Hey there lonely girl

November 7, 2010 at 11:46 nm 14 Kommentaar

Ken ons nie almal enetjie nie? Julle weetdie ou meisietjie wie swanger raak net nadat sy haar laaste matriek vak geskryf het, Dalk was sy maar graad agt of laer.  Pleks dat haar ouers haar help of beter nog, wanneer hulle sien dat die verhouding raak wat dit nie moet wees nie, neem haar kliniek toe, neem haar dokter toe, aarde tog, neem die kind apteek toe.  Kry haar op geboorte beperking.  Maak ‘n plan met haar vleislus voordat daar komplikasies is. 

Ek dink dikwels die ouers, of ma dan, is ook maar te gemaksugtig om saam met haar tiener dogter by die kliniek te gaan sit.  Dan word daar nou op ‘n troue aangedring omdat Sussie swanger is.  Na die babtjie se geboorte verdof die novelty van die troue of dalk is Pappa dieselfde ouderdom as Sussie, hulle sukkel albei om werk te kry, dalk is hy ouer, uit ‘n ander agtergrond as sy.  Maar hy is dalk ‘n jintelmin.  😆  Hy sal by haar bly vir sy kind se onthalwe.  Maar gou is die enigste kontak tussen hulle net huweliksregte.  Nog voordat sy mondig is, is die regte ook al dun geskuur want sy versorg haarself nie meer soos vroeër nie.  Die rietskraal dogterlyfie het plek gemaak vir donderdye, hang, ja, ek is seker julle weet. 

Daar is soveel dinge wat kan gebeur maar haar eensaamheid maak nou dat sy ‘n vlieënier word.  Van verbeeldingvlugte.  Elke denkbare en ondenkbare siekte tref haar.  Tref haar kind.  Kom Pappa vanaand tuis, dan is daar natuurlik geen koors te bespeur nie.  Die kind is uitbundig en gelukkig.  Môre is hy egter skaars by die werk of die pcm’s begin.  Hy hoor hoe siek die ou kleintjie is, absoluut gloeiend van koors.  Kom hy egter tuis, is kleinding gesond.  Gou hoor jy op elke ontmoeting hoe die kind siek word van verlange na Pappa. 

Arme pappa.  Sussie is heel gelukkig om huisvrou te wees.  Dit is moeite om te gaan werk.  Dalk voel sy ontuis in haar liggaam en bly dus maar liewer tuis.  Onthou sy was dalk nog nie behoorlik agtien toe sy swanger geword het nie.  Dus het sy ook nie ‘n rybewys nie.  Dalk neem haar ma haar na werksonderhoude.  Pappa gee dalk petrol geld, wat by die Koffiewinkel met die groot snye sjokolade koek, geblaas word. 

Een maand hoor jy sy is weer swanger,  volgende het sy kanker.  Dan het sy die baba op die ongelooflikste manier moontlik verloor.  Dit het saam met die kanker net verdwyn.  Volgende hoor jy sy is in die hospitaal want natuurlik is sy weer swanger.  Nou skakel jy die hospitaal, maar hulle het haar nie op enige lys as ‘n pasiënt nie.  Sy kan jou egter die een treurmare na die ander opnoem wat met die fetus verkeerd is, want sy het negatiewe bloedgroep.  Ma en susters beaam alles wat sy sê.  Dan hoor jy die fetus is doodgebore en jy sal in kennis gestel word wanneer die begrafnis plaasvind. 

Dan kom jy agter dat daar al drie maande verloop het want sy is weer swanger en jy was nooit in kennis gestel van die ander enetjie se begrafnis nie.  Ag, voordat jy mooi besef wat aangaan, is dit weer die een blodoortapping na die ander en voor jy mes kan sê is die fetus weer doodgebore en Sussie in sak en as.

Weet julle, dit nou ‘n depressing post vir ‘n Maandag.  So al wat ek verder gaan sê, is:  Mense, asseblief, laat julle kinders dan eerder oorsee gaan oumensies oppas vir ‘n jaar of twee.  Laat hulle iets van hulle lewe maak voordat Sussie se lot ook jou dogter sn is.  Vandag is “worst case scenario’s” maklik om te google en ai, voor jy weet dan vrees jy saam en  versuur ek weer julle Maandag.

Gedagte van die dag:  ‘n Besige mamma is ‘n gelukkige mamma.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Paint my love Rich girl

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind q  |  November 8, 2010 om 6:52 vm

    EERSTE!

    Antwoord
  • 2. Olga  |  November 8, 2010 om 8:05 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 3. seegogga  |  November 8, 2010 om 8:26 vm

    sjoe, dit IS depressing! Op enige dag! Maar die dae van moes troues is lankal verby. Mense behoort nou te besef dat glipse gebeur, maar dat ‘n mens nooit MOET trou en jou lewe lank ongelukkig wees nie. Maak self die babatjie groot, gee vir aanneming, maar asb nie aborsies of MOES troues nie!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 8, 2010 om 1:17 nm

      krappie, ek is met jou met glipse gebeur. Ek is glad nie n bewonderaar van die ‘moet trou’ bruidegom nie. Ek sal wragtig my kleinkind grootmaak voordat ek die ‘shotgun wedding’ goedkeur.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  November 8, 2010 om 9:22 vm

    Goeie More

    Die ou mense het gesê ledigheid is die duiwel se oorkussing. As jy niks het om jou lewe te vul nie, moet jy dit seker interessant maak. Ek stel ‘n goeie kopdokter voor.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 8, 2010 om 11:02 vm

      dalk kan sy n boek skryf. Vertel hoe sy eerder wou swanger word as werk aanvaar wat haar aangebied was.

      Antwoord
  • 7. leonvonmoltke  |  November 8, 2010 om 10:24 vm

    My jongste boet het die voorreg gehad om ‘n paar maal oorsee te gaan werk. Die laaste plek was vir hom wonderlik en hy het die mense pas weer gaan besoek saam met sy vrou en dogtertjie. Ek stem saam met jou oor die oorsee-ganery.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  November 8, 2010 om 10:54 vm

      ek het geen probleem met n oorseewerkery vir skoolverlaters nie. Dit kan jongmense n belangstelling in die lewe gee. Dan het hul nif google, peste en plae nodig nie.

      Antwoord
      • 9. Jendia  |  November 8, 2010 om 6:12 nm

        Aag sharup wat wedt jy

      • 10. Olga  |  November 8, 2010 om 9:57 nm

        Seker nie veel nie. En jy?

    • 11. Jendia  |  November 8, 2010 om 6:15 nm

      Wat kry hule oorsee?

      Antwoord
      • 12. Olga  |  November 8, 2010 om 9:57 nm

        Ponde, dollars en euros.

  • 13. Wille Kjind q  |  November 8, 2010 om 9:26 nm

    Joh! Straight!

    Antwoord
    • 14. Olga  |  November 8, 2010 om 9:56 nm

      😆 Niks ompaaie nie, onthou!!!!!!!

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: