Olke Bolke

November 30, 2010 at 10:22 nm 10 Kommentaar

Mensekinders!  Ek het op die oomblik ‘n jonge dame (10) en ‘n jonge heer (9) as gaste.  Hulle het besluit dat hulle groot genoeg is om vir Ouma Olga te kom kuier.  Dit is nogal lekker om vir ‘n verandering ander geselskap as net vir Bessie en vir Rusty te hê.  Ouma Olga het ‘n reputasie om te hou en moet in die kombuis uithaal en wys. 

Die jonge dame en jonge heer is regtig nie veeleisende kinders nie, maar is nogtans nog kinders.  Hulle moet besig gehou word.  Ek weet skaars waar om die TV aan te sit, nie juis hoog op my prioriteitslys nie.  Die DVD en Video spelers werk nie of ek het doodeenvoudig nie ‘n idee hoe dit werk nie.  Hier is darem heelwat boeke, maar watter normale en gesonde dag wil hulle hele vakansie met ‘n boek sit?

Ons sal nog iewers koekies bak en fudge maak, sns sal nog iewers wildtuin toe gaan en na al die watervalle.  Ons sal selfs ‘n keer of wat gaan swem.  Waarmee kan ek hulle nog besig hou?  Des te beter as dit nog moontlik ook opvoedkundig is.  My kleinkinders kom kuier min genoeg, wil graag hê dat hulle meer gereeld kom.

Gedagte van die dag:  ‘n Besige kind is ‘n soet kind.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

I will survive Sak Sarel

10 Kommentaar Add your own

  • 1. cinderella  |  Desember 1, 2010 om 8:09 vm

    eerste! nou sal ma ook sulke leke kos mut maak soos ouma olga ne anes ga sy ho hu leke hul ge eet het lol!

    Antwoord
  • 2. cinderella  |  Desember 1, 2010 om 8:10 vm

    jamer da vegeet ek my maniere GOEIE MRE ALMAL!

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Desember 1, 2010 om 8:24 vm

    More More

    Dit is nogal ‘n tameletjie, veral omdat daar nie juis ander kinders daar naby is nie.

    Is daar ‘n veilige boom waar hulle ‘n boomhuis in kan bou?

    Antwoord
  • 4. Selene Phoenix  |  Desember 1, 2010 om 9:26 vm

    Hello!

    Dis ‘n moeilike een… ons was altyd so baie kleinkinders saam dat ons mekaar besig gehou het!

    Wat van puzzle bou… dis een van my gunstelinge dinge om te doen oor vakansie tyd, veral as dit reën!

    Antwoord
  • 5. Wille Kjind q  |  Desember 1, 2010 om 1:24 nm

    Hoezit!? Hoezit!? Hies ek en eks trug met mening!

    Oori topic….. Ek het virri kjinners ‘n Wii gekoop en dit hou hulle lekker besig. Hulle speel tot tennis en glo my…… Dis goeie oefening die Wii ding 😉

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Desember 1, 2010 om 4:38 nm

      hul boetie het hul wii tee gegee.

      Antwoord
  • 7. Olga  |  Desember 1, 2010 om 4:12 nm

    ja. Kyk en die orders kom hoor. 😆

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Desember 1, 2010 om 4:16 nm

    net probleem met die boomhuis. Hul wil eerder swem as boom klim.

    Antwoord
  • 9. Toortsie  |  Desember 1, 2010 om 5:13 nm

    Dan moet jul n gat grou en water ingooi dat hul kan swem!

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Desember 1, 2010 om 11:47 nm

      Hulle het hulle gate uit geniet met Toughey en Bessie in die spruitjie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: