Life is life

Oktober 25, 2010 at 10:18 nm 13 Kommentaar

Hoekom is daar soveel ongelukkigheid in die wêreld vandag? Nee, wag, laat ek van die wêreld wegbly. Hoekom is daar soveel ongelukkigheid in Suid Afrika? Ja. ja!!! Ek, beter as sommige ander besef ons lewe met werkloosheid, misdaad, diskriminasie ens, ens, ens, saam. Elke dag! Ek wil nie eers daarop ingaan nie, ek voel te gelukkig, hier waar ek stoksiel alleen sit met Bessie se asemhaling agter my, natuurlik het Rusty haar weer van haar matras af gekyk.

Nou, ons kan daar bylas deur onsself ongelukkig te maak, of ons kan ons lewe lei en probeer om so gelukkig as moontlik te wees. Daardeur kan ons dalk die mense naaste aan ons ook gelukkig maak.

Kom ons probeer tog net. Laat ons ons nie blind staar teenoor die ongelykheid van die arbeidsmark nie, laat ons ons nie blindstaar teen die moord, verkragting, diefstal en siektes nie. Kom ons raak so besig om iemand ander gelukkig te maak dat ons aan die geluk aansteek en self gelukkig wees. Geluk is tog ook uiters aansteeklik. Raak so besig om ander te help oppad na geluk toe dat jy nie tyd gaan hê om aan jou eie probleme te dink nie.

Gedagte van die dag: Leef jou lewe, een minuut, een uur, een dag op ‘n slag.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Good vibrations Woefie is my kolliehond

13 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Oktober 25, 2010 om 11:27 nm

    Eerste! Wyse woorde, Olga! ‘n Mens kies of jy die goeie of die slegte van elke situasie wil sien, en ‘n vrolike vlam klap en kraak en laat die swaarkry lekkerkry raak ( met apologie aan Langenhoven)

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 26, 2010 om 8:30 vm

      aanhaalbare man, die langenhoven, krappie.

      Antwoord
  • 3. Wille Kjind q  |  Oktober 26, 2010 om 6:51 vm

    Tweedeste! More more!

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Oktober 26, 2010 om 7:07 vm

    Drieste

    n Padda by n seekat liedjie. 🙄

    Leef jou eie leef. Jy kan tog niks doen aan wat ander mense met hulle lewe doen nie.

    Antwoord
  • 5. Twilight  |  Oktober 26, 2010 om 7:19 vm

    Is waar. Ons laai veels te veel bagasie op onsself.

    Antwoord
  • 6. Olga  |  Oktober 26, 2010 om 8:37 vm

    mense le maar heeltyd op die loer na ander se lewens om geur aan hul eie lewens te gee. Tog sal hul nie vir n
    vy n vinger lig om die persoon oppad na geluk te help nie.

    Antwoord
    • 7. Xena Phoenix  |  Oktober 26, 2010 om 5:27 nm

      Hoe arm moet jou lewe nie wees as jy geur net uit ander mense se lewens kan kry.

      Antwoord
      • 8. Olga  |  Oktober 26, 2010 om 5:37 nm

        hulle het nie n bessie of toughey in hul lewens nie.

  • 9. toortsie  |  Oktober 27, 2010 om 7:50 vm

    en al is ek nou kommentaar nr 9 is ek eintlik VYYYFFFFFDDDDDEEEE!!! Olga, vandag praat jy MY TAAL! Ek like dit ek like dit ek like dit!!!!…… As jy jou verbeel dat jy gelukkig is, glo jy dit later self, en is jy sommer gelukkig, en maak jy almal om jou gelukkig, ……. en voor jy jou kom kry….. weet ons nie WAT om met al die gelukkigheid te maak nie!!!! Well done!!

    Antwoord
  • 10. toortsie  |  Oktober 27, 2010 om 8:45 nm

    hoekom ignoreer julle my comment? Nou is ek ongelukkig vir die volgende 3 dae!!! Soos gelukkigheid ‘n keuse is, is ongelukkigheid ook. so…..

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Oktober 27, 2010 om 10:28 nm

      Ekskuus, toortsie, jy het dit so goed gestel, ek kon dit nie beter maak met ‘n antwoord nie, daarom het ek nie eers probeer nie.

      Antwoord
      • 12. toortsie  |  Oktober 28, 2010 om 8:53 vm

        ek het net geterg. 😀

      • 13. Olga  |  Oktober 28, 2010 om 10:27 vm

        😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: