Truth

November 29, 2010 at 10:10 vm 6 Kommentaar

My wyse ou moedertjie het altyd gesê honesty is the best policy.  Blykbaar nie meer nie.

Twee Sondae terug was daar ‘n artikel van Annelie Botes in die Rapport gewees.  Let wel, Rapport is ‘n Media 24 koerant.  Vooraf was daar vertel hoe haar sielsma, Dalene Matthee, haar geleer het om in rou eerlikheid te skryf.  Sy vertel dan ook van hoe die wit kerkraad vir haar as skriba afgedank het, nadat sy hulle gevra het of die Here die R12.50 verhoging van die kerkskoonmaker sou sekondeer.  Sy vertel toe ook boonop dat elke keer wat sy praat, kry sy op haar herrie.  Profeties.

In die onderhoud word sy toe gevra van watse mense hou sy nie.  Sy vertel toe in rou eerlikheid dat sy nie van swart mense hou nie, omdat sy hulle nie verstaan nie.  Sy gee ook talle voorbeelde hoekom sy hulle nie verstaan nie.  Voorbeelde waarmee menige Suid-Afrikaner seker volmondig sal saamstem.  In kort saamgevat, die onbekwaamheid en die geweld van swart aanvalle.  “Ek weet waarvandaan dié woede kom. Dit het f*kol meer met apartheid te doen. Hulle’s woedend oor hulle eie on-be-kwaam-heid.” “Ek offer eerder my Afrikaanse kultuur op as om op 84 deur 13 swartes verkrag te word. Ek kan nie eens meer veilig kafee toe stap vir ’n tamatie nie.”

En raai wat?

Die Burger en Volksblad (nog Media 24 koerante) het haar van rubliekskrywer afgedank.  My wyse ou moeder het altoos ook gesê die waarheid maak seer.  Daar was al verskeie gevalle waar swart mense verkondig dat hulle nie van wit mense hou nie.  Skiet die boer sluit sekerlik nie swart boere in nie.

Bewaar egter jou siel as jy net skimp dat jy nie van swart mense hou nie.  Die redes is irrelevant!  Maak eerder ‘n (wit) mens of selfs ‘n renoster dood.  Dit is die kleiner sonde.

Gedagte van die dag:  All animals are equal, some are just more equal than others.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Let the river flow I will survive

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 29, 2010 om 10:49 vm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 29, 2010 om 10:51 vm

    Dit is vir my interessant hoe Botes spesifiek onderskei tussen swartes en bruin mense. Sy het duidelik geen probleem met die laasgenoemdes nie.

    Antwoord
  • 3. Son  |  November 29, 2010 om 2:08 nm

    Mens kan nie swart en bruin mense in dieselfde asem noem nie – en ek is NIE ‘n rassis nie 👿

    Antwoord
  • 4. Son  |  November 29, 2010 om 2:08 nm

    O ja, nog iets – bruin mense is groter rassiste teenoor swartes as witmense – net so vir die rekord 😉

    Antwoord
  • 6. Olga  |  November 29, 2010 om 2:33 nm

    Ons, die wit en bruin Suid Afrikaners, suig altyd aan die agterste speen. Eintlik om eerlik te sê, word die bruin mense minder bestaansreg as die witmense gegee, geen wonder dus dat hulle meer rassisties as die witmense is nie. Hulle is te wit om met die swartes voordeel te trek en te swart om teen gediskrimineer te word. Daarom word hulle op meeste vlakke misgekyk. Waar was hulle in die struggle? As ek reg kan onthou, was hulle ook betrokke vir gelyke regte. Tog word hulle nou misgekyk. Ja, Annelie Botes, ek stem. Ek lewe met swartes saam. 108 jaar lank al, maar ek verstaan hulle steeds nie.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: