For sentimental reasons

Oktober 18, 2010 at 9:44 nm 13 Kommentaar

Ek is ‘n regte eekhoring. Ek gaar omtrent alles op. Ek verpes die opgaardery, maar kan myself wragtig nie help nie.

Ek het vroeër vanaand na die swart telefoon nommer houer gegaan om vir Ousus ‘n nommer na te slaan. Surprise, surprise. Net die nommers wat ek daarin geskryf het,ag meeste nommers kom nog uit die 1980’s, is nog daar in. Ek het oor die jare heen die nommers opgradeer soos dit verander het. My eie telkom nommer van destyds was dan net 4 nommers lank. Ek het ‘n handgeskrewe lys met (eie en skoon) familie nommers daarop gehad. Dit is helaas net weg.

Ek moet erken, ek het nog nooit kontak met driekwart van die mense gehad nie. Het hulle net op begrafnisse gesien. Ek het die nommers nou wragtig net om sentimentele redes gehad. Ek gaan nie na troues nie. As ek gedwonge na ‘n troue moet gaan, sal ek die bevestiging in die kerk bywoon en verdwyn. Ek het in dertig jaar seker net na agt troues gegaan waarvan vier die afgelope twaalf jaar was. My kinders van ander ouers se troues. Ek het egter elke uitnodiging netjies gebêre.

Maar ek dwaal alweer af. Julle sal julle hande van verbasing saamslaan as julle moet sien wat ek oor die jare alles opgegaan het. Ek het baba klere van al my kinders. Nie alles nie. Net spesiale goedjies wat ek gehou het. Ek het een dooprok waarin alvier gedoop was. Ek het ook ‘n haarsliertjie van alvier van hulle sowel as die naelstringe en die knip wat daarop was. Verder ook die ou naambandjies wat om hulle enkeljies was. Wat gesê het Baba Olga, dr, gewig en datum.

Elke liewe rapport wat hulle op skool gekry het, is ook in die regte jaar se sakkies. ek het hulle teddiebere wat babatyd met hulle geslaap het. Van hulle ander speelgoed van oor die jare ook.

Ek het elke liewe mens (behalwe drie) na wie se ter aardbestelling ek gegaan het se programme ook. Dit is immers die laaste laaste aandenking aan hulle.

Wat gaar julle op vir sentimentele redes?

Gedagte van die dag: Almal wie ons paaie kruis,behoort aan ons saak te maak. Want almal, maar almal, maak saak aan God.

Advertisements

Entry filed under: Sucker, Uncategorized.

All around my hat Doctor doctor

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Gogga  |  Oktober 19, 2010 om 12:16 vm

    Waar sal ek begin…….o ja ek begin by ek het nou aangedring ons soek ‘n huis sodat ek meer plek kan he vir my goedjies.
    Ek het medaljes en sertifikate van toe ek klein was, ‘n naaldknippertjie wat my oorlede ouma gehad het. ek het soveel goed jy sal bang raak.

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Oktober 19, 2010 om 6:17 vm

    Ek haat dit ook om goed weg te gooi. As my naam daarop staan, is die kanse goed dat dit die ewigheid in gehou gaan word.

    Antwoord
  • 3. leonvonmoltke  |  Oktober 19, 2010 om 9:29 vm

    Sommer allerhande klein spesiale goedjies. Niks wat regtig duur en WOW is nie. Goed soos my oupa se Hollandse Bybel, my ouma se knipmes.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Oktober 19, 2010 om 10:11 vm

    een van die dae sal ek moet tent opslaan. Die bereplek raak nou min. Oe, leon, dis mos n grooot bybel met so hier en daar n prent. Ek moet tog hoor wie het my oupa se bybel. Ek wil net kyk nie het. Dit sal n hele laai toele.

    Antwoord
  • 5. seegogga  |  Oktober 19, 2010 om 10:50 vm

    Ek gaar alles op: briewe, boeke, programme van konserte, klere, alles. Ek het nog die babahaarborseltjie wat my ma vir my gekoop het toe ek gebore is. Ek het my kinders se haartjies daarmee geborsel en gaan dit nou vir my dogterr gee wat ‘n TWEELING verwag….

    Antwoord
  • 6. WILLE KJIND Q  |  Oktober 19, 2010 om 1:12 nm

    Eish! Ek gaar net ‘n klomp k@k! Ek moet eintlik begin om my kjinners se sertifikate en goed te bere.

    Note to self……… Hou op se jy gaan dit doen! JUST DO IT

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Oktober 19, 2010 om 1:12 nm

    whoop whoop krappie. Jy is op die bol. My kindertyd speelgoed ens was baie teen my sin uitgedeel. Laat ek jou dit belowe.

    Antwoord
  • 8. Selene Phoenix  |  Oktober 19, 2010 om 1:33 nm

    Hello!

    Ek het altyd alle rande goed opgegaar! Klomp nonsens… maar deesdae gee ek die goed eerder weg!

    Ek het so paar goed van my pa wat ek bêre… los goedtjies van my oumas – maar dis omtrent dit.

    Ek het nog bokse vol goed wat ek moet plek voor kry… maar ek bly dit uitstel, ek sien net nie kans daarvoor nie!

    PS: Olga – wanneer kan ek kom intrek? Net om te slaap ,die dae sal ek in die wildtuin deurbring 😉 Dis darem maar ‘n mooi wêreld waar jy bly! Ek het al vergeet hoe mooi dit is!

    Antwoord
    • 9. Wille Kjind q  |  Oktober 19, 2010 om 8:46 nm

      Dis sowaar ‘n mooi wereld! Ek sal permanent soontoe trek as ek ‘n job en skool vi M kry

      Antwoord
  • 10. Olga  |  Oktober 19, 2010 om 2:15 nm

    only say the word selene. 😆 ek sal nie jou kos eet of jou wyn drink nie. :mrgreen: of saam traipse na wk se oom se tuin nie.

    Antwoord
  • 11. Charms  |  Oktober 19, 2010 om 4:21 nm

    Ek gaar ook maar op. Ek het een boekie per jaar van Rooikop gehou vanaf graad 1; ek het van sy klere en speelgoed gehou; ek hou kaartjies, uitnodigings en begrafnisbriewe, ek het goeters van Ouma, ek het my Pa se skoolrapporte, ek het Oupa se knipmes en sy Bybel. Ek hou tot “briefies” op post-it notes. Dan natuurlik my foto’s – ek het hordes. Ek het ook ‘n obsessie met ou kombuisware. Miskien moet ek nou ophou – ek klink soos ‘n kraai.

    Antwoord
  • 12. Olga  |  Oktober 19, 2010 om 6:42 nm

    oe, ek het gedink dat net ek ‘eekhoring sindroom’ het. Phew! Ek voel nou soveel beter. Dankie dat julle gedeel het. Dis nou behalwe wk. Sy is te neus in die lig om met ons te deel.

    Antwoord
    • 13. Wille Kjind q  |  Oktober 19, 2010 om 8:43 nm

      😳

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: