Help ‘n bietjie

September 29, 2010 at 12:18 vm 12 Kommentaar

Ek kyk vanaand weer laan van die patete en raai? Behalwe ‘n ooremosionele Hilda (Oubaas se raad) was daar maar min wat my vanaand afgepis het. Dalkies het ek net harder op die hekelwerkie in my hand gekonsentreer as op die aapkas.

Ewentwel, ek dink regtig die Suid Afrikaanse skrywers is die domste nog. Kom ek deel my siening van Oubaas. Hy is veronderstel om die stoere boer te wees. As jong man met die getroue Maria Johannesburg toe gestuur om op die spoorweg (?) te kom werk. Volgens wat ek kan onthou, was hy ‘n wewenaar voordat hy met Hilda getrou het. Hy het twee seuns. Voorheen het hy gereeld van Boudewyn en Regie gepraat. Die wiegie waarin hulle geslaap het uitgehaal en vir Felicity se baba reggemaak wat wys, tradisie se moer. Hy het twee seun maar hy gee die wiegie vir Felicity. Maar troue waardes die het hy beslis. Was sy groot wens dan nie om dr Thandeka se seun te leer rugby speel nie? Bel gereeld sy ou Moekie gereeld. As sy ‘n probleem op die verre Rondomskrik het, klim hy in sy bakkie en vat die pad Garies toe. Hilda se toorn ten spyt. Hy veg vir sy bruid se eer. Alles wat ‘n mens van ‘n man uit een stuk kan verwag ne.

Nou ja. Na my mening sal die oubaas soort baie getrou wees. Maar vir lojaliteit wat hy gee, sal hy tog terug verwag ook. Daar het ons nou al om Oubaas se bed gehang nadat hy ‘n hartaanval gehad het. Moekie, Regie en Boudewyn was nie daar naby nie. Oubaas het met Hilda getrou, onthou, hy het nou wel net na sy aankoms uit Garies Francois se hand in die as geslaan reg voor die kansel. Maar, die was op die beplande troudag. Weereens was nie sy ou moeder of enige van sy seuns daar nie. Dis tog die twee plekke waar mens sou verwag dat sy kinders en moeder sou opdaag. Veral by sy siekbed. Maar die troue ou skepsel moes maar alleen met sy mede laners in die hospitaal lê en voor die kansel staan.

Ander mense kry dalk drie uit tien name verkeerd, hy is die enigste mens wie tien name uit tien verkeerd kry. Charmaine en Hilda was daar in die begin die enigste twee name wat hy nie verkeerd gekry het nie. Toe skielik eendag het sy Charlemaine geword. Die pla my regtig dat hy so dom kan wees dat hy geen naam behalwe een regkry nie en tog kan hy ‘n kraan, ‘n geyser en ‘n kragprop perfek herstel. Die arme drommel wie se familie hom so weggegooi het, tog het hy alles geil vir hulle. Vir my maak dit net perfek sin dat hy na sy aftrede by die spoorweg sou teruggaan plaas toe. Voordat hy met Hilda getrou het, was daar geïmpliseer dat hy in sy eie huis gewoon het. Toe Gita allerhande onheilige planne met die Heights gehad het, sou ek verwag het dat hulle sou planne maak om na sy huis terug te keer. Pleks daarvan, het die rondawel op Rondomskrik ter sprake gekom.

Ai, Oubaas, ek wens dat ek veral Regie en Boudewyn se ore aan die brand kan klap dat hulle jou so blatant weggegooi het.

Gedagte van die dag: Kinders, pas julle ouers op. Hulle bly nie lank genoeg nie.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Maak haar eina! Green green

12 Kommentaar Add your own

  • 1. Taurus  |  September 29, 2010 om 1:47 vm

    oom oubaas het baie vervelend geword. ek kan nie besluit of matrone net geldhonger of manhonger is nie.

    Antwoord
  • 2. leonvonmoltke  |  September 29, 2010 om 6:34 vm

    Sepies is (baie gelukkig) aan voor ek by die huis kom, maar ek hou van jou gedagte vd dag 🙂

    Antwoord
  • 3. olga  |  September 29, 2010 om 8:14 vm

    more, more.
    Leon,
    ek doen nie die sepie ding nie. Tog voek ek ek moet die afr reekse kyk, dis nou as ek onthou. As sabc volgende week WEER (behoede my) sterk skemer opsit, dan kyk ek dit weer. As ek onthou.
    Taunus
    verbaas my dat jy nie weer elke woord herhaal het nie. Of was dit te veel om te tik?

    Antwoord
  • 4. Sonlig  |  September 29, 2010 om 8:57 vm

    Olga,

    As ons ooit vir Moekie te siene sou kry, watter aktrise sou jy in haar rol sit? Lida Botha? Antoinette Kellerman?

    Ek moet sê Oom Oubaas verveel my nie so baie soos Vanessa se gekerm nie. Felicity kan ook lekker teem as sy die dag lus het.

    Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  September 29, 2010 om 9:31 vm

    Dit sal ‘n blye dag wees as ‘n bus Vanessa dood ry. Aan die ander kant, sy is kababel en staan uit die dood uit op.

    Oubaas irriteer die wit waks uit my uit.

    Ek het regtig baie lanklaas Pateetlaan gekyk. Maar ek hoor Christel en Madel kom kuier. Madel het my ook na drank gedryf.

    Antwoord
  • 6. olga  |  September 29, 2010 om 11:13 vm

    wha ha ha, sonlig, ek dink die groot rede hoekom ons moekie nog nie te siene gekry het nie, is omdat hul niemand oud genoeg het vir die rol nie. Ek sien iemand groot. (lewe dulsie vd berg en of san de lange nog?)

    Antwoord
    • 7. Sonlig  |  September 29, 2010 om 1:46 nm

      Nee – ek dink hulle is albei op ‘n beter plek as die Laan.

      Ek sien weer iemand seningrig, hard, eelte op die hanne. Wat Hilda aan die beef laat raak en die te-wit Maria op haar plek kan sit. Wat die vark kan medisyne ingee en haar ou seuntjie na bubbles kan laat hap.

      Die ouderdom is ‘n probleem ja, maar dis mos waarvoor grimering daar is.

      Eisj Olga – ek lag nou so vir my en jou – smaak my ons spandeer heelemal te veel energie aan Pateetlaan vandag!

      Antwoord
      • 8. olga  |  September 29, 2010 om 3:13 nm

        vn my kant af sonlig, oubaas re karakter is nie los van sy familie nie, hoe kan die fam los wees van hom.

      • 9. Sonlig  |  September 29, 2010 om 3:14 nm

        Heeltemal waar!

  • 10. olga  |  September 29, 2010 om 11:23 vm

    dan weer, wat van marie pents as moekid? Sy sal vir hilda koud sit. Matrone sou uitstekend gewees het. Vanessa is dan die heldin. So pateties soos 10. Die dikgevrekte zander gee my ook die piep. Dan weer, enige een is beter as die ou aardskelm matrome. Dit sal goed wees as hul vir felicity n regte man kan inskryf. Al gaan dit beteken sy gaan parys toe. Dan sal haar geteem stil raak.

    Antwoord
    • 11. Taurus  |  September 29, 2010 om 1:28 nm

      Marie pentz van goeie hemel genis sal n hoot wees.

      Antwoord
  • 12. olga  |  September 29, 2010 om 3:16 nm

    antoinette kellerman speel altyd n karakter wat skerp van tong is, maar nie n tawwe uiterlike nie. Moekie sal lewensgroot wees om die heilige vrees wat oubaas, maria en hilda vir haar het te regverdig. Marie pentz kan tog werk.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: