Vat jou goed en trek

November 2, 2010 at 12:31 vm 31 Kommentaar

Ek dink die persoon wie in die buiteland gaan vakansie hou, ‘n mens ontmoet, verlief raak en daar bly, kan ek voor respek hê.  Alles is mos geregverdig in liefde en oorlog.  (Nee, ons land was 1899 tot 1901 laas in oorlog gewikkel.  Ek praat onder korreksie oor die datum en niks anders nie.)

Tydens die eerste en tweede wêreld oor log het Suid Afrika soldate gestuur wie aan die oorlog deel geneem het, maar die oorlog was nie in Suid Afrika nie.  In elk geval, ek dink om jou land, jou familie, jou mense vir liefde prys te gee, is edel.  Maar vir die persoon wie sy Vaderland verlaat om “‘n beter lewe, ‘n veilige lewe, meer geld , meer sekuriteit ens”  te gaan soek?   Aikona.  Die persoon het soos ‘n lafaard gevlug.  Ek dink die persoon het die reg verbeur om hom of haar self ‘n patriot te noem.  Die persoon het na my mening die reg verbeur om sy taal te praat.  Toon dan ten minste die nuwe land wat jy gekies het vir die beter, veiliger en ryker lewe die respek of dan dankbaarheid vir die heenkome wat jy daar vind deur hulle taal aan te neem.  Deur jou kinders wie daar gebore is, die taal van hulle nuwe land te leer en getrouheid teenoor die nuwe land in elke opsig.  Maak ‘n huwelik daarvan.  Jy het uit vrees of hebsug jou rug op jou land gedraai en ‘n ander heenkome gaan vind. 

 Doen ons, wie agter bly die eer aan en bly weg wanneer dinge in jou ou land verbeter het.  Moenie dan met jou  kamma  trots terug kom en ‘n werk kom opneem wat die mense wie agtergebly het om die land veilig te maak, om die land leefbaar te maak, om die land ekonomies sterker te maak toekom nie.  Jy verdien nie die werk nie.  Jy verdien nie die huis wat jy met daardie dollars, ponde of euros kom koop tussen ons nie.   Gaan spandeer daardie dollars, ponde en euros in die land wat jou geherberg het.

Gedagte van die dag:  Dis net Olga wie so voel.  Elke mens is op sy eie keuse geregtig.

Advertisements

Entry filed under: Naarhede.

Vuur en vlam My liedjie vir jou

31 Kommentaar Add your own

  • 1. toortsie  |  November 2, 2010 om 7:31 vm

    More Olga. Ek sien jy voel baie sterk hieroor. Ek respekteer jou siening, want ons het mos maar almal verskillende sienings. Ek voel weer elkeen moet maar vir homself besluit wat die beste keuse is vir hom/haar en hulle gesin…. Lekker dag!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  November 2, 2010 om 8:22 vm

    EEERRRSSSTTTTEEE

    Antwoord
  • 3. seegogga  |  November 2, 2010 om 8:23 vm

    Liewe Olga, ek sien ook jou sterk gevoelens. Maar as alles wat jy se waar is, het ons mos nou almal Xhosa gepraat – of Boesmantaal! Onthou, die Hollanders, Franse Hugenote, Die Duitswesters en ja selfs die Engelse, het toeka se tyd presies dieselfde gedoen. Verder leef ons mos deesdae in ‘n “global village”. Om London, Parys of Australie toe te gaan, is nie baie anders as om van Kaapstad Johannesburb toe te gaan nie.
    Laaste woordjie. Jy het die laaste twee oorloe vergeet: die grensoorlog en die plaasmoorde, wat ook ‘n tipe oorlogvoering is.

    Antwoord
  • 4. olga  |  November 2, 2010 om 8:29 vm

    more, more. Toortsie, eintlik voel ek n vy wat ander mense doen. Die mense wie so agter geld aan buiteland toe draf, kan daar bly. Maar as dinge in S.A stabiliseer, dan moet hul bly waar hul is. Nie terug kom ‘huis’ toe nie. Jong mense wie n jaar of 2 in die buiteland gaan werk dan terugkom welkom, mense wie verban was, hul kinders afr geleer het of afr met mekaar bly praat het, lig ek my hoed voor. Die wie agter die ‘beter’ lewe aangegbaan het, geniet dit.

    Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  November 2, 2010 om 8:37 vm

    Ek dink enige jongmens oorweeg dit twee keer ‘n maand om vir ‘n rukkie oorsee te gaan. Die klem is egter op ‘n rukkie, jaar of drie en dan terug te kom. Dit gaan maar oor ervaring.

    Seegogga

    😉 Ek moet byvoeg dat Afrikaans darem ‘n trots Suid-Afrikaanse taal is. Dit was hier in Suid-Afrika ontwikkel. Dalk met ‘n goeie skoot Hollands, maar onthou dat die Hollanders daarop neer gesien het.

    Tot na die Anglo Boere-oorlog het mense Afrikaans as ‘n grap beskou – nie goed genoeg vir die Bybel, om in te skryf, dig of bid nie. Dit was eers met Winternag van Marais wat daar besef is Afrikaans is ‘n taal. Wat op geen punt onwaardig is nie.

    Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  November 2, 2010 om 8:47 vm

    Oor diegene wat geëmigreer het – wel, ek weet nie juis nie. Dit is wel so dat jy nie twee goed kan lief hê nie. Jy kan nie jouself as ‘n Aussie en ‘n Suid-Afrikaner beskou nie. Dit is een van die twee of niks.

    Sal natuurlik baie snaaks wees as al daardie “kriminele” doer onder meer Afrikaans as hulle weergawe van Engels praat.

    Ek het wel geen tyd vir die wat gemaklik oorsee sit en dan die heeltyd hulle monde oor SA uitspoel nie. Hulle het niks goeds te sê nie, maar wil oor alles gehoor word.

    Daardie voorreg het hulle verloor die dag wat hulle SA se stof van hulle voete afgeskud het omdat hulle aan spookstories en Siener van Rensburg geglo het.

    Antwoord
    • 7. olga  |  November 2, 2010 om 10:04 vm

      grensoorlog was met aan die grens krappie. Dit was daar om die ongewensdes uit te hou. Reeds omdat ons voorouers hier kom nes skrop het en nie xhozas, san, griekwas ens was nie, het hul uit al die tale n taal, ons taal, afr geskep en hul moedertale in die vaderland van heenkome GELOS nie waar nie? Kan jy jou andersins die kakofonie vn tale voorstel? Skuld jy, Suid Afrikaner wie in aus, gb, vsa gaan nesskop om watter rede ookal, hul nie dieselfde nie? As jy Afrikaans wil praat, bly in S. A.

      Antwoord
      • 8. olga  |  November 2, 2010 om 10:14 vm

        ag ekskuus krappie. Moenie die plaasmoorde se kriminaliteit toesmeer deur dit oorlog te noem nie. Watter oorlog sal jy dit wil toedig? Dit is kriminele dade. Die plaasmense word uit hebsug vermoor. Hulle word vermoor omdat die een of ander vrotvel weet hy gaan deur die een of ander ekskusie los kom. Ek glo die plaasmoordenaars het nooit vir die slagoffers of op die betrokke plaas gewerk nie. Die plaasmoorde word uit lae begeertes van kriminaliteit gepleeg.

  • 9. seegogga  |  November 2, 2010 om 9:49 vm

    Ek is darem eens met jou wat Afrikaans betref. Dis inheems en wonderlik! Daarom dat ek hoop dat die SuidAfrikaneers oorsee steeds hulle kindertjies Afrrikaans sal leer en so die “wereldtaal” versterk. Hy sal dalk nog ‘n paar Engelse, Franse, en Aborigin en Spaanse woorde bykry met diie jare. Op die ou einde is ons weer terug in die ou testament- met net EEN taal wereldwyd( wat geskryf word sonder klinkers ens soos die sms taal ook teruggeaan het na die Bybelse tye!). ( ‘n Mens moet jou verbeelding gebruik)

    Antwoord
    • 10. Matahari  |  November 2, 2010 om 10:37 vm

      Afriekaans n wereld taal word soos in die ou bybel? dit was darrem n lag werd. Dit was nou n skreeu. In argentinia is n afriekaanse kolony. Die afriekaans wat hulle daar praat is van so n aart dat ons afriekans praters dit glad nie verstaan nie. Dis meskien oordat hulle met baie swaer aksente praat. Ek wonder hoekom mense altyd godsdiens by so n kontrovesiele debat wil insleep. Want in sa is meeste boerekerke ook maar inheemse kerke. As die landsverlaters hulle godsdiens in sa kan los vir die vleispotte hoekom sal n inheemse wat netso veel aansien oorsee het as sepedi of tswonga vir hulle saak maak?

      Antwoord
      • 11. Olga  |  November 2, 2010 om 12:31 nm

        Wonder ek nou ook Matahari.

  • 12. stokstert  |  November 2, 2010 om 9:52 vm

    Jy veralgemeen nou darem verskriklik…..

    Antwoord
    • 13. olga  |  November 2, 2010 om 10:07 vm

      motiveer asseblief jou siening van my veralgemening stokkie.

      Antwoord
  • 14. stokstert  |  November 2, 2010 om 10:26 vm

    Daar is baie uiteenlopende redes waarom mense (Uit alle lande in die wêeld) vertrek na ander lande toe. Ek self ken Suid Afrikaners in die buiteland wat onuitspreekbare dinge meegemaak en aangedoen is in SA en wat daarom die land verlaat het. Dit verstaan ek heeltemal. Ek sal dit nie in my kop haal om so iemand ‘n lafaard te noem nie, want daardie dinge het nie met my gebeur nie. En ek ken fortuinsoekers wat geen goeie woord het vir die land nie. Dit verstaan ek glad nie. Ek ken mense wat probeer om vir hulle kinders iets beters te bied. Dit verstaan ek gedeeltelik. Nog steeds kan ek hulle nie lafaards noem nie. Wat ek wil sê is dat per geval die redes verskil waarom mense nie in hul geboorteland woon nie. En om te verwag dat iemand wat jy nie ken nie en van wie jy die stiuasie en agtergrond nie ken nie sy moedertaal afsweer is onredelik en en dit stink eerlikwaar ‘n klein bietjie na jaloesie. Maar ek kan verkeerd wees.

    Antwoord
  • 15. Xena Phoenix  |  November 2, 2010 om 10:51 vm

    Ek is eerlik waar elke keer verstom oor die aggressie wat die onderwerp keer op keer uitlok.

    Antwoord
    • 16. toortsie  |  November 2, 2010 om 11:42 vm

      en ek het heel onskuldig dit begin toe ek opgewonde was dat mense in afrikaans moet blog!!! dis teen daardie agressie wat ek vandag geskryf het….

      Antwoord
      • 17. Olga  |  November 2, 2010 om 12:30 nm

        Watter agressie sal dit wees?

  • 18. olga  |  November 2, 2010 om 11:03 vm

    stokkie, ek neem aan jy voel so sterk om dat jy met jou gat in die botter in die buiteland sit en wag dat jaloerse ek en die jaloerse ons wie agtergebly het die gevaar, depressie en agteruitgaan op alle gebiede hokslaan, dan gaan jy terug kom en probeer om jou JARE IN DIE BUITELAND te regverdig. Ek weet waarna ruik dit.

    Antwoord
    • 19. stokstert  |  November 2, 2010 om 11:10 vm

      Ek is jammer. My bedoeling is nie gewees om enigiemand te beledig nie. My laaste opmerking was onvanpas.

      Antwoord
  • 20. BB  |  November 2, 2010 om 11:15 vm

    My se moeder het ook hierheen ge-imigreer net voor 1980 – ek is nou aangetroude,stief,skoon-kind van die Afrikaner. Ek roep myself Afrikaner, ek vereenselwig my met hulle (nou nie graag die kommin klompie nie :mrgreen: ), maar ek huldig my moedertaal ook nog alliepad en het my kinders dit ook geleer – hulle het ‘n stel oupa/ouma/ooms/tannies/niggies/nefies wat nie die voorreg het om Afrikaans (nevermind English) te verstaan nie.
    Ek sê hierdie net omdat ek saamstem oor omstandighede – en ek sterk voel daaroor dat jy jou moedertaal in jou hart behou. Dit huldig. Dit lees, skryf en práát!
    Ek dink net dat ongelooflik baie mense nog in SA is, NIE “om die land veilig te maak, om die land leefbaar te maak, om die land ekonomies sterker te maak” NIE, maar bloot omdat hulle weens verskeie redes (soos kwalifikasies, finansies, familiedruk ens) nie kán emigreer nie. Daar is hordes mense wat “in the blink of an eye” sou trek, as dit so maklik was – cause frankly my dear, dis regtig lewensgevaarlik hier by ons – elke dag. 😦
    Dit is ‘n vreeslike teer onderwerp – en glo ek, kan slegs regtig op ‘n one-on-one basis aangespreek word – elke ou sal beslis sy eie (waarskynlik heel aanvaarbare rede) kan gee.

    Ich bin ein Afrikaner 😉

    Antwoord
    • 21. Olga  |  November 2, 2010 om 11:25 vm

      bb, ek is die 2de geslag uit my fam wat in Suid Afrika gebore is. My voorouers mag dalk hul lewe lank in hul moedertaal gedink het. Omdat hul egter die land hul sn gemaak het, was die moedertaal in die land agtergelaat. Ek het wel al genoem dat my oupa Afr n bastard language genoem het. Ek dink hy sal van verbasing opkom as hy moet weet hoeveel van sy nasate het einste bastard language geneem en hul eie gemaak. Dan ook, in alle eerlikheid, ek het op die stadium geen maar geen begeerte om te emmigreer nie.

      Antwoord
  • 22. Olga  |  November 2, 2010 om 11:16 vm

    jy is op jou mening geregtig stokkie. Die lewe ruik immers nie na laventel nie.

    Antwoord
  • 23. Xena Phoenix  |  November 2, 2010 om 11:23 vm

    Soos oom Neelsie sou sê:

    Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie.
    ~ C.J. Langenhoven

    Antwoord
    • 24. Olga  |  November 2, 2010 om 11:26 vm

      wyse man, die oom van jou.

      Antwoord
  • 25. Xena Phoenix  |  November 2, 2010 om 11:24 vm

    Hoe min opinies sou daar in die wêreld gewees het as ons almal die moeite moes doen om eers ‘n saak te verstaan en dan te beoordeel!
    ~ C.J. Langenhoven

    Antwoord
    • 26. BB  |  November 2, 2010 om 12:44 nm

      Dan was ons dalk almal met borshare en ghoene ge-issue :mrgreen:
      Die wyse oom van jou het ‘n paar extra female hormones gehad, Xena 😆 is net ‘n female hormone wat verstaan dat bevooroordeeld wees nie ‘n sonde is nie – die lewe sou verskriklik vervelig gewees het, ja!

      Antwoord
  • 27. seegogga  |  November 2, 2010 om 12:49 nm

    Sjoe! Die hare waai!!! Afrikaans, gemodifyde wereldtaal, is tong in die kies, omdat so baie Afrikaanssprekendes in so baie ander lande woon. Gebruik julle verrbeelding oor al die moontlikhede.
    Oor oorlog: Die grensoorlog was wel op die grens, maar het feitlik elke huis binne Suid Afrika geraak: Almal wat mans, seuns , kleinseuns of nefies of skoonseuns gehad het, is ernstig daardeur geraak. Plaasmoorde? – gaan lees bietjie daaroor op. Dis veel meer as blot kriminele.
    Godsdiens, nie hier te sprake nie, behalwe om die heel ou tyd aan te dui, toe die wereld blykibar net een taal gehad het, en later. in Grieks en Latyn, nie al die klanke neergeskryf het nie.

    Antwoord
    • 28. Olga  |  November 2, 2010 om 1:53 nm

      as daar nou weer n babilse toring gebou moet word krappie, sal ons met stomheid geslaan word. Ek gee nie om wat die een of ander slim mens oor plaasmoorde se nie. Ek kan dit nie as n ‘oorlog’ regverdig nie. Dit is boewery.

      Antwoord
    • 29. Menu  |  November 2, 2010 om 9:01 nm

      Dit gaan seker ratting creols genoem word.

      Antwoord
      • 30. seegogga  |  November 3, 2010 om 11:15 nm

        Ag, Olgatjie, miskien is ‘n bietjie stomheid goed, die dat ek nie gister reply het nie. Maar ek hou niks van jou stomheid nie! Is jy kwaad vir my? Hoekom lees jy nie meer my bloggie nie? Ek mis jou kommentaar! En ek het so ‘n gevoelente jy gaan kwaai wees met my.

  • 31. Olga  |  November 4, 2010 om 8:32 vm

    ek is kwaad vir niemand nie krappie. Ek het gster die sowat 400km pta toe afgele. Sien, ek swyg nie omdat ek sulk nie. Ek gaan nog n ander kwessie ook aanvoer. Gee my net tyd om my gedagtes te orden.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: