Biscuits en biltong

November 15, 2010 at 9:36 nm 22 Kommentaar

Ek al  oor tee geblog.  Meer spesifiek oor hoe ek van my tee hou.  Dis tog opvallend as jy vir die eerste keer by iemand kuier en hulle vra wat jy sal drink en jy antwoord tee, dan wil hulle weet koppie of beker.  Vir die mens wie egter koffie verkies word die keuse tussen ‘n koppie en beker nie eers aangebied nie.

Toe ons kinders was, het my ma ook altyd tee in ‘n potjie gemaak.  Dan moes die pot eers met kookwater uitgespoel word.  Dan was die blare ingegooi en dadelik die kookwater daaroor.  Dan was die teepotjie met ‘n mussie toegemaak en gelos om te trek.  Maar nou laat ek alweer my ewige lus vir ‘n teetjie te veel ruimte.

Wat ek ervaar as die teetjie kom, is dikwels die lus vir ietsie meer.  As ek nou die ou ietsie ‘n naam moet gee, sal dit ‘n koekie wees.  Ek is absoluut gaga oor klapper – koekies.  Toe ons kinders was, het my ma klapper – koekies in ‘n sakkie gekoop.  Al die ander koekies was in boksies, die klapperkoekies was in ‘n  rooibedrukte pakkie.  Onthou julle nog biscuit king van die ’90’s?  Hulle klapper – koekies het naby gekom maar wragtig ook nie heeltemal nie.  Ek het dit nog nooit in Transvaal gesien nie.  Dit was die lekkerste klapperkoekies wat ek nog ooit geeet het.  Sy het ook almond milk biscuits hier praat ek onder korreksie sover dit die naam betref.  Dit was in elkgeval in ‘n vyf of seshoekige blou boksie.  Dit was nou wragtig spesiale koekies hoor.  Ek het dit enige dag bo ‘n brosbrood – koekie verkies.  (Soland ek darem my klapper -koekies ook beveilig het.)  Die koekies ook het ek nog nooit in Transvaal teegekom nie.  Onthou julle wat gebeur het as ‘n pakkie “choice assorted biscuits”  oopgemaak was?  Dit het ons ons gesin altyd op ‘n amperse “free for all” uitgeloop.  Almal het ‘n gunsteling in die pakkie gehad.

Nou moet ek bieg.  Ek is allergies vir koring.  Ek mag dus glad nie brood, koekies, pasta ens eet nie.  Ek het as kind op hoofpyn grootgeword.  Sedert die koring allergie in 1993 gediagnoseer was, kry ek regtig bitter selde hoofpyn.  Einde van die biegsessie. 

Maar reeds oor die rede vir die bieg, ek was al baie eetgoedjies in die plek van koekies met my tee aangebied.  Niks bevredig soos ‘n koekie nie, glo my vry.  Wat is jou gunsteling koekie met tee, koffie, kakao, milo?  Ag, wat is jou gunsteling koekie met ‘n warm drankie?

Advertisements

Entry filed under: Kos.

Hoe vêr sal jy gaan??? Gatswaai

22 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  November 16, 2010 om 1:35 vm

    Gemmerkoekies! Die hele smaak daarvan venander as jy dit ( teen jou ma se sin, want dis swak maniere) in jou warm koffie of tee druk.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 16, 2010 om 8:22 vm

    Die ou mense het mos juis gepraat oor kaal koffie.

    In ‘n verdraaiing van Sarel Seemonster se woorde: “Koekies is my lewe!” Ek sal in ‘n wip gevang word met koekies. Dit is amper ‘n onmoontlike vraag om te besluit wat my gunsteling is.

    Ek hou van tuisgebakte koekies, maar trek wraggies nie my neus op vir winkelkoekies nie. Skruwejantjies, koffiekoekies, gemmerkoekies – iemand sal my in ‘n wip kan vang daarmee.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  November 16, 2010 om 8:28 vm

    more, more.
    Leke bros vla koekies is ook heerlik.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  November 16, 2010 om 8:37 vm

    wat kan tog lekkerder wees as om die koekie in die koffie te druk dat dit so leke uitswel? As hy afbreek in die koffie met n lepel uit te vis? Dis waar my wyze ou moedertjie bleek geword het. Weet steeds nie of dit van moerigheid of afkeer was nie. 😉

    Antwoord
  • 5. Sonlig  |  November 16, 2010 om 9:07 vm

    Ek is ‘n winkelkoekiesnob. “Gewone” winkelkoekies doen dit nie vir my nie, maar ek het ‘n koekie ontdek wat regtig iets besonders is: Dis ‘n brosbrood met stokkies nougat in en die naam is “Angels”. Word gemaak deur Wedgewood wat ook die beste nougat in die hele wêreld maak. Antie Sally kan gaan slaap. En ‘n Suid-Afrikaanse produk daarby!

    Tuisgebakte koekies is egter ‘n ander storie! Ek laaik hulle almal!

    Antwoord
  • 6. Sonlig  |  November 16, 2010 om 9:10 vm

    O ja – laat ek iets uit!

    Jou wyze moedertjie is nie alleen nie Olga. Die koekiekrummels onder in die koffie is genoeg om van te k..tz!

    Ek stop al sommer as die koppie half is, want dit mag beteken dat daar ‘n projektielbeweging is as ek te lank sou wag.

    Consistency issues, reken ek!

    Antwoord
    • 7. olga  |  November 16, 2010 om 12:42 nm

      😆 ek sal bietjie uitkyk vir die koekies wanneer ek weer in n groot winkel kom.

      Antwoord
  • 8. Selene Phoenix  |  November 16, 2010 om 9:27 vm

    Goeie more! Sjoe ek was lank laas hier!

    Ek is mal oor soetkoekies… dis my favourite, en dan gemmer koekies (maar ek het die laaste ruk te veel van hulle geeet, so vir eers los ek hulle)

    En dan natuurlik shortcake! Mmmmm…

    En ek druk ook koekies in my koffie, maar kan nie die laaste slukkie koffee vat met die krummels nie… gril – weet nie hoekom nie!

    Antwoord
    • 9. olga  |  November 16, 2010 om 12:48 nm

      snaaks hoe ons almal die jiggie kry vir die krummels onder im die beker. Ek drink glad nie did laaste slukkie nie. My noolste nolie drink eerste die koffie. Pikswart en vuurvlamwarm. Dan eet hy droe beskuit. Hy druk dit nie eers in sy koffie nie. Ouma se klong.

      Antwoord
  • 10. toortsie  |  November 16, 2010 om 10:11 vm

    KOEKIES. enige koekies…. solank my kake kan werk

    Antwoord
    • 11. olga  |  November 16, 2010 om 12:50 nm

      bak jy hul ook toortsie?

      Antwoord
  • 12. toortsie  |  November 16, 2010 om 2:17 nm

    nee, ek vra my dogter om koekies te bak. ek is te lui!!!
    Ek bak darem soms ‘n koek of ‘n tert. as jy kom kuier sal ek sorg vir iets lekkers, moenie worry nie. of ek sal vir meisiekind vra om te kom lekker eetgoed maak

    Antwoord
    • 13. olga  |  November 16, 2010 om 2:29 nm

      😉 eisj klink belowend.

      Antwoord
  • 14. Charms  |  November 16, 2010 om 6:32 nm

    Ag daar is mos niks lekkerder as ‘n gemmerkoekie in koffie gedoop nie. Soetkoekies is ook natuurlik ‘n wenner. Ek het ook van Jaffa Cakes gehou maar kry hulle vir jare nie meer nie (dis ‘n sagte koekie met marmelade in – gedoop in tjoklit mmmm). Ek drink ook gladnie die koffie as ek my koekies gedoop het nie – ek gril my dood en maak dan eerder nog ‘n koppie koffie.

    Antwoord
    • 15. olga  |  November 16, 2010 om 6:43 nm

      bak jy ook gemmerkoekies charms?

      Antwoord
  • 16. BB  |  November 17, 2010 om 1:31 nm

    Ek bak 2 soorte koekies – shortbread en Mutzen.
    Die shortbread sny ek in blokkies of vingers (soms doen ek moeite en druk vorms uit) – en strooi of strooisuiker oor as dit nog warm is, of smeer ”n sjokolade of suurlemoen-icing oor wat nie romerig is nie – m.a.w hy maak so ‘n dun harde glanslagie.
    As dit spesiale geleentheid is, verwerk ek 1/2 koppie pecannuts tot meel tekstuur en vervang dieselfde deel gewone meel daarmee.
    ‘n standaard koekie resep is al wat mens nodig het om hordes verskeie variante te bak.
    Die Mutzen is ‘n ou tradisionele poolse resep – dit is loshande dié allerlekkerste ‘koekie’ waaraan ek myself séér kan eet.

    Antwoord
    • 17. olga  |  November 17, 2010 om 2:28 nm

      nou is dk nuuskierig, bb. Ek het nog nooit mutzen koekies teegekom nie. Is dit n fam geheim of mag jy die resep met ons deel?

      Antwoord
  • 18. BB  |  November 17, 2010 om 1:33 nm

    Ek ‘dunk’ beslis ook nie ‘n koekie nie! ‘n Goeie koekie het mos ook maar sy trots, magtig!! :mrgreen:

    Antwoord
  • 19. BB  |  November 18, 2010 om 2:03 nm

    Poolse Mutzen – hulle noem dit ook “Faworki”‘s –
    350 g Meel
    30 g Botter
    3 Eiergele
    1 Eier
    100 g suurroom
    1 Eetlepel Asyn
    Olie vir diepbraai
    Versiersuiker

    Meng alle bestanddele en knie liggies tot sagte deeg. Rol dunnerig uit op meelbestrooide oppervlak. Sny in repe – ± 3cm breed en 5-6 cm lank. Maak ‘n 2cm snytjie in die lengte in die middel van die repie. Vat die bopunt van die reep en trek dit liggies deur die snytjie, trek weer boontoe – dit gaan nou amper ‘n koeksister ‘resemble’.
    Verhit die olie en diepbraai die Mutzen – een keer omkeer – tot goudbruin beide kante. Skep uit – skud liggies af en plaas op kombuispapieer.
    Gooi versiersuiker in sif en strooi liggies oor die Muzten.
    Dis dié opperste yummy-rigste ‘koekies’ in die hele wye wêreld!!
    (My ma is bietjie lui – sy bak die repies deeg netso heel – ek doen die sny en ‘vou’ – storie. Dit lyk net nicer en ag, dis in elk geval een van die minste moeite ‘koekies’ ooit.)
    Waarskuwing: Die ‘koekies’ is UITERS verslawend!! (Maak 2 baksels – een vir die huismense en gaste en een vir JOU!). Dit hou gladnie goed in ‘n koekieblik… of so voel dit vir my – want somehow bly dit ontsnap 😯

    Antwoord
  • 20. BB  |  November 18, 2010 om 2:15 nm

    As jy nie weet wat om met die eierwitte te doen nie:

    125 g sagte Botter
    100 g Zucker
    1 Eierwit liggies geklits (nie styf)
    250 g Meel
    2 Eetlepels Cocao
    ½ Teelepel Kaneel (opsioneel)
    2 Eetlepels Versiersuiker

    Room die botter en klits suiker bietjies bietjies by tot skuimerig. Meng eierwit, kaneel, 1 eetlepel Cocao en lepel vir lepel meel by. Roer goed tot alles gemeng is. Knie dan met die hand tot ‘n stewige deeg.
    Maak 2-3 cm deursnee balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat (ek ‘line’ my baking tray met toebie/bakpapier). Druk plat met ‘n vurk.
    Bak ±15 minute @ 160°C.

    Meng die eetl cocao met 2 eetl versiersuiker en strooi/sif oor die koekies.
    Maak omtrent 30 koekies.

    Antwoord
    • 21. BB  |  November 18, 2010 om 2:18 nm

      ons noem dit Schokoseufzer… Tjoklit-suggies of soiets 😕

      Antwoord
  • 22. BB  |  November 18, 2010 om 2:25 nm

    Nog eierwitte oor?? :mrgreen:

    125 g Klapper
    125 g Suiker
    2 Eierwitte

    Klop die eierwitte styf. Meng die klapper en suiker versigtig/saggies in – moenie te veel roer nie. Skep met ‘n teelepel klein ‘hopies’ op ‘n gesmeerde bakplaat.
    Bak 15-20 minute @ 165°C. Hou die “Kokosmakronen” goed dop!! Hulle MOET NIE te donker bak nie!! jy kan die oond na 10 minute nader aan 150°C draai vir die laaste 10 minute.
    Ons gebruik tradisioneel ‘Oblaten’ om dié mengsel op te bak, maar dis nie vrylik beskikbaar hier nie – my se ma het nou die dag die mini-Marie beskuitjies gekoop en haar ‘hopies’ klapper daarop geskep – dit het baie lekker gewerk!! Die koekies is net lekkerder met ‘n basis, maar dis heerlik daarsonder ook!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: