Dit is verby

Oktober 4, 2010 at 9:13 nm 21 Kommentaar

Vanaand kan ek met eerlikheid sê, die wag is die ergste. Ek het vandag my mammogram gehad. Vir die wie belangstel, omdat Oktober borskanker maand is, is daar ‘n 10% afslag op mammogramme.

In elk geval, ek moes vanmôre 4.30 al die huis verlaat. Eers my Tumi op die citybug bussie gekry het. Toe het ek 6 ure gehad om te vul voordat dit tyd vir die mammogram was. Eers verdwaal ek tot Piet gekom het. Ek moes op die Barberton pad wees, maar vra my nie die kuns af nie, daar gaan ek honnerd bedonnerd op die Malelane pad. Kom opgewerk en papnat gesweet uit by die “Women’s wellness clinic.” Ai, so ‘n saampersery is nie vir sissies nie. Gelukkig is ek mos ‘n rissie.

Ek hou voet by stuk die skandering is baie erger as die mammogram self. Maar natuurlik, dit wag vandat jy die afspraak maak totdat jy staan met die uitslae is die heel ergste. Hoekom stres mens altyd so? Dit is nog nie volgende jaar nie, maar as ek net daaraan dink, dan kry ek sommer ‘n hittegloed. Ek was vertel dat hormoonskommelings dikwels verantwoordelik is vir die knopperigheid wat ek gevoel het. Ook vir die pyn. So al wat nou oorbly, is ‘n bekgeveg om te bewys ek soek nie hormoonaanvullings of Eltroxin nie. Oor laasgenoemde gaan ek regtig ‘n ernstige geveg hê.

Gedagte van die dag: Moet nie uitstel omdat jy bang is vir wat moontlik verkeerd kan wees nie, maak werk daarvan, dan is dit gouer verby.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Kung fu fighting My R50

21 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind q  |  Oktober 5, 2010 om 5:28 vm

    Eerste!

    Antwoord
  • 2. Wille Kjind q  |  Oktober 5, 2010 om 5:32 vm

    Geluk Olga! Ek het nog nie eens begin dink aan ‘n afspraak maak nie. Jitte tog! As ek ma net bang was dan wassit ‘n anne storie.

    Ek sal seke eers oor 10 jaar kan gaan. Dis hond besig by my werk en daasi eens tyd vi lunch vatti.

    Antwoord
    • 3. olga  |  Oktober 5, 2010 om 8:56 vm

      dis mos gr8 om besig by die werk te wees wk. Dit meen dit gaan goed.

      Antwoord
  • 4. Laviga  |  Oktober 5, 2010 om 5:32 vm

    Drieste

    Antwoord
    • 5. olga  |  Oktober 5, 2010 om 8:57 vm

      jy is vroeg op viga. Ahhh, dis mos skool.

      Antwoord
  • 6. Wille Kjind q  |  Oktober 5, 2010 om 5:33 vm

    O ja….. More more!

    Antwoord
  • 7. leonvonmoltke  |  Oktober 5, 2010 om 7:07 vm

    Jip, dit gebeur soos blits!

    Antwoord
    • 8. olga  |  Oktober 5, 2010 om 8:58 vm

      net so leon. Mans is gelukkig net.

      Antwoord
  • 9. toortsie  |  Oktober 5, 2010 om 7:25 vm

    Geluk, Olga! Jy is vir ons almal ‘n voorbeeld. Dis net ‘n geval van MAAK DAAI AFSPRAAK! ai toggie…..

    Antwoord
    • 10. Wille Kjind q  |  Oktober 5, 2010 om 7:45 vm

      Jy kan dit wee se!

      Antwoord
    • 11. olga  |  Oktober 5, 2010 om 9:00 vm

      toortsie, noudat dit verby is kan ek se: dis pis. Maar watch my volgende jaar.

      Antwoord
  • 12. olga  |  Oktober 5, 2010 om 8:55 vm

    more, more.

    Antwoord
  • 13. Sonlig  |  Oktober 5, 2010 om 2:19 nm

    Ok Olga, jy’t my oortuig. My afspraak is gemaak. Dit was die maklike deel – nou besk…… ek myself!

    Antwoord
  • 14. Olga  |  Oktober 5, 2010 om 2:24 nm

    Bravo sonlig. Moes jy lank wag om n afspraak te kry? dame was gster vertel dat hier n 2 teke waglys is. Dis nie so erg soos jy dink nie.

    Antwoord
    • 15. Sonlig  |  Oktober 5, 2010 om 2:48 nm

      Ja. Lyk my almal neem die 10% afslag ernstig op. Ek gaan eers op die 25ste.

      Ek dink nou net aan daai antie met die reghoekige tieties op die e-mail wat omgegaan het.

      Antwoord
  • 16. olga  |  Oktober 5, 2010 om 5:21 nm

    ek het did email nog nie gesien nie.

    Antwoord
    • 17. Taurus  |  Oktober 5, 2010 om 5:59 nm

      is dit nie … seer as hulle jou tietie soos n stuk kougom uitrek nie?

      Antwoord
  • 18. Gogga  |  Oktober 5, 2010 om 6:28 nm

    Baie mooi Olga.
    Hier doen hulle nie ‘n mammogram op jou as jy onder 40 is en jy nog nie kinders gehad het nie.
    Maar ek het geskiedenis van daai outjie in ons familie so ek word elke jaar gesonar. Dit is nogsteeds gross maar na 5 jaar is ek al gewoond aan dit.
    Sal eendag laat weet as ek die groot masjien moet gaan loop kuier.

    Antwoord
    • 19. olga  |  Oktober 5, 2010 om 7:03 nm

      het jy ondervinding taurus? Dit is nie leke nie, mbr dit is meer ongemaklik as as seer. Amper soos wann3r jou baba begin te swaar word om op jou skoot te sit.
      Gogga, die jonger vrou se weefsel is eintlik te dig vir n sonar. Tog in hoe risiko gevalle doen hul. Ek is bly jy is darem op die ball met dari outjie. Ek dink buitendien die sonar wat hulle deur jou wil druk is erger as die sonar self. Sedert 1999 was dit die eerste keer dat n dr nie die sonar gedoen het nie.

      Antwoord
  • 20. stefaniewerth  |  Oktober 6, 2010 om 8:43 nm

    Good for you girlfiend! Neem charge van jou lyf en toekoms!

    Antwoord
    • 21. Olga  |  Oktober 6, 2010 om 9:34 nm

      Ons is dit vir ons eie onthalwe aan onsself verskuldig stef.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: