Kung fu fighting

Oktober 3, 2010 at 10:14 nm 14 Kommentaar

Dis Maandag, so ek mag teef ne. Ek het die afgelope naweek saam met my Tumi gaan shop vir klere. Nee, nee! Nie die prys nie, het julle al gesien waar die klere gemaak word? kom ek gee aan almal wie hier lees huiswerk. Gaan gerus jou klere, gebruiksware ens se etikette na en kyk waar word dit vervaardig.

Ons agbare pressie het onlangs weer China toe gegaan en gaan tanne wys blad skud. Ewe skielik kreun elke winkelrak weer met artikels wat sê MADE IN CHINA. Wat het ek teen China? Defnitief nie die mense se oë nie. In China het net die vrou wie ons pressie sy tanne gaan wys lewensreg. Die res? Hulle word nie eers gesien as mens nie. Ons wil SISTERS WITH BLISTERS gaan loop al noem Jacaranda ons vrekking goody two shoes. As ek nou daaraan dink, Jacaranda is heeltemal reg. Ons is GOODY TWO SHOES. Ons wil ons voete willens en wetens vol blase laat skaaf in hoëhak skoen om ons afkeur in die mishandeling van vroue en kinders te wys. Tog steun ons die mense want ons koop hulle produkte. Nie omdat ons wil nie, maar omdat ons moet.

In China gebruik hulle die werkers in die tekstiek bedryf soos slawe. In China het ‘n vrou geen reg het oor haar eie liggaam nie, sy kan nie eers besluit hoeveel kinders sy in die wêreld wil bring nie. In China word pas gebore baba-dogtertjies in riool slote of sommer net in die pad uitgesmyt word om te sterf van ontbering. In China maak hulle ook gebruik van kinderarbeid. Om met ‘n paar te volstaan. Tog ondersteun ons hulle regering. Die hoë pryse wat ons deesdae betaal vir minderwaardige Chinese produkte gaan nie deur na die gepeupel nie. Dit land in uitgesoekte sakke.

Ons, ek, jy, jou ma, ons susters, ons tannies, niggies, vriendinne! Ons steun die Chinese. Ons koop hulle produkte. Hoekom staak en toyi toyi die ANC vroue liga nie omdat ons gedwing word om atrositeite teenoor vroue en kinders goed te keur? Ek sal saam gaan toyi toyi. Ek wil nie die Chinese steun nie. Ek wil nie hulle produkte koop nie. 4k weet, ek wil dit nie eers gratis hê nie. Kan ons met n rein gewete 4.5 km in hoëhak-skoene gaan stap wetende dat ons die skoene gekoop het wat in ‘n land vervaardig was waar vroue en kinders gruwelooslik uitgebuit word?

Terloops, ek en Tumi was in winkels soos Edgars, Woolies, Mr P, Truworths, Foshini en so voorts. Ek steek nie my neus in ‘n Chinees se winkel nie.

Gedagte van die dag: Diè goody two shoes stap nie op Chinese skoene nie.

Advertisements

Entry filed under: Naarhede.

Briek (dans) Dit is verby

14 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Oktober 3, 2010 om 10:33 nm

    Sjoe. Olga! jy’s reg. het nooit so daaraan gedink nie.

    Antwoord
  • 2. Wille Kjind q  |  Oktober 4, 2010 om 12:05 vm

    Ek stap met Nine West of Jimmy Choo 😉

    Antwoord
  • 3. olga  |  Oktober 4, 2010 om 6:07 vm

    whoop! Whoop. Go girl.

    Antwoord
  • 4. leonvonmoltke  |  Oktober 4, 2010 om 7:14 vm

    Ek stem saam met jou!

    Antwoord
  • 5. olga  |  Oktober 4, 2010 om 7:19 vm

    ek dink op die stadium het die S.A tekstiel bedryf hulself van die mark afgeprys. Maar dit moes ons keuse gewees het leon. Tog was dit sommer vir ons gemaak.

    Antwoord
  • 6. Taurus  |  Oktober 4, 2010 om 4:24 nm

    sjina is nie die enigste land wat vroue nie n mensereg gun nie. in india het vroue ook nie regte nie. hulle word nie gerekent as mense nie en hulle gebruik ook kinders en mense soos slawe.

    Antwoord
    • 7. olga  |  Oktober 4, 2010 om 6:34 nm

      snaaks dat jy india noem. In die ‘duurder’ winkels is daar klere wat se made india. Ander se ‘made in s.a. with imported fabric. Ek roep die bestuurder nader en siedaar, as die materiaal nie uit, jy het geraai ne, uit china gekom het nie, was dit uit india.

      Antwoord
  • 8. Selene Phoenix  |  Oktober 4, 2010 om 4:47 nm

    Dis darem maar aaklig!!!

    😦

    Antwoord
  • 9. Xena Phoenix  |  Oktober 4, 2010 om 5:32 nm

    Almal kla van China, maar moenie dink dat hulle met hulle gaan ophou nie.

    Kinderarbeid is ontstellend hoog in China

    Antwoord
    • 10. olga  |  Oktober 4, 2010 om 6:38 nm

      waar is die ancvl om te keer dat hul manlike eweknie kinderarbeid en vroue mishandeling goedkeur?

      Antwoord
  • 11. Charms  |  Oktober 4, 2010 om 5:53 nm

    Ongelukkig gaan dit jare vat om dit uit te roei. 90% van die tekstiele wat ons gebruik is “Made in China”. Die hempie of broekie ens. word dalk hier gemaak, maar sy oorsprong in maar nog steeds China.

    Antwoord
  • 12. olga  |  Oktober 4, 2010 om 6:55 nm

    charms, ek is seker dat daar ander moontlikhede is as om slawerny, kinderarbeid en vroue mishandeling te ondersteun. Wat het geword van ‘made in hong kong’ oeps, china. Made in japan? Made in korea? Ek het gesien dat daar kinderarbeid in maleisia is. Ai, ek wonder of ‘ta martha se krapwinkel’ my sal kan se waar kom hul lappe vandaan.

    Antwoord
  • 13. olga  |  Oktober 4, 2010 om 8:24 nm

    btw wk, spaar jouself die moeite om ninewest toe te gaan. Ek ek 32 skoene vandag omgedraal en 12 handsakke en weet jy wat? Die pryse was wat ek vwag het. Maar, almal, absoluut almal se . . . Made in china.

    Antwoord
  • 14. olga  |  Oktober 4, 2010 om 8:29 nm

    ek kan nie dink dat mense daardie tipe pryse betaal vir skoene en handsakke wat in china gemaak is nie. Geen wonder atrositeite teenoor kinders en vrnue in china gfy nie. Ai, hul uitvoere word dan opgeraap.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: