Christmas forever

November 24, 2010 at 12:23 vm 7 Kommentaar

Die afgelope agtien maande was alles behalwe maklik vir die uwe en hare.  As julle agterkom dat ek weer bitsig teenoor allees wat na regstellende aksie ruik of bbbee skree, verskoon my asb en sê ek moet tula.

Die afgelope tyd het God weer die wind agter ons gesit en dit voel asof ek ‘n vroeë kersgeskenk gekry het.  My Tumi het vandag haar laaste vak geskryf.  Om my seëninge nog verder te verhoog, het sy ‘n advertensie gesien, haar splinternuwe cv vir die heel eerste keer uitgestuur en was vir ‘n onderhoud genooi.  Sy het gevoel sy is nie wat die mense wou hê nie en ELLO?  Wie kry deesdae met ‘n bleek vel die heel eerste werk waarvoor jy aansoek doen?  We, om ‘n lang storie kort te maak, sy het. 

Daarom gaan ek vir julle ook ‘n vroeë kersgeskenk gee.  😆  My beste gemmerkoekie resep.  Om nou so bietjie die waarde van die geskenk 🙄  te besing…..  ‘n Vriendin het eenkeer by my kom resepte soek.  Sy wou ‘n spesiale gemmerkoekie resep hê on vir die een of ander ouetehuis te bak.  Ek het haar toe vertel dat huisgenoot se wenresepte 2 ‘n wenner resep in het.  Sy het dit gaan bak en was glad nie beïndruk met die resultate nie.  Toe gee ek haar my ou staatmaker resep.  Sy het dit gaan bak en het nog nooit weer ‘n ander resep gebruik nie.  Maande later het sy ‘n briefie van ‘n omie van die outehuis gekry waarin hy gesê het:  “Baie dankie mev.  Ek het laaste keer sulke gemmerkoekies geproe toe my ma dit gebak het.”

Dit is die gemmer koekie resep wat ek met julle gaan deel.

Toekatyd se gemmerkoekies

1.3 kg (10 x 250 ml) koekmeel                                                                                                 75 ml gemaalde gemmer                                                                                                          25 ml koeksoda                                                                                                                             25 ml kremetart                                                                                                                         900 g ( 4 1/2 x 250 ml) suiker                                                                                               450 g harde margarien  (lae en medium vet margarien sal nie doen nie)        250 ml gouestroop                                                                                                                       6 ekstragroot eiers, geklits

Voorverhit die oond tot 220ºC.  Sif die meel, koeksoda, kremetart en gemmer saam.  Frummel die margarien daarin. (vryf in tot dit soos krummels lyk)  Frummel die gouestroop nou in die mengsel in en maak tot ‘n deeg aan met die eiers.  Rol bolletjies so groot ou 10c stuk en sit entjie uitmekaar op  gesmeerde panne.  Bak 6 tot 7 minute in verhitte oond.  Keer uit en laat koud word voordat jy dit in blikke sit en bêre.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake, Kos.

Tasse vol van gister Girls just wanna have fun

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 24, 2010 om 7:32 vm

    Eerste!!!

    Antwoord
  • 2. Olga  |  November 24, 2010 om 8:13 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  November 24, 2010 om 8:34 vm

    Geluk Tumi

    Olga se gemmerkoekies is legendary. Almal soek altyd nog.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 24, 2010 om 12:44 nm

      whoop! Whoop! Iemand ‘laaik’ my gemmerkoekies. Wonder nou net of dit n skimp is.

      Antwoord
      • 5. Xena Phoenix  |  November 24, 2010 om 1:38 nm

        n Groot, vet skimp

    • 6. Olga  |  November 24, 2010 om 2:58 nm

      kan ek my oond tot jou beskikking stel?

      Antwoord
  • 7. Toortsie  |  November 28, 2010 om 9:25 vm

    Olga, as jy vir xena bak, pos sommer vir my ook! Ek sal dit mos nooit soos jy kan bak nie! Maar eintlik is ek die heel blyste oor jou kind se pos. Dit gaan goed met n ma as dit met haar kind goed gaan! 🙂

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: