Die Land is My land, die Land is Jou land!!

November 11, 2010 at 7:00 nm 32 Kommentaar

Verwyder Paul Kruger van Kerkplein!!! Viva!!!!! Hom en sy generaals!!!!!!! Viva!!!!!!!! Hulle herinner te veel aan apartheid!!!!!!! Viva!!!! Verwyder!!!!!!!!! Verwyder!!!!!!!!!!!!!

Kan julle dit hoor? Die geskree van goedkeuring op die kak voorstel? Askies? Paul Kruger? Apartheid? Moes beslis ‘n ongeletterde moroon gewees het om die voorstel te kon maak!!! Paul Kruger apartheid? Ja, swaer. Gaan lees jou geskiedenis boek weer. Nee, wag moenie. Jou geskiedenisboek praat kak leuens, plein en simpel. Paul Kruger het sy lewe gewei om emansipasie van die Engelse te kry. Dis nou vir jou dankbaarheid. Paul Kruger het jou uit die bos gebring. Onder die Engelse uit. Nie Chris Hani nie. Hoekom het hulle Verwoerd se standbeeld verwyder en Verwoerdburg Centurion gemaak? Beteken dit nou dat Verwoerd en sy doktrine nie bestaan het nie?

Hoekom die TEKENS van apartheid verwyder? Het die ANC dan die eerste verkiesing in skaamte gewen? Hoekom elke naam uit die apartheidsera verwyder? Beteken dit dan dat apartheid nie bestaan het nie? Dink verdomp weer. Ek sou eerder gedink het mens los die apartheidsregime se standbeelde en rig in spyte van wat was jou eie op om te wys hoe die verlede en die hede versoen het. Maar nou ja, logika het meer as ‘n mag mal mens nodig. Hoekom al wat stadnaam, dorpnaam, straatnaam wat WIT klink loop staan en verander? Gaan dit beteken dat die mense nie gelewe het nie? Die gebeure nie plaasgevind het nie? Dit is nou wragtig die siekste redenasie om ‘n naamsverandering.

As nuwe uitbreidings, dorpe ens ontstaan en name soos Madibasdal, Mkhondo en Mbombela word, is dit heeltemal logies en verstaanbaar. Maar om bestaande dorpe en strate se name weg te neem, is diefstal. Dit kan niks aan wat in die verlede gebeur het, verander of wegneem nie. Hoekom het die kultuur van toesmeer so toegeneem in Suid Afrika? Goeie aarde man, om ‘n ding toe te smeer laat dit beslis nie weggaan nie. Dit maak dit ook nie beter nie. Hoekom is Diepsloot, Eersterus (Limpopo), vosloorus, Bosbokrand se name nie verander nie? Of is die ANC se doelwit om elke blanke dorp ‘n Swartnaam te gee en elke Swart dorp ‘n Afrikaanse naam? Gaan dit nou weer oor toesmeer??

Een van die standbeelde wat verwyder was, was dan ‘n wit perd. Ek kan nie presies meer onthou hoekom of waar nie, ek dink dit was in Ermelo. As’n minister van kultuur ‘n naam wil verander, dink ek dat hy of sy dit net toegelaat kan word as hy of sy die koste van A tot Z self kan dra. Sonder vergoeding, borge of bevondsing van enige aard ook al. As die ANC ‘n standbeel van Madiba op Robbeneiland of in Transkei wil oprig, kan dit beteken hulle doen dit uit respek vir die man en wat hy vir hulle beteken. Sy mede Transkeiers sal gevlei voel. Dit mag dalk toeriste na hulle omgewing, na sy geboorteplek bring. Dit sal vir sy mense ‘n eer wees en ‘n voorreg om die toeriste te beroof bedien, te onthaal. As hulle vir Chris Hani ‘n standbeeld oprig in sy geboorte provinsie, dan gaan sy mense daaruit voordeel trek. Watse voordeel kan sy mense kry as die voëls op Kerkplein op sy kop poef?

Om in Umtata in Madiba str te ry, is ‘n groter voorreg as om in Johannesburg in Mandela str af te ry. Goed, goed, Madiba het by Wits geswot, maar sy wortels lê in Transkei, op Robbeneiland. Waarom Steve Biko in Pretoria met ‘n hospitaal vereer? Was hy ‘n dokter? Het hy die hospitaal geborg? As hy opsluit ‘n hospitaal na hom vernoem moes kry, gaan bou ‘n hospitaal in sy tuisdorp. Sy mense gaan daaruit voordeel trek. Dit sou hom trots gemaak het. Sy mens gaan vooruit al het hy hulle agtergelaat toe hy roem en emansipasie gaan soek het. Wat help ‘n hospitaal in Pretoria sy mense as hulle in King Williamstown bevind.

Nou staan Oliver Tambo Internationaal in Kemptonpark. Hoeveel mense van Pondoland kom daar? Word ‘n standbeeld, of ‘n eerbewys by wyse van naamgee dan nie gedoen om die persoon te eer maar ook om sy omgewing tot voordeel te wees nie?? Nee, wat, los vir Paul Kruger in Pta. Los sommer terselde tyd Pretoria se naam Pretoria. Dink watse ramp dit sou gewees het as Pretoria Krugersdal was.

Die ANC het erfenisdag in gestel, tog vat hulle blanke erfenis weg en belieg die wêreld deur elke vakansiedag wat voorheen was, weg te laat. Goed en wel as dit nie meer ‘n vakansie dag is nie. Noem dit net. Dit is mos erfenis. Nou moet almal praat van Mbombela voorheen Nelspruit. Bolle man, gaan bou Mbombela. Wat van die nuwe ontwikkeling tussen Nelspruit en Witrivier? Hoekon is daar ‘n Samora Machall str in Suid Afrika? Wat het hy vir Suid Afrika gedoen? Gesterf sodat Madiba in sy oudag ‘n metgesel kan hê? Geverdig dit regtig dat ‘n straat in Nelspruit na hom vernoem moet word?

Dit het begin met die vlag. Wit Suid Afrika het darem die Union Jack op hulle nuwe vlag laat bly. Maar op die nuwe Suid Afrikaanse vlag was die vlag wat ons erfenis was soos in heeltemal geïgnoreer. Hoe kan daar van ons verwag word om onste verheug in erfenisdag? Hoekom kan dit nie vir ons braaidag wees nie?

Gedagte van die dag: Praat van agtergeblewe. Ek vra weer, wie laat hulle agter bly? Apartheid? Nee, dink weer. Wie hou vooruitgang van die mense in Transkei, in Pondoland in Venda weg? Apartheid het lankal gesterf. Hou op toesmeer. Wees trots op wat julle vermag het sonder om weg te neem.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Doer in die donker Hoe vêr sal jy gaan???

32 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind q  |  November 11, 2010 om 8:22 nm

    EERSTE!!!

    Antwoord
  • 2. Wille Kjind q  |  November 11, 2010 om 8:33 nm

    Ek love MY vlag. Het no nooit van die nuwe vlag gehou nie. TSK! Ek is moer trots op my geskiedenis, my herkoms….. My ALLES!

    Die nuwe goewerment kan loop kan met hule slinkse planne om alles weg te neem.

    Laat ek eerder loop slaap voor ek wee my se gat inni tronk druk deur onvanpaste uitlatings.

    P.S Ek wonner hoe ver het Ju-lie-to-us gekom met sy storie van twitter toe maak. Die res vanni wereld dink seke ons hele land se mense is fuddup.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  November 11, 2010 om 8:51 nm

      hy is n groot gees wk. Ou oepsie. Eers twitter, dan facebook, dan wordpress. Want VRYHEID VAN SPRAAK ir n voorreg wat net sommige mense toekom.

      Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  November 11, 2010 om 8:35 nm

    Die res van die wereld dink ons is n grap en wie kan hulle blameer?

    Antwoord
    • 5. Olga  |  November 11, 2010 om 8:48 nm

      wie indeidaad!

      Antwoord
  • 6. Gogga  |  November 11, 2010 om 9:10 nm

    Ek blameer skool geskiedenis. Sien niemand weet meer wat is wat en wat is goed nie want hulle word mos nie “daai” wit mesn geskiedenis geleer nie.

    Haai Sjame (BAIE SARKASTIES) ons kan hulle mos nie blameer nie.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  November 12, 2010 om 12:00 vm

    gog, tog is die witmens geskiedenis so, so relevant, is dit nie. Wat my so hartseer maak, is dat hulle net aanhou. Hulle wil nie die verlede met die hede versoen nie. En raai wie word van rassisme beskuldig? Eers verwoerd, nou oom paul. Volgende word die uniegebou seker gesloop. Want ons swyg eerder omdat ons te bang is vir die tronk. 😉 kyk maar vir willekjind ook.

    Antwoord
  • 8. Olga  |  November 12, 2010 om 7:41 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 9. Xena Phoenix  |  November 12, 2010 om 9:29 vm

    Dit is tragies dat geskiedenis nie meer op skoolvlak aandag kry nie. Dit het net bloot onbelangrik geword en die mense van die toekoms gaan nog hulle hare uit hulle koppe trek.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  November 12, 2010 om 10:18 vm

      dit het onbelangrik geword omdat dit nie lieg, moor, steel en verkrag nie.

      Antwoord
  • 11. Xena Phoenix  |  November 12, 2010 om 9:43 vm

    Quickie in the Bushes

    There are two statues in a park; one of a nude man and one of a nude woman.

    They had been facing each other across a pathway for a
    hundred years, when
    one day an angel comes down from the sky and, with a
    single gesture, brings
    the two to life.

    The angel tells them, ‘As a reward for being so patient through a hundred
    blazing summers and dismal winters, you have been given life for thirty
    minutes to do what you’ve wished to do the most.’

    He looks at her, she looks at him, and they go running behind the shrubbery.

    The angel waits patiently as the bushes rustle and giggling ensues.

    After fifteen minutes , the two return, out of breath and laughing..

    The angel tells them, ‘Um, you have fifteen minutes left, would you care to
    do it again?’ He asks her ‘Shall we?’ She eagerly replies, ‘Oh, yes, let’s!

    But let’s change positions. This time, I’ll hold the pigeon down and you shit on its head.’

    Antwoord
    • 12. Olga  |  November 12, 2010 om 10:21 vm

      😆 😆 😆

      Antwoord
  • 13. hx  |  November 12, 2010 om 10:57 vm

    Die oomblik as elke Suid-Afrikaner vergewe, en vergeet, sal daar liefde en vrede in ons land wees. Die probleem is egter dat jy nie een groep in ‘n land kan opsweep, en die ander kan kwaad maak met aksies nie. As ‘n leier, in enige posisie, het jy die verantwoordelikheid om te sorg dat jy jou taak tot die beste van jou vermoë,en tot voordeel van ALMAL onder jou verrig.

    Dit is seker ‘n les wat baie van ons land se leiers moet leer. Dit is ‘n voorreg om ‘n leier te wees, nie jou “free pass” om te maak en doen wat jy wil nie!

    Antwoord
    • 14. Olga  |  November 12, 2010 om 12:09 nm

      gesagsposisies is ongelukkig tog meal tickets.

      Antwoord
  • 15. Matahari  |  November 12, 2010 om 11:06 vm

    Dis n site as net besin.

    Antwoord
    • 16. Olga  |  November 12, 2010 om 12:11 nm

      ekskuus matahan? Jou prentjie lyk bekend. Dalk was jy al hier, indien nie, welkom.

      Antwoord
  • 17. toortsie  |  November 12, 2010 om 12:14 nm

    WAT WAS, SAL NOOIT UITGEVEE KAN WORD NIE!!! al probeer hulle HOE HARD!!
    http://toortsie.wordpress.com/2010/11/12/bouers-of-brekers/

    Antwoord
  • 18. rosalindreloaded  |  November 12, 2010 om 3:09 nm

    Ek het nie ‘n probleem met Paul Kruger nie, maar hoekom die ou vlag?

    Antwoord
  • 19. Olga  |  November 12, 2010 om 5:02 nm

    rosalind, die ou vlag is net om te wys dat die vlae wat dit vervang het, tog steeds gehuldig was in die nuwe vlag.

    Antwoord
  • 20. rosalindreloaded  |  November 12, 2010 om 5:26 nm

    OK, ek verstaan. Ek is mal oor die nuwe vlag.

    Antwoord
    • 21. Olga  |  November 12, 2010 om 9:29 nm

      dit is nogal treffend. Ek gee jou gelyk daar.

      Antwoord
  • 22. Wille Kjind q  |  November 12, 2010 om 7:36 nm

    Ek HAAT die nuwe vlag. Dit lyk soos Winni se g-string

    Antwoord
    • 23. Olga  |  November 12, 2010 om 9:31 nm

      😆 😆 😆 ek hoor die sleutels klingel. Grieters! Viga! Hou die plestiek reg. Ek kan nie vir wk alleen laat tronk toe gaan nie.

      Antwoord
  • 24. Laviga  |  November 12, 2010 om 7:44 nm

    1
    2
    3
    Blok vir Tannie Ougat

    Antwoord
  • 25. Laviga  |  November 12, 2010 om 7:44 nm

    1
    2
    3
    Blok vir Tannie Ousie

    Antwoord
  • 26. Olga  |  November 12, 2010 om 9:33 nm

    krom toon
    rooi koeldrank ring bo op die boekrak.
    1
    2
    3
    blok vir wk.
    1
    2
    3
    blok vir viga.

    Antwoord
  • 27. Wille Kjind q  |  November 12, 2010 om 9:47 nm

    Kroekers! Wag mos lat ek my se rug draai dan blok julle my. Dis unfair!

    Antwoord
  • 28. Olga  |  November 12, 2010 om 11:04 nm

    jy moet mos jou rug draai om weg te kruip.
    1
    2
    3
    blok myself.
    Whoop 😆
    whoop 😆

    Antwoord
  • 29. Wille Kjind q  |  November 14, 2010 om 8:00 vm

    More more!

    Antwoord
  • 30. Olga  |  November 14, 2010 om 9:53 vm

    more, more. Sterkte met dari bondel wasgoed, wk.

    Antwoord
  • 31. Wille Kjind q  |  November 14, 2010 om 4:26 nm

    My se wasgoud het ek gister oggend 5:30 al gewas. Vandag is ek baie bly ek het dit gister gedoen. Behalwe virri reen is ek vandag luier as ‘n luislang

    Antwoord
  • 32. Olga  |  November 14, 2010 om 7:30 nm

    ai, ek kon nie eers vandag bessie se tong laat hang nie. Dit kiza al heeldag.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: