Doer in die donker

November 10, 2010 at 10:26 nm 12 Kommentaar

Suid Afrikaners is tog so behep met alles van oorsee is.  Dis asof ons ons eie mense niks gun nie.  Nie ‘n plekkie in die son wil geen nie.  Ek vind dit tog so belaglik. 

Kom ons vat nou byvoorbeeld huisgenoot.  Dis ‘n Suid Afrikaanse tydskrif.  Al ooit opgemerk dat reblieke soos “mense en hulle dinge” en “sterrekyk”  nooit oor Suid Afrikaanse sangers of akteurs gaan nie?  ensy daar iewers “Skouspel of Tempo” was dan belowe hulle 6 bladsye foto’s.  Omdat ek nog nooit Skouspel of Tempo toe was nie, sal ek gretig daarheen blaai waar ek gewoonlik my blokraaisels opsoek en bogger die res. 

Ai, oor die algemeen is ek dan so teleurgestel dat ek nie eers by die blokraaisels uitkom nie.  Dan kry jy op feitlik elke bladsy ten minste twee twee foto’s van ‘n spesifieke sanger of akteur al asof daar nie hordes ander was nie.  Dit maak regtig waar my hare taai.  “Local is lekker” is dieselfde.  Dis asof die redaksie van juisgenoot bang is hulle gaan nie die bladsye vol kry nie, dan plaas hulle altyd drie foto’s van dieselfde mens.  Verlede week was dit drie van Amor.  *spoeg, kots, kak.*  Die week is dit weer drie van Nicholis Louw.  Wie geen om dat hy sy Merc  ml500 beskadig het?

Hoekom  vertel hulle ons nie eerder wat het van die ouer akteur sangers ens geword nie.  Soos Danie Niehaus se pa?  El weet Al Debbo lewe nog, maar hoe lewe hy?  Waar lewe hy?  Tog wil huisgenoot en ander Afrikaanse tydskrifte ons wys waar Britney Speares woon, watse klere Madonna se dogter dra en watse kostuums Hollywood (WDF) se mense vir halloween gedra het.  Waar op aarde is Davis Gresham deesdae?  Ek het eenkeer ‘n interessante storie oof Charles Jacobie gehoor.  Van ‘n saal wat hy gebruik het wanneer hy perd gery het.  Maar ek kan nie onthou of dit in ‘n kroeg in Nelspruit waar hy volgends die verteller uitgehang het of in sy weduwee se woonstel gehang het en wat was so spesiaal omtrent die saal nie.  Hoekom word ons eie mense, ons eie geskiedenis doer in die donker gelaat maar die volks vreemde mense word week vir week in ons tande gegooi. Dis om van naar te word.  Dit gaan veroorsaak dat ek eerder nie meer huisgenoot sal koop nie, maar eerder Readers Digest dan weet ek byvoorbaar ek gaan nie oor Suid Afrikaanse mense lees nie.

Maar nou moet ek ook oor die Readers Digest teef.  Die oues op my rak wat interessante artikels gedra het en wat ek dus gebêre het, is elkeen amper so dik soos drie van vandag.  Maar nou, nes in die ’80’s en 90’s toe ek Readers Digest gereeld gelees het, het hulle nie blokkies raaisels in nie.  Tjk.

Gedagte van die dag:  Haat, bitsigheid en afkeer versuur net mens se lewe.  So laat ek eerder met Bessie gesels.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Gee vir my ‘n bietjie country Die Land is My land, die Land is Jou land!!

12 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind q  |  November 11, 2010 om 5:31 vm

    Eerste!

    Antwoord
  • 2. Wille Kjind q  |  November 11, 2010 om 5:35 vm

    Ek sien alweer nie my comments nie maar laat ek nou nie teef daoor nie 😈

    Terloops….. Ek het jarrrrre laas ‘n huisgenoot gelees. Ek sal miskien die ding lees as ek lank in ‘n wagkamer of ‘n ding sit en my foun se betterie is pap 😉

    Antwoord
    • 3. Olga  |  November 11, 2010 om 8:59 vm

      more, more. Glo my wk, dis die beste manier om n hg te lees. Dan kry die koper darem waarde vir sy of haar r14, 95.

      Antwoord
  • 4. Wille Kjind q  |  November 11, 2010 om 5:36 vm

    O ja….. More more!

    Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  November 11, 2010 om 8:14 vm

    More

    Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  November 11, 2010 om 8:18 vm

    Op ‘n stadium was daar omtrent net foto’s van Paris en Britney se privaat in die huisgenoot.

    Hoekom? Wie sal kan raai?

    Eendag sal Huisgenoot seker besef die wêreld draai nie om Joost en Steve nie.

    Antwoord
  • 7. seegogga  |  November 11, 2010 om 8:58 vm

    Hoekom enigiemand wil weet watter klere enige ster hetsy Suid Afrikaans of internasionaal gedra het, het nog altyd my verstand te bowe gegaan. Is daar niks interessanters waaroor hulle kan skryf nie>

    Antwoord
  • 8. Olga  |  November 11, 2010 om 9:02 vm

    krappie, wat ek lagwekkend vind is die feit dat hulle in sterrekyk die ontwerper van elke mens se klere noem. Dis mense soos ek en jy wie hg lees. Waar gaan ons klere koop? Al die klere advertensies pis my bigtime af.

    Antwoord
  • 9. Charms  |  November 11, 2010 om 1:26 nm

    Ek lees gladnie die huilgenoot nie – en ek glo nie ek mis iets nie. Ek sal eerder ‘n tjoklit koop met die geld.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  November 11, 2010 om 2:44 nm

      ek dink ek moet dit ook bgin doen.

      Antwoord
  • 11. hx  |  November 11, 2010 om 5:33 nm

    Well done, voel nes jy!! Koop die HG vir die blokkiesraaisels, en lees dan van verveeldheid die res…eintlik net die kortverhaal…

    Antwoord
  • 12. Olga  |  November 11, 2010 om 6:22 nm

    welkom hx. Ek kom nie eerr by die kort verhaal uit nie. Die heat gekoop tot ek besef het hulle gee die locals nie plek nie. Ek meen, hoeveel kan mens vat van paris hilton en lil kim se vermoee om hul onderklere te vergeet? Toe kom ek agter people het bladsye advertensies. Ai, tog, ek stel nie belang in almal se indiskressies nie. Ek moet dalk maar in time bele.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: