The book I read

Oktober 12, 2010 at 11:13 nm 25 Kommentaar

Nou kyk, tussen musiek en lees? As musiek my eerste liefde was, dan was lees tweede. Ek gaan nie eers met myself probeer uitpluis watter een was eerste nie. Dis ‘n hoender / eier situasie.

Ek kon al goed gelees het voordat ek skool toe is. Danksy my ouer sus en niggie drie jaar ouer. Toe hulle skool begin het, was skool skool hulle mees geliefde speletjie. Ek, my neef (dieselfde ouderdom) en my sussie, een jaar jonger as ek, was die leerlinge.  My sussie en neef sou die pad vat, dan het ek alleen in die klas agtergebly. Daar het die “juffrou” eerste die rook uit my uit gefoeter, omdat ek nie kon lees nie, mind you!  Dan was ek kantoor toe gestuur waar die “hoof” die blou rook uit my gefoeter het. Ai, nood leer seker maar bid, en teen die einde van hulle sub a jaar, glo ek ek  kon beter as hulle lees.

Verbeel jou my wyse ou moedertjie se verbasing toe sy my op vyf jarige ouderdom kry, verdiep in Henry die agste se verhaal. My pa het haar gesê dis die morbiede prentjies wat my fassineer, toe het ek maar vir hom ‘n paragraaf gelees. Ek was agt jaar oud, toe betrap my ma ‘n James Hadley Chase boek, “The vulture is a patient bird” lees. Toe was die hel los. Ek het my kaduks gesukkel om die boek uit die kas te smokkel om klaar te lees. Teen daardie tyd was ek al deur die Agatha Christie boeke.

Ek sal wragtig nie eers probeer voorgee dat ek al die woorde wat ek gelees het, verstaan het nie. Ek het dikwels ‘n woord afgeskryf en my ma gevra wat dit beteken het. Haar reaksie op sommige woorde het later gemaak dat ek my ousus, twaalf jaar ouer as ek se wysheid maar eerder gebruik het.

Ek kan my in die tyd tog so verwonder as mense vir my sê:  “ek lees nie. Nie eers my kinders se rapporte nie.” Arrie hoe arm moet hulle lewens (of myne) dan net nie wees nie. Dis vir my amper net so erg as wanneer ek ‘n mens teekom wie nie van diere hou nie. Ek geniet soveel skrywers se werke dat dit moeilik is om ene uit te sonder. Maar Dick Francis, Dalene Matthee, Catherine Cookson, John Grisham, Evelyn Anthony, Madeline Brent, Elizabeth Webster en Frederick Forsyth se boeke lees ek sommer twee keer. Barbara Cartland se boeke het ek ook verslind toe ek op hoërskool was.

Gedagte van die dag: As jy jou wil verlekker in die lewe, begin elke dag deur iets te vind om voor dankbaar te wees.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Here comes the rain Tea for two

25 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Oktober 13, 2010 om 5:35 vm

    Eerste!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Oktober 13, 2010 om 5:41 vm

    Ek dink nie ek het al ooit in my lewe n Barbara Cartland boek gelees nie. Ek het ook nog nooit n Agatha Christy boek gelees nie. In die laasgenoemde se geval kan ek eerlik se dat ek nie van mystery stories hou nie.

    Ek het wel al n hele paar John Grisham boeke gelees. Ek hou ook van Tom Clancy nadat n mens deur die eerste 300 bladsye gekom het. 😉

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Oktober 13, 2010 om 8:04 vm

      jy mis niks as jy nie barbra c lees nie. Dis ook sulke formule boeje. Soetsappige lot twak. Maar haar verhale lees maklik.
      In watter boek speel ta ena met molestering? Seker in 3kwart. Lol.
      Ek verkies tom keene bo tom clancy. My pa was n agatha christie fan.

      Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Oktober 13, 2010 om 5:48 vm

    O ja!!! Tannie Dalene is my gunsteling, maar ek het n Ena Murruy fase gehad. Waarin ek maklik 10 boeke n week van haar in n week sou lees. (Dalene Matthee het bloot net nie baie boeke die lig laat sien nie.) Vandag nog het ek n sagte plekkie vir Ena Murruy. Sy mag dalk SA se kampioen roman skrywer wees, maar daar is n paar van haar boeke wat n stappie verder is. Vir die rekord: sy het molesterings in stories ingebring lank voor dit mode was. 😉 En die navorsing waarop sy roem is in sekere gevalle n pot snot.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Oktober 13, 2010 om 8:10 vm

      die befaamde molestering was seker maar ta ena se skatryk 30 boer, dr, prok held wie op sy 17 jarige under cover protege verlief raak. Dan skel die wereld en haar maat die meisie uit vir n matrone netta, net om dan agter te kom sy is ryker as die omie sonder n kierie en sy is eintlik lankal 19. He he.

      Antwoord
      • 6. Xena Phoenix  |  Oktober 13, 2010 om 8:14 vm

        😉 😆

        Alhoewel, ek het meer gedink aan “Stuur groete vir Pappa.”

      • 7. Olga  |  Oktober 13, 2010 om 8:22 vm

        hah, kan jy glo, daar is n ena murray boek wat ek gemis het? Ek het weer gedink aan kaalvoet katryntjie, rooikop van saal 7 (ek dink.) het sy of ettie bierman rooikop te koop geskryf?

      • 8. Xena Phoenix  |  Oktober 13, 2010 om 8:38 vm

        Dit was Junior in Saal 7 en Ettie Bierman het Rooikop te koop geskryf.

        Stuur groete aan Pappa gaan oor die dominee wat die bediening verlaat het nadat hy geskei is. Hy raak dan die hoof van ‘n weeshuis. Eintlik ‘n baie hartseer boek. Draai op die einde uit dat die nuwe gemolesteerde kind, sy biologiese kind is en sy eksvrou ‘n alkoholis is. O ja – die meisie het elke aand gebid: “Liewe Jesus, stuur groete aan Pappa.” Haar ma het haar laat glo haar pa is dood. Lees maar eerder self die boek. Ek skryf dit hoog aan.

        Ek persoonlik voel dat elke mens wat Afrikaans magtig is “Plekkie in die Son moet lees.”

      • 9. Xena Phoenix  |  Oktober 13, 2010 om 8:44 vm

        😉

        In die Meisner kliniek was die kind trolliejoggie waarop die chirurg verlief geraak het, darem ‘n gekwalifiseerde pediater van 29. :mrgreen: Daardie boek was darem maar pissnaaks.

  • 10. leonvonmoltke  |  Oktober 13, 2010 om 7:16 vm

    Ek dink alle lesers sukkel maar om te verstaan dat ander mense geen belangstelling daarin het nie. Vir my is dit ‘n kwessie dat hulle nooit die voorreg het om hulle horisonne te verbreed met met wonderlike boeke nie. Maar nou ja, ek het in ‘n omgewing groot geword waar daar mense is wat spog dat hulle nog nooit in hulle lewe ‘n boek gelees het nie.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Oktober 13, 2010 om 8:18 vm

      nog nooit n boek gelees het nie? Eisj. Kry n mens werklik sulke mense?
      My bad boy lees nie juis boeke nie. Ek sal dalk nog daarop in gaan. Hy lees egter die speed and sound van omslag tot omslag. Die fhm lees hy sommer die fotos ook.

      Antwoord
  • 12. Olga  |  Oktober 13, 2010 om 7:58 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 13. Selene Phoenix  |  Oktober 13, 2010 om 8:27 vm

    Hello hello!!

    Ek love lees!! Het nie juis deesdae baie tyd vir lees nie, maar probeer maar Dean Koontz in pas so hier en daar!

    Ek moet ook nog bietjie tannie Dalene se boeke lees – ek weet my Tweeling sal my quiz as ek sê ek het! 😉

    Antwoord
  • 14. Olga  |  Oktober 13, 2010 om 8:36 vm

    😆
    daar is darem nie so baie van tannie dalene se geskrifte nie. Ek het gesien daar is n bundel kort verhale van haar op die rakkd. (of het ek my verbeel?) ek dink jou 2ling verwys na haar bosboeke. Die man van haar wat ek gelees het, huis vir iemand was maar stereotiep. Ek persoonlik haar laaste verhaal, die uitgespoeldes, was nog nie voltooi nie. Ek hoop dis ook in haar bundel kort verhale.
    Hoe was hazyview?

    Antwoord
    • 15. Xena Phoenix  |  Oktober 13, 2010 om 8:41 vm

      Huis vir Nadia. 🙄

      Wag, ek moet gaan werk. Kan nie die hele dag titels regtimmer nie.

      Terloops, ek het haal kortverhaal bundels (daar is 2) ook al gelees. Nie so goed soos haar boeke nie.

      Ek is mal ook haar bosboeke, maar sal wragtig nie vir Pieternella en Susters boek afskiet nie.

      Wag maar, voor Kersfees 2010 sal ek vir julle ‘n Dalene Blog gee.

      Antwoord
  • 16. toortsie  |  Oktober 13, 2010 om 8:38 vm

    Lees is vir my as jy met ‘n BOEK sit en lees. Dit wat ek hier in blogland doen, is sommer net so vinnig kyk. en om deur ‘n tydskrif te blaai is nie lees nie.
    ek LOVE lees!!! loveit lovit mal daaroor…. ens

    Antwoord
  • 17. Selene Phoenix  |  Oktober 13, 2010 om 8:52 vm

    Olga
    Ons gaan die naweek eers Hazyview toe! Jipeee!!!
    Ek weet nie of ek van kort verhale hou nie… dis soos hierdie kort flieks – sukkel om dit te kyk – weti hoekom nie.

    Tweeling
    O ja… ek kon nie die naam onthou het nie! 😳

    Antwoord
    • 18. Olga  |  Oktober 13, 2010 om 10:12 vm

      ek hou ook nie van kort verhale nie. Nog voordat jy agter die swaai van die kolf kom, is die storie klaar. Ons het afr onnie in st4 gehad. Hy het gese mens moet opstel sien soos huisbou. Jy gaan sit en maak ruwe skets. Jy wil sitkamer, eetkamer, kombuis ens hier, daar en waar he. Dan vul jy in. Net soos jy met n huis gordyne hang, meubels insit. Die meubels met n mooi doilie en n ornamentjie verfraai. (moet dalk my posts ook so benader) N kort verhaal ( die uitgespoeldes beslis ook) is vir my soos so n skets.

      Ek het plekkie in die son gelees en gekyk. Die fliek, ja, wat kan ek se? Die storie in die boek wen los hande.

      n Baas vir babilon van ta ena was ook die lees werd.

      Antwoord
  • 19. Olga  |  Oktober 13, 2010 om 9:59 vm

    ek het wragtig n ena murray boek gemis. Sal dit bietjie in ons bib gaan soek. Ai, die bib tannie neem glo elke jaar boeke in na die streek bib. Wag met haar trollie dat hul deur die sisteem gaan en neem hulle weer uit. Hoe koel is dit? Geen wonder die mense gaan net bib toe om koerant te lees nie. ‘my’ bib was net die helfte van hare. Maar as ek boeke omgeruil het, het ek my katalogus (self gemaak) saamgeneem en nie 1 titel op die lys uitgeneem nie. Ek moet se sy was gelukkig om haar boeke dadelik verwerk te kry. Ek het later eenvoudig aangedring dat hul my boeke verwerk soos ej dit uitgeneem het. Hoe moeilik kan dit wees om 700 boeke te scan?
    Ok, maak dit 1400 want jy kannie nuwe boeke uitneem as jou kwota oorskry is nie.
    Soms het dit 6 weke geduur voordat die boeke wt jy ingeneem het, verwerk was. Dan moes ek teruggaan om boeke uit te neem.

    Antwoord
  • 20. Son  |  Oktober 13, 2010 om 3:23 nm

    Probeer bietjie Elizabeth George & Kathy Reichs se boeke ook. Maar as jy kan, begin by die eerste boek te lees, want alhoewel elke boek ‘n storie heeltemal op sys eie is, is daar hoofkarakters wat deurlopend is en hulle lewe gaan aan in volgorde van hoe die boeke verskyn het.

    My eks-man het altyd vir die mense vertel ek lees tot die blikkieskos se ‘labels’ ook. Hy het ook net comics gelees – die dat ons geskei is 😈

    Antwoord
    • 21. Olga  |  Oktober 13, 2010 om 4:02 nm

      ek sal hul probeer. Ek dink amper ek het al kathy reichs so hier en daar gelees. Goed om te weet dit kan van begin af loop. Dankie.

      Antwoord
      • 22. seegogga  |  Oktober 13, 2010 om 11:19 nm

        Sjoe ,ek het bietjie agter geraak met die lesery. Het nou hier ‘n paar skrywers ontdek! wat ek sal moet bykom.Ek moet darem se dat ek op hoerskool lekker Agatha Christy gelees het – en Andre P Brink – die dat Griet my toe nie so beindruk het nie- was nie geskok nie!

  • 23. Olga  |  Oktober 14, 2010 om 8:37 vm

    het jy ook griet skryf porn gelees. Boek met n baie onvanpaste titel.

    Antwoord
    • 24. seegogga  |  Oktober 14, 2010 om 11:22 nm

      Nee. Is dit dieselfde Griet? Want ek is nie ‘n Griet fan nie.

      Antwoord
  • 25. Olga  |  Oktober 14, 2010 om 11:33 nm

    praat jy van marieta van der vyfer se griet skryf n sprokie?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: