Something’s burning

Oktober 7, 2010 at 8:26 nm 22 Kommentaar

Ek hoor vanaand weer hoe graag my Frikkedil vloek. Toe neem dit my weer ver terug. Na toe my Nolie nog ‘n kleuter was. Hy kon net so lelik vloek.

Ek het al genoem dat ek altyd ‘n toeloop van kinders gehad het. Om die een of ander rede was Nolie altyd in die moeilikheid. Hy was die slag vier jaar oud. ‘n Pienk mannetjie met wit hare en ‘n vreeslike humeur. Bad boy was gewild en het selde baklei. Natuurlik met ander kinders as Nolie. Hulle het elke dag vasgesit en net so dikwels handgemeen geraak.

Die spesifieke dag speel die klomk kinders buite. Dan kom die een in: “Tannie, jou Nolie het my gevloek.” Dan die ander: Moek, Nolie het gevloek.” Wharra wharra bing bing. Het later Nolie brandboudia gegee. Steeds hou dit nie op nie. “Tannie, Mammie, Moek wharra wharra, bing bing.” Toe ‘n knippie peper in sy mond gesit. Dit het so effens gewerk maar nie lank nie toe gaan dit alweer. Die keer ‘n knippie kerriepoeier. Hy het gehuil en mag mos nie uitgaan as hy huil nie. Klaar gehuil toe is hy weer uit.

Ek maak maar kos, aandete lê voor. Ag, genade, nie lank nie, toe begin dit weer. “Moek, tannie, tannie, moek wharra wharra bing bing.” Laat ek tog nou noem dat ek toe swanger was met my Tumi. Elke keer as die kinders kom kla, kom Nolie ewe parmantig saam om sy kant te bring. Hy is nie alleen skuldig nie. Elke keer vertel ek hom om nie te vloek nie. Uit moedeloosheid neem ek later ‘n knippie van die spesiale kerriepoeier en sit dit in sy mond. Maar kyk, toe huil hy en ek was so jammer vir hom. Maar, een of ander tyd moet hy leer hy is ‘n seuntjie, nie ‘n matroos nie.

Die trande het geloop. Die snot en kwyl hang en my moedershart kon dit nie hou nie. Toe neem ek hom badkamer toe, was sy ou mondjie en gee hom melk om die brand te keer. Ek tel hom op die kas in die kombuis en verseker hom dag die ander kinders sommer net stout is. Ek wil hom nie laat uitgaan nie, hulle verpes hom en die enigste verweer wat hy teen die groter kinders het is om hulle te vloek. Hy het my later gehelp om vir hulle broodjies te smeer want kinders is mos elke uur van die dag honger.

Arrie tog. Die kinders het begin inkom en hom op die kas aangetref. Die ou vet pienk beentjies wat soos ‘n pendulem heen en weer swaai. Vra hom nogal hoekom kom speel hy nie met hulle nie. Toe vertel hy hulle dis omdat hulle stout is en hom laat vloek. Hy wys hulle toe die tupperware toring waarin die brandgoed aangehou was. Vertel hulle so ewe wys: “Mammie het hielie pepel in my mond gesit. Dit het gebland. Toe het sy hielie kelliepoeiel in my mond gesit. Dit het baie gebland. Toe het sy hielie kelliepoeiel in my mond gesit.” Hy het die kleinste van die vier houers in die lug geswaai. Toe vervolg hy: ” Dit het 4ken seel gebland.”

Gedagte van die dag: Hy vloek nog steeds. Net, nou vloek hy soos twee matrose.

Entry filed under: Jakkals en Wolf, Uncategorized.

The crystal chandelier Lily the pink

22 Kommentaar Add your own

  • 1. leonvonmoltke  |  Oktober 7, 2010 om 9:06 nm

    Hehehehe! Skerp!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 7, 2010 om 10:34 nm

      Leon, vandag, 21 jaar later, wens ek ek het meer kelliepoeiel in sy mond gegooi. Of dit nie so gou uitgespoel nie.

      Antwoord
      • 3. leonvonmoltke  |  Oktober 8, 2010 om 7:16 vm

        Ek probeer maar (gewoonlik te laat) sulke goed in perspektief plaas, want ek het self al agtergekom hoe ‘n MOEWIESE ding die volgende dag eintlik uitdraai om niks te wees nie.

  • 4. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2010 om 9:58 nm

    TESTING 1 2 3

    Antwoord
  • 5. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2010 om 10:00 nm

    TSK!!!!! Ek skree al EERSTE vir ‘n jaar lank!

    Antwoord
  • 6. WILLE KJIND Q  |  Oktober 7, 2010 om 10:09 nm

    Dit 4kin snaaks! Net jammer die stjoepid wordpress (in conjunction with VodaDom) steel my 4KIN comments!

    Antwoord
  • 7. Olga  |  Oktober 7, 2010 om 10:31 nm

    ai, wk, ek weet presies hoe jy voel. Ek het al gewonder wat sal gebeur as ek op ou Sally se keyboard *&^&%$#@#$%^. dan besef ek dis nie Sally se skuld nie. Dis donnerwil vodadom se skuld. Maar dis nou van aandele tjjiep tjiep weggee. Dan is daar ook nie geld vir instandhouding nie.

    Antwoord
  • 8. Xena Phoenix  |  Oktober 8, 2010 om 7:14 vm

    More More

    Antwoord
  • 9. Xena Phoenix  |  Oktober 8, 2010 om 9:29 vm

    Na daardie kerrie het hy seker rede dat sy taal gespice is.

    Antwoord
  • 10. Olga  |  Oktober 8, 2010 om 10:23 vm

    Dan beter ek dit in perspektief sien. Dis my skuld hy vloek so baie.

    Antwoord
  • 11. Sonlig  |  Oktober 8, 2010 om 11:07 vm

    My kinders het ‘n heilige respek vir groen Sunlight seep – hulle ken dit as vloekseep en die bekkies is al ‘n paar keer daarmee uitgewas.

    Olga, wat jy eintlik vir my sê is … ek is besig om my seep te mors??

    Antwoord
    • 12. Xena Phoenix  |  Oktober 8, 2010 om 12:19 nm

      Soos in dodelik ernstig?? Hulle monde met sunlight gewas? 😯

      Antwoord
      • 13. Sonlig  |  Oktober 8, 2010 om 2:06 nm

        Eh….Yup.

      • 14. Olga  |  Oktober 8, 2010 om 11:36 nm

        Weet jy hoe sleg proe dit?

  • 15. Charms  |  Oktober 8, 2010 om 11:34 vm

    By my het die rooi- en kerriepoeier darem gehelp. Rooikop hou tot vandag toe nie veel van kerrie nie. Die storie is tog nog 4ken snaaks.

    Antwoord
  • 16. Olga  |  Oktober 8, 2010 om 1:59 nm

    Nolie hou ook niks van kerrie nie. Hy se dit ‘Backfire’ ek het reeds n goeie stash skoon varkpote waarmee ek wil kerrie maak.
    ek het altyd gewonder hoekom ons ouma gedreig het om ons monde met seep te was. Enige koshuis brak kan jou se, as jy aan n stuk groenseep pruim, dan gaan jy sommer nou nou siekeboeg toe.
    Seuns hou gereeld vloek kompetisies. Dit is hoe hul altyd nuwe woorde en rympies ken.

    Antwoord
  • 17. Laviga  |  Oktober 9, 2010 om 5:57 vm

    1
    2
    3
    Blok vir tannie Ougat!!!

    Antwoord
  • 18. Laviga  |  Oktober 9, 2010 om 7:46 vm

    1
    2
    3
    Blok vir Tannie Ougat weer!!

    Antwoord
  • 19. olga  |  Oktober 9, 2010 om 8:27 vm

    more, more. Hoe gaan dit viga? Hoe was skool die week?

    Antwoord
  • 20. stefaniewerth  |  Oktober 9, 2010 om 11:51 nm

    Oulike storie!

    Antwoord
  • 21. toortsie  |  Oktober 10, 2010 om 7:22 nm

    daar was iets wat ek wou sê toe ek dit gelees het, maar na 20 kommentare is my aandag nou so afgelei…. ek bly sommer stil

    Antwoord

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter