The crystal chandelier

Oktober 6, 2010 at 8:25 nm 11 Kommentaar

In Namibia, in die hartjie van die kusdorpie Swakopmund, sal julle die  KRYSTALL GALERIE aantref.

Hulle belowe ‘n magiese reis deur deur hulle galery en stel nogal nie teleur nie.  Die reis begin by die “krap pit” in die kristal tuin waar jy na hartelus deur die half edelstene kan krap en jou verkyk.  Die galery is natuurlik ook die tuiste van die wêreld se grootste kristal klos.  Dit is reusagtig groot.  Die klos weeg 14 100 kg en word geraam op 520miljoen jaar oud.  Wow, dit is oud.  Die waarde kan natuurlik glad nie in geld bereken word nie.  Dit is werklik groot.  Seker twee mense hoog.  Ek kon nie reg laat geskiet met my ou kameratjie  aan die wonder nie, maar ek het in elk geval probeer. 

Verder belowe ook toermalein in elke kleur van die reënboog en hulle het dit ook.  Daar is (natuurlik) ‘n curio winkel in die gebou waar die mooiste goedjies te koop aangebied word.  Daar is goud en silwersmede in die gebou waar jy jou sak kan gaan skud met die spesiale bestelling vir jouself of jou geliefde.  Dis nou te sê as die Toermalein Juwele Boetiek , jy is reg, in die gebou, se uitstekende juwele volgens die fynste  Duitse standaarde jou nie geval nie. 

Die wonderwêreld toer gaan verder na die kristal grot,  deur ‘n tonnel vol draaie en swaaie wat ‘n replika is van  Otjua Toermalein Mine.   In die galery kry mens regtig die geleentheid om sommige van die aarde se fassinerende meesterstukke te kan sien.  ‘n Kykie na God se versteekte skatte.  Alles uitgestal vir ons om te beleef.  Dit sal regtig elke kind laat  wens om donker gangetjie hier te speel.  Spookagtig donker met blink glimme hier en daar.

Gedagte van die dag:  As jy nie ‘n vriend kan raaksien nie, bêre die verkyker.  Kyk nader aan jouself.

Advertisements

Entry filed under: Goed om te weet.

My R50 Something’s burning

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Wheelbarrow Jack  |  Oktober 6, 2010 om 8:35 nm

    sal ek? dit kan nie erger as kop af nie. eerste.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 6, 2010 om 9:35 nm

      Wie gaan jou kop afhaal oom jack? Welkom, welkom.

      Antwoord
  • 3. seegogga  |  Oktober 7, 2010 om 12:52 vm

    Baie interessant. het nie hiervan geweet nie. Ek hou baie van jou ‘gedagte vir die dag’ idee. Elke dag ‘n nuwe wysheid.

    Antwoord
    • 4. olga  |  Oktober 7, 2010 om 8:03 vm

      soos ek gese het sgogga, ek kon nhe reg laat geskiet nie. Die gang is regtig ‘spooky’ met die glinstering van n kristal hier en daar. Ek, dom olga, kon nie eers my kamera se ‘toorts’ afsit om dit vas te vang nie.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Oktober 7, 2010 om 5:51 vm

    Ek was nog nie daar nie. Ek staan soms verstom oor die aarde se verskeidenheid. Daar is altyd iets wat ‘n mens kan fassineer.

    Antwoord
    • 6. olga  |  Oktober 7, 2010 om 8:06 vm

      dit was n belewenis grieters. Ek was onder die indruk toermalein is liggroen. Wow. Jy kry dit in feitlik elke kleur.

      Antwoord
  • 7. leonvonmoltke  |  Oktober 7, 2010 om 7:23 vm

    Dis nogal ‘n belewenis. Die kinders geniet dit baie!

    Antwoord
  • 8. olga  |  Oktober 7, 2010 om 7:59 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 9. olga  |  Oktober 7, 2010 om 8:10 vm

    ek twyfel geen oomblik daaraan nie, leon, ek het dan die gang se potensiaal raakgesien. 😆 dadelik gewonder wat sou dillie en my seuns daarvan gemaak het. 🙄 ek het my vergaap.

    Antwoord
  • 10. Wille Kjind q  |  Oktober 7, 2010 om 1:16 nm

    Klink super nice! Sal eendag as ek groot is gat loer

    Antwoord
  • 11. Olga  |  Oktober 7, 2010 om 1:31 nm

    Die boetiek maak swierige jvwele. Self tigereye kom swierig getof daar uit.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: