgeword in die OAK en ek verstaan presies wat jy sê. Die OAK verpes enige soort kritiek en hulle leer ‘n mens om heeltyd blind te wees vir alles wat verkeerd is, amper soos “liewe Lulu” mentaliteit. Jy mag nie die hele Bybel self gaan lees nie, jy’t heeltyd iemand nodig om alles aan jou te verduidelik. Sou jy nou ander gedeeltes in die Bybel gaan lees as wat deur die “apostel” voorgeskryf word, dan word jy veroordeel en bestempel as ongehoorsaam. Sodoende word die volle waarheid van die lidmate weerhou en so glo hulle dat die OAK Christus is en dat die owergestelde se woorde God is.

  • 147. Chris-Reinhardt  |  Oktober 11, 2014 om 1:46 nm

    Hi

    Ek het met n meisie uit gegaan wat in die oak is. Ek het seker nie nodig om te se dit was net een groot gemors nie. Wat my die meeste gepla het was hoe hulle die bybel kan gebruik en draai net soos dit hulle pas. Sy het my eendag vertel hoe toe sy klein was seker 2 of drie jaar oud… Daar n tannie na haar gekyk het met n gesig van die soos n heks en sy het n slang om haar nek gehaad. Toe sy my dit vertel wou ek iets oorkom. So is haar pa n oudste en sy broer was ook iets in hulle gemeente…. Sy vertel toe vir my daar was iets soos n onsigbare “forcefield” as haar ouers in haar kamer wou in kom. Verder was daar n geval van mense wat sy in haar huis kon sien. Haar ouma was glo baie “begaafd” sy kan met die geeste praat ens. Die ander ouma kon weer teeblare lees…. Ek is self nie n christen nie ek gaan nie kerk toe nie. Dis nou maar net nie vir my nie. Wat my regtig ontstel het van die kerk en die mense wat daar in is is dat hulle self nie weet hoekom hulle sekere goed doen nie. Ek weet ook watter druk die arme meisie van haar ouers gehad het. Haar pa het bv vir haar suster gese as sy nie in hul kerk trou nie sal hy nie daar wees nie. Die beste van alles is niemand in daardie gesin het n goeie verhouding met mekaar nie. 4h die middag moes die kos reg wees want die oom moet eet want van 5 tot hoelaat hy klaar is is hy by die kerk. Die res van die familie haar pa en ma sin nou is almal geskei die oupa en ouma die broers en suster. Haar eie ma het met n ander man op whatsapp begin praat. Nou ek sal nie se dis omdat die oom altyd by die kerk was nie hy was maar n drol. Maar sodra hulle by die kerk kom en die priesters sien is dit net mooi en vriendelik! Wat ek wil weet is hoe sit jy jou kinders deur sulke trauma? Ek bedoel as ek n tannie met n slang om haar nek gesien het toe ek 3 jaar oud was sou ek verseker nie nou hier gesit het nie ek sou in een of ander instansie toegesluit wees. En wragies sal sy haar eie kinders ook daar deur sit. Hoe n mens so gebrainwash kan wees gaan my verstand te bowe. Dit is vir my regtig moeilik om nie kwaad te raak as ek dink dat so n kerk mense se lewens probeer beheer ek dink dit is belaglik.

    • 148. Olga  |  Oktober 13, 2014 om 6:09 nm

      Alle kerke is nie so nie, Chris Reynard. Baie dankie vir jou inset. Was die aster van ‘n klein dorpie? (As jy ooit die dag besluit om bande met Christus Jesus te smee, besoek gerus kerke met geleerde leiers. Hulle is meer ontspanne oor die Christelike lewe en sal jou goeie leiding kan gee. Mits dit jou hartsbegeerte is om Jesus te leer ken.)

  • 149. vvuureoc  |  Oktober 16, 2014 om 4:42 vm

    Olga

    Heigend mens wat se nes het jy hier oopgeskop? Toe ons nog ons twee jaar militere diensplig gedoen het was daar uitnodigings van verskeie ‘kerke’ om die Sondag diens by te woon.Ek was by almal se dienste maar het weer terugegaan na die Doppers se dienste toe om drie redes.
    1 Hulle het die mooiste meisies gehad
    2 Die “versnaperings” vir die besoekers was by verre die beste.
    3 Hulle banke het kussing gehad.

    Die snaakste vir my is egter die reaksie wat jy kry as kerkamptenare iets nie kan verstaan nie.
    In die losieshuis waar ek gebly het toe ek begin werk het was daar ‘n spook dametjie wat op ons vloer rondgewaal het. As jy gebruikte asbak of koffiebekers in jou kamer los was dit skoon as jy weer terugkom.
    Omdat ek van kleins af die goed kan sien was ek nie bang daarvoor nie en vra toe die plaaslike NG predikant daarna toe hy my kom besoek. Het gehum en geha en probeer sê dat ek lieg. Ek vra ‘haar’ toe Reta gee vir Ds ‘n skoon glas. Toe die glas halfpad op pad was na hom toe het hy opgespring en ies van goëlary geskree en uit die kamer gestorm. Snaaks genoeg was hy nooit weer by my nie!!

    Okkie

    • 150. Olga  |  Oktober 19, 2014 om 9:40 nm

      Lekker lag ek nou. Ek dink as ek die glas sien aankom het, sou ek ook gat skoon gemaak het en die deurkosyn saamgeneem het. So ‘n groot bohaai omdat ek my ondervinding gedeel het. Wat sou gebeur het as ek my opinie oor die kerk uitgespreek het? Ek was al ‘n keer of wat uitgenooi om ‘n “diens”by ‘n charismatiese kerk by te woon. Ek het wyslik die uitnodigings van die hand gewys. Met my liefde vir skinder sou ek dalk gekruisig gewees het.

  • 151. vvuureoc  |  Oktober 29, 2014 om 11:54 nm

    Die Bybel vertel ook grappe

    My gunsteling versie?

    2 Konings 10 vers 27

  • 152. droesela brommer  |  Augustus 21, 2015 om 11:25 nm

    Ek het lank laas so n raak vertelling teegekom. In kerke waar predikers geleerdheid aan tersiere inrigtings gehad het kry mense nie so n geharwar nie. Hulle oordryf ook nie die broer. / suster ding nie. Die apostole se altyd hulle is die kerk wat JC gestig het. Kak se ek vir jou. Elke kerk se dit. Skoenmaker hou by jou lees. As jy geleer was om n bank klerk te wees, wees die beste bank klerk en los die prediking vir die predikant.

  • 153. Cobus Rossouw  |  Januarie 30, 2016 om 12:19 vm

    Die vrou verstaan nie die skrif nie Die Bybel sê my volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis sy is een van hulle Ons sal maar bid vir haar

    • 154. santie snotbel  |  November 24, 2016 om 11:46 vm

      slaan jy nou die spyker op sy kop. last my nou wonder cobus wie gaan as pries en ouderling en diaken waarneem terwyl oak ptiesters en kaders universiteite toe gaan om die kennis op te doen?

    • 155. Ex OAC  |  Desember 25, 2016 om 1:03 vm

      Na wie verwys jy Cobus? Hosea 4:6 kan nogal van toepassing wees op ‘n hele klomp van die kommentare hierbo wees.

      • 156. santie snotbel  |  Januarie 9, 2017 om 1:04 nm

        iemand met n objektiewe siening oor die. kerk

    • 157. Olga  |  Januarie 13, 2017 om 12:24 vm

      Dankie vir jou insette.

  • 158. tomtom  |  Maart 12, 2016 om 10:49 nm

    ai broer lyki of by geselskapgekry heti. maybe wa by vedaan kom het die gemeente nie insae ini boeke nie. dit beteken nie Ali kerke is dieselle nie. last my dink ani pries wie se shop ma min karre dadeer kry nou se dae. ma Hy het n paleis van n huis laat bou. nou Se djy vi my broetjie, wie se geld het dasovoor betaal? die engeltjies? al pleister jy die hoe dun, ruik dit steeds na nkandla.

    • 159. tomtom  |  Maart 12, 2016 om 10:53 nm

      hulls Se mos “eiendoms belasting is goedkoper as besigheids belas
      ting.

  • 160. tomtom  |  Maart 12, 2016 om 10:57 nm

    sorre die was n antwoord vir comment #13.

  • 161. Nadine  |  November 23, 2016 om 8:13 nm

    Wat n jammer dat jy nie kon verstaan nie…vlees en bloed kan ongelukkig nie aan die glorie van die koningkryk van God deel nie! Ek hoop dat jou siening wat jy gedeel het, ander nie afgeraai het om graag weer by ons besoek af te le nie!

    • 162. santie snotbel  |  November 24, 2016 om 11:40 vm

      so tipies oak Nadine. wasr jy as n oningeligde deur n oningeligde onderrig was. ek bid vir jou.

  • 163. Olga  |  November 24, 2016 om 9:15 nm

    Kommentaar gesluit.

  • 164. stefaan  |  Oktober 1, 2017 om 8:48 vm

    so waar die beskrywing. dit roep sommer beelde uit my kindertyd weer helder op. was jy nog nie terug nie? het jou engeltjies nog nie gekatkiseer nie?

Trackback this post


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter