Kinders moenie in die water mors nie

Oktober 14, 2010 at 11:23 nm 22 Kommentaar

Desjare, daar in  die ’70’s, was water al ‘n groot issue. Ek onthou nog die embleem van destyds.  Die vet blou druppel met die groen blare onder dit.  Daar was destyds inkleur kompetisies, teken of ‘n gedig of opstel skryf oor bewaring van water.

Ek ry eendag van Pelgrimsrus af Graskop toe en wragtig, daar is ‘n bord langs die pad met die teken op.  Sedertdien het dit verdwyn.  Dis nou as dit ooit werklik daar was.

Ek het een oggend in 1984 die kraan oopgemaak en daar het net so modderdruppel uitgeval.  Gelukkig het Homer die vorige aand laaste gebad en gerieflikheidshalwe vergeet om die badwater uit te tap.  Want dit sou mos beteken het mnr moet die bad skoonmaak.  toe was daar darem tweedehandse water om die ablusies mee te doen.  Ook sommer om die toilet mee te spoel.  (Hoekom het ‘n man uitskeiding nodig om wakker te word?)

Ewentwel, vir dae lank het die plaaslike hout maatskappye en die munisipaliteit hulle brandweerwaens gebruik om water by die huise uit te deel.  Ek sien nog hoe het Ousus,  met haar lappop op die heup, Mavis en ek langs die pad gestaan met ‘n paar koekblikke en emmers om water uit ‘n brandweerwa te kry.  Dit was nag man.  Toe het Demoina gekom en die droogte se rug gebreek.  Dit is die een gebeurtenis wat my altyd helder voor die gees val wanneer ek mense sien wie ‘n hondedrol met ‘n sterk water straal stukkend spuit.  Dink net hoeveel liters water dit sal neem om die drol te laat disintegreer en in die gras te laat weg raak.  Dan moet jy in gedagte hou, ‘n hond bollie meer as eenkeer per dag.

Ek het vanmiddag eintlik gegiggel toe ek gehoor het mense van ‘n township in Delmas voel vreeslik beledig omdat hulle donkies en donkie karre aangebied was om water na hulle huise aan te ry.  Dis mense van nedersettings wie nie dienslewering betaal nie.  Ek sal nogal wonder of dit nie goedkoper kan wees om water aan te lê as wat die donkiekarre en donkies sal kos nie.  Hoeveel water gaan buitendien nie verlore met die vervoer in emmers en kanne nie?

Ek is regtig dankbaar vir elke druppel water wat ek kry.  Ek besef dat mense in die stede en dorpe dikwels te kampe het met vuil water.  Self water waar insekte en ‘n tipe wurm duidelik indie water waargeneem kon word.  Ons kry suiwer bergwater wat deur geen suiwerings proses gaan nie.  Daar word soms chemikalieë by ons water gevoeg, maar dis regtig selde.  Geen chloorreuk begroet jou as jy ‘n glas Blyde water na jou lippe bring nie.

gedagte van die dag:  Vader, laat ons asseblief altyd water hê.

Geniet die naweek en bly veilig.

Entry filed under: Moeder Natuur.

Tea for two All around my hat

22 Kommentaar Add your own

  • 1. toortsie  |  Oktober 15, 2010 om 7:59 vm

    Is ek sowaar eerste?

    Antwoord
  • 2. toortsie  |  Oktober 15, 2010 om 8:02 vm

    Olga, ek onthou nog 1970… die hele jaar was waterjaar. Ons skoolwerk, als het daaroor gegaan. en ek onthou hoe my pa elke dag in die gang af gestap het om by die rooistoep te gaan kyk of daar nog nie reen aankom van die Kaap se kant af nie.
    Ek wonder of die regering nie dalk vir elke hophuisie ‘n geut en ‘n tenk kan verskaf nie. As elke huisie darem sy bietjie water kan opvang = dit moet mos ‘n verskil maak?
    EN – sal jy asb hierdie skrywe van jou gaan plak daar by myne? want ek weet nie aldag hoe nie?

    Antwoord
  • […] Wie ek nou al gewaar het wat hieroor geskryf het, is Leon en Xena. Julle moet maar julle water stories ook hier kom vasplak asb! Olga […]

    Antwoord
  • 5. Sonlig  |  Oktober 15, 2010 om 10:03 vm

    Onthou jy nog die plakkaat van die bokkie en die veldbrand Olga? Ek dink mens sien dit nog steeds – veral daar by julle en die plantasies.

    Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  Oktober 15, 2010 om 10:38 vm

    More

    Dit is amper ondenkbaar om te dink eendag gaan ons opstaan en daar gaan geen drinkbare water wees nie.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Oktober 15, 2010 om 11:25 vm

    dit het al met ons gebeur grieters. Gelukkig was daar die vooruitsig van water van elders. Maar as jy praat van die dag dat mense gaan vuisslaan vir die reendruppels, God behoed die nageslag. In alle ootmoed in Jesus naam gevra.

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Oktober 15, 2010 om 11:30 vm

    opgeplak toortsie. Dankie grieters en haar besem.

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Oktober 15, 2010 om 11:33 vm

    dit was waar ek die waterdruppel gesien het son. Saam met dif bokkie met die traan. Ek moet wragtig teruggaan en gaan soek. Ek hoop net daar is n veilige stilhou plek.

    Antwoord
  • 10. Gogga  |  Oktober 15, 2010 om 2:55 nm

    Ek kan onthou toe water so skaars was. Ons het ook op Delmas gebly en die hele skool is afgemars kerk toe twee keer ‘n week vir reen bid sessies.
    daai tyd het ons nie rerig geweet waaroor dit gaan nie maar vandag wens ek ek het harder gebid wnat baie van my pa se vriende het plase verloor in die 80/90 oor daai droofte storie.

    Antwoord
  • 11. Olga  |  Oktober 15, 2010 om 3:48 nm

    ai, dit is n hartseer storie gogga.

    Antwoord
  • 12. Laviga  |  Oktober 15, 2010 om 9:17 nm

    1

    2

    3

    Blok myself!!!

    Antwoord
  • 13. Laviga  |  Oktober 15, 2010 om 9:17 nm

    1

    2

    3

    Blok vir Tannie Ougat!

    Antwoord
  • 14. WILLE KJIND Q  |  Oktober 15, 2010 om 10:43 nm

    .

    Antwoord
  • 15. WILLE KJIND Q  |  Oktober 15, 2010 om 10:44 nm

    hali hali hali

    Antwoord
  • 16. WILLE KJIND Q  |  Oktober 15, 2010 om 10:45 nm

    naand almal. agter os kom ok inni kraal

    Antwoord
  • 17. WILLE KJIND Q  |  Oktober 15, 2010 om 10:56 nm

    o ja….. eks nou eers 12 so ek kanni waterdruppels ens onthou nie 😉

    Antwoord
  • 18. Olga  |  Oktober 15, 2010 om 11:23 nm

    elo wk. Wanneer gaan jy weer die jong klomp flou jol?

    Antwoord
    • 19. Wille Kjind q  |  Oktober 17, 2010 om 10:05 nm

      La la la la la

      Antwoord
      • 20. Olga  |  Oktober 17, 2010 om 11:19 nm

        Die vroumense moet dit drink. 😳

  • 21. Laviga  |  Oktober 16, 2010 om 9:09 vm

    1

    2

    3

    Blok vir Tannie Ousie!!!!

    Antwoord
  • 22. Olga  |  Oktober 16, 2010 om 12:41 nm

    whoop! Whoop!
    1
    2
    3
    blok myself.

    Antwoord

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter