Joy to the world

November 18, 2010 at 12:00 vm 8 Kommentaar

Een Saterdag, ag, so drie, vier jaar gelede, bel my oumensie wie in die dorp gewoon het my.  Sy vra:  “Pop, gaan jy my Sabie toe neem asseblief?”  Gewoonlik vra sy my dae voor die tyd, dus neem ek aan dit sal oor ‘n paar dae wees.  “Tuurlik tannie.  Wanneer wil tannie gaan?”  Vandag nog, as jy kan.  My geleentheid het siek geword en alles is gereel vir vandag.”  Logies.  “Tuurlik tannie, maar ek sal my twee merries moet saam neem.  Ek kan hulle nie alleen by die huis los nie.”  Sy sê;  “Reg so.  Ek sal die vlieëplak saam neem vir ingeval hulle stout raak.”

Daar gaan ons toe.  Terwyl die tannie in die bank is, dwaal ons maar van winkel tot winkel.  Kom by die een winkel uit en sien met die intrapslag die snuisterye op die rak naaste aan die deur.  Dit trek my aandag.  Daar staan drie bekoorlike padda hengelaars.  Visstokke in verskillende posisies.  Ek tel een op.  Sit hom neer. Tel nog een op.  Ai man, daar begeer ek toe.  Dis normaalweg die soort winkel wat ek vermy.  Ek vertel die meisies toe dat ek die twee (in my hande) sommer sal koop vir my versameling.  Ek onderskep toe die kyk tussen die merries.  Ousus vra geamuseer:  “Watter versameling sal dit wees?”  “My paddas by die huis.”  Sê ek.  Sal die dames toe wragtig snork.

Ewentwel, ons is daar uit sonder die paddas.  Einde van die storie.  End van die prent.  Die betekenisvolle kyke en snorke het my heeltemal ontmoedig.  My seile sommer pap laat hang.  Ons was skaars buite, toe sluit tannie Dina weer by ons aan.  Wragtig, daar wil sy die winkel in wat ons so pas verlaat het.  Sy vat hier, los daar en gryp net mooi die padda wat ek teruggesit het en sê sy gaan dit vir die oom koop om tussen sy vetplante staan te maak.  Nou kyk, as dit nie karma is nie, wat is dit?  Ons is die winkel uit.  Tannie Dina met haar padda vir die oom, ek met my twee hengelaars.  Vir my versameling.  Natuurlik.  Die meisies giggel onderlangs en ek wonder of is die paddas dan regtig so lelik?  Ek het lanklaas ‘n ou paddatjie vir my versameling gekoop.  Laat hulle maar neersien op my nuwe paddas, dit tog myne.  Ek gaan hulle mos was en so aan.  Ek vra hulle nie om dit te doen nie.  So wat sal hulle minagting van my dierbare paddas my pla?  Ek gaan met die paddas saamleef, hulle gaan dit met per geleentheid sien.

By die huis gekom, haal ek my paddas uit die papier waarin hulle toegedraai was en krap die pryse met ‘n mes af.  Dit klou soos k . . . ja, dit klou.  Ek was die ou winkel stof van my paddas af en droog hulle sorgvuldig af.  Stap sitkamer toe om die twee here aan hulle sibbe te gaan voorstel.  Die twee merries al giggelend agterna.  Ja, giggel julle maar, dink ek.  Ons sal sien.  Hou my twee paddas uit na die ander . . .  en die woorde verstar op my tong.  Die sibbe kyk met hulle groot oë na my en die twee prinse in my hande.  Uit die veld geslaan hoor.  Almal uile.  Elke liewene ene ‘n uil.

Gedagte van die dag:  Nou het ek ‘n uil en ‘n paddaversameling.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

Muskietejag Wild one

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 19, 2010 om 6:41 vm

    Eerste!!!!!!!

    😆 😆

    Antwoord
  • 2. BB  |  November 19, 2010 om 7:33 vm

    LOL!! My niggie versamel ook uile. My moeder het eende net waar jy kyk en ek versamel varkies. So ‘n versameling is regtig cool! Niemand hoef ooit regtig te wonder oor wat hulle as geskenk kan gee nie. Net: as jy tot die versameling wil byvoeg is die reël darem dat dit ‘n unieke stuk is – iets spesiaal – nie maar net nog ‘n gipsmodelletjie uit ‘n tuisnywerheid nie. Ek het ‘n pragtige Oostenrykse bergkristal varkie; ‘n ongelooflike cute hout gesneede een uit Switserland – en een in Duitsland gekry so ‘n paar jaar terug uit edelstaal – so ‘n blinkgevryfde koeëlronde vet swaar varkie.
    Dis vir my heerlik om te weet as iemand so iets versamel – as ek iewers kuier / toer, snuffel ek altyd ‘n mooi specimen uit vir die versameling om saam te bring.
    My H3 sê sy versameling is nog die coolste. Hy versamel R200 note :mrgreen:

    Antwoord
  • 3. Olga  |  November 19, 2010 om 11:23 vm

    more, bb. Danki vi die resepte. Ek gaan dit bslis probeer. Di macaroons is ook a-ok as jy op n brosbrood sirkel skep met klondjie jem ini middel. Baie lekeder as n hertzoggie. Meeste paddas is so groot maar ek het n paar cute kleintjies ook. Ek is dol oor die ou groot vet padda, dis waar. Daar blyk net so min klein paddas te wees.

    Antwoord
  • 4. Matahari  |  November 19, 2010 om 5:10 nm

    Oe ma dit gat joly hieso vadag nu?

    Antwoord
  • 5. Toortsie  |  November 19, 2010 om 6:43 nm

    Paddatjies, uijtjies, varkies… Klink lekker

    Antwoord
  • 6. Olga  |  November 19, 2010 om 10:23 nm

    oee en jy is die hart en siel van di partikie matahari. 😉

    Antwoord
    • 7. Lilibeth  |  November 21, 2010 om 6:48 nm

      Ek het n uiltjie wat met regte uil vere gemaak is. Maar ek versamel baby rattles.

      Antwoord
      • 8. Olga  |  November 21, 2010 om 8:07 nm

        Dit moet interessant wees. Baie welkom Lilibeth.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: