Gee vir my ‘n bietjie country

November 9, 2010 at 9:46 nm 24 Kommentaar

Met banjo kitaar en tamborein. Ai, tog!!!! Wie van ons kan sê ons ken nie ‘n country liedjie nie?

Voor die 1940’s, Was die genre beter bekend as “hillbilly” musiek. Toe begin die aanhangers die naam beledigend vind en “Country en Western” musiek word die alom aanvaarde naam vir die musiek. Dis eintlik ‘n samestelling van tradisionele en popmusiek. Vandag natuurlik bekend as country musiek. Ek is dol oor musiek. Ek kan self Schubert, Beethoven en Nico Carstens in klein dosisse vat. Maar kom ek bly maar by Country musiek.

Destyds was die koning ook ‘n country sanger, bekend as die Hillbilly Cat. Kan julle dit nou glo? Verskillende lande se mense het hulle vaderland om verskillende redes verlaat en in elke groep sou daar ‘n musiek instrument gevind word. Die mense het dan saam gekom en musiek gemaak. Ag, daar was skuurdanse gehou en dan het die instrumente te voorskyn gekom. Destyds was die vioole, trekklaviere, banjo, mandeleine en kitare as die edel instruments van Country musiek gesien. Hulle het dit as lasterlik gesien dat dromme in Country musiek gebruik kan word. Tog het hulle later van plan verander.

Texas word eintlik as die mekka van Country musiek gesien en tog wil al wat leef en beef en Country sing in Nashville Tennesee kom. Dink aan mense soos Dolly Parton, Kenny Rogers, Willie Nelson, Don Williams Jim Reeves en jy dink aan Country musiek. Laat ons nie Olivia Newton John, Loretta Lynne en Charley Pride vergeet nie. Self Bon Jovi het ‘n draai in Nashville gemaak en “Who says you cant go home” gesing. Vandag kry jy nog stunners soos Taylor Swift, Leanne Rhymes en Carrie Underwood wat countyliedjies uitlryg.

Die Nashville en Texas mense het miskien die musiek styl op die map gesit maar dan is daar natuurlik ook ons eie mense nê. Wie kan Bobbie Angel aka Robert Engelsman, Lance James, Sally Vaughn, Billy Forrest en Charles Jacobie se aandeel miskyk? My all time favourite is Bobby Angel met “green eyed angel, The door is always open, Sunday morning coming down”. Wie het nog nie Gene Rockwell se “Heart” of I dont wanna play house van Barbara Ray gehoor nie? Nog ‘n great song van Barbara Ray is “Rikkitikki island train.” Tommy Dell met “little Rosa en Teddybear” het menige trane laat loop.

Cora Marie het haar deel gedoen en dit nogal in Afrikaans. Dink maar “gee vir my ‘n bietjie country en gee haar ‘n roos.” Whoop! Whoop!!!!!! Joanna Fields, Francois Hayes, die Cambells. Natuurlik het ons ons deel gedoen.

Gedagte van die dag: Afrikaans is lewendig. Geniet dit net.

Advertisements

Entry filed under: Musiek.

Rich girl Doer in die donker

24 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  November 9, 2010 om 9:57 nm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Giovannoni Claudine  |  November 9, 2010 om 10:11 nm

    Of course you are right!
    I lived in Wyoming (ever heard of it?) for one year, a very long time to get the best of country music… not the one you hear in Tennessee and I saw Kenny personally playing and singing… it was long ago, indeed, year 1980!
    But I guess 30 years ago everything was quite different… but as well, living among these rough people was an experience…
    Serenity :-)Claudine

    http://claudine2007.splinder.com

    Antwoord
  • 3. seegogga  |  November 10, 2010 om 12:29 vm

    ek is mal oof HEART! van Gene Rockwell. Nou, na al die jare, bly dit steeds vir my besonders. En Dolly Parton is ‘n baie goeie komponis!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 10, 2010 om 8:40 vm

      dis n gr8 song krappie. ek het die vriendin wie tot vandag nog se dat gene nooit heart op konserte gesing het nie. Weet iemand hoekom nie? As sy egter op n konsert was, het hy dit wel gesing.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  November 10, 2010 om 6:55 vm

    Dit is nogal ironies – in SA sal mense nie sommer erken dat hulle van country hou nie. Dit is so commin soos n mullet. In Amerika is Dolly Parton vandag nog baie gewild, sy het selfs so 2 of 3 jaar terug by die Oscars opgetree. Miley Cyrus is tog ook eintlik n country sangeres.

    Ek hou van Bony Fingers van Matt Hurter. Ek het nogal ook n sagte plekkie vir Teddy Bear van Tommy Dell. Daar is seker geen ander lied wat die goedheid van mense so mooi illustreer nie. Die Suid-Afrikaanse Country sangers kry nie die lof wat hulle verdien nie.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 10, 2010 om 8:45 vm

      soos bobby angel wie weggewys was oor sy naam en sy skeeloog.

      Antwoord
  • 7. Xena Phoenix  |  November 10, 2010 om 7:00 vm

    O ja – as ons van internasionale Country sangers praat – kan ons darem nie van die man vergeet wat 3de gekom het in n John Denver Look-a-like kompetisie nie. Ek is nie seker hoe die wenner en opvolger meer na John Denver kon lyk as die man in vlees en bloed nie, maar dit bly n goeie storie. En Denver het n goeie paar treffers gelaat. AnnieS Song, Leaving on a Jet Plane, Rocky Mountain High, Thank God I am a Country Boy.

    Antwoord
  • 8. Olga  |  November 10, 2010 om 8:28 vm

    more, more. John denver was beslis een van die pilare van country musiek. Hy moes beslis n helder oomblik gehad het toe hy ‘I’m leaving on a jetplane’ geskryf het.

    Antwoord
  • 9. Olga  |  November 10, 2010 om 8:33 vm

    welcome giovannoni. I have never heard of wyoming. 😉 not even read about it in any louis l’amour westerns.

    Antwoord
  • 10. Olga  |  November 10, 2010 om 8:48 vm

    ek is verbaas dat john denver nooit n liedjie geskryf het oor hoe hy derde gekom het op n john denver look alike kompetisie nie. 😆 dit was n mase tema vir n country liedjie.

    Antwoord
    • 11. Xena Phoenix  |  November 10, 2010 om 9:03 vm

      Wel, as jy die dag nie eers meer na jouself lyk nie, dan het jy seker probleme. Natuurlik sal jy daaroor moet sing.

      Antwoord
  • 12. Olga  |  November 10, 2010 om 9:14 vm

    wat het hy daaroor gesing? Ek dink ook as bobby angel n liedjie moet skryf oor hoe hy weggewys was oor sy skeel oog, gaan hy n kits treffer he.

    Antwoord
    • 13. Xena Phoenix  |  November 10, 2010 om 9:22 vm

      Hipoteties gesproke – ek dink nie hy het daaroor gesing nie.

      Antwoord
      • 14. Koetsie  |  November 10, 2010 om 10:05 vm

        Mense in SA dink dat country mursiek so kommin is sosi railway jop (u shud b so lucky) die 3l ford ini kirage, di 2l coke ini friets en 1l rikilo opi tafel is.

      • 15. Xena Phoenix  |  November 10, 2010 om 10:12 vm

        Ou Koetsie – ek lees juis dat ou Koert van Heerden glo die koning van Afrikaanse musiek is. Wil jy my vertel dat hy nie commin is nie? Ek het al gesien hoe hy kelners behandel en dit is die toppunt van commin.

      • 16. Koetsie  |  November 10, 2010 om 10:14 vm

        Ma kom by a show wa iemand losgooi met thank God i’m a country boy (grt song by the way) dan sien jy hoe di rap en heavy metal luvers ewe drol ini hol sakkie sakkie eni grand classical music mense inval met n 2step.

  • 17. Sonlig  |  November 10, 2010 om 10:20 vm

    Ek was as kind versot op Dolly Parton. Veral “Fly like a Butterfly” en natuurlik “Islands in the Stream” saam met Kenny Rogers. Nie alleen sing sy mooi nie, sy was vir ‘n mooi vrou – seker omdat sy soos een van daardie langbeen poppies gelyk het waarmee ek so graag gespeel het. Maar deesdae lyk haar gesig bietjie “odd” van al die plasitiese sjirurgie.

    Ek hou baie van Shania Twain en Faith Hill en ook van die jonger generasie – Taylor Swift, Lee Ann Rimes en Carrie Underwoord.

    Antwoord
    • 18. Xena Phoenix  |  November 10, 2010 om 10:53 vm

      Oe! Tannie Dolly is ‘n ander een. My gunsteling van haar is 9 to 5. As persoon moet ‘n mens haar ook bewonder – sy word nie verniet die Iron Butterfly genoem nie.

      Sy het haar naam verdien nadat sy met “And I will always love you” getref het. Elvis wou dit cover (dit was ‘n groot eer) en daarmee saam het hy 50% van die kopiereg gesoek. Sy het Elvis gepos en haar lied vir haarself gehou.

      Soos sy self later gese het – sy kan die hele Graceland koop vir wat sy met die lied gemaak het toe Whitney Houston dit gesing het.

      Antwoord
  • 19. Olga  |  November 10, 2010 om 10:59 vm

    genade koetsie, jy gaan slae kry jong. 😆 welkom hoor. Maar deesdae is die job al op die myn. Werk daar nog wit mense op die spoorweg? Die 3l is al n toyota of isuzu double cab, die 2 l is steeds coke en ja, thank God i.m a country boy het hillbillyrock geword. 😉

    Antwoord
  • 20. Olga  |  November 10, 2010 om 11:03 vm

    so ou bitterbek whitney het n dolly lied gecover. Nou toe nou. Sy het wragtig te veel goeie liekers om net een uit te sonder.

    Antwoord
  • 21. Charms  |  November 10, 2010 om 2:14 nm

    Ek onthou as kind het ons amper elke Sondag Babsfontein toe gegaan. Daar was elke Sondag ‘n country show met onder andere Gene, Lance, Sally, Barbara en vele meer. Daar was dan gebraai en geswem en gedans op country musiek. Dit was ‘n fees.

    Antwoord
    • 22. Olga  |  November 10, 2010 om 2:45 nm

      klein wereld charms. Ons het ook dikwels op n sondag soontoe gegaan.

      Antwoord
  • 23. Die goedheid van mense « Herriemerrie  |  November 13, 2010 om 6:10 nm

    […] is egter nie nou belangrik nie.  Olga het my laat dink aan die storie van Teddybear, een van die mooiste voorbeelde van die goedheid van […]

    Antwoord
    • 24. Olga  |  November 14, 2010 om 8:08 nm

      Dankie Grieters.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: