Green green

September 29, 2010 at 9:32 nm 16 Kommentaar

Wie was dan nou nog nie daardeur nie? St 6. Graad 8. Ontgroening, oriëntasie. Noem dit wat jy wil.

Ek het altyd gewonder wie het die belaglike strooi uitgedink waarmee ‘n gr 8 leerling verneder moet word om hulle weer terug te bring aarde toe. Goeiste. Skool klere verkeerd om aantrek. Skoene aan die verkeerde voete. Of een skoolskoen en een tekkie. Kouse mag nie teruggevou word nie. Been hare mag nie geskeer word nie. Hare moes in ponies vasgemaak word. ‘n Eier moet vir drie weke saam gesleep word oral waar die gr 8 leerling gaan. Dit is nou nog billik en kan self as amusant afgemaak word.

Dan was daar die onmoontlike onnosel soen die deur totdat dit bloos. Dra ‘n baksteen saam en sit die ding neer. Dan word daar van die kinders verwag om die baksteen te roep tot die baksteen saam stap. Ello? Wat was die slim mens se ik telling? Kon hy/sy nie iets meer realisties uitgedink het nie? As my kind so ‘n ontgroeningsfoefie moes uitgedink het, sou ek regtig diep bekommerd gewees het.

Hoekom kan ‘n gr 8 leerling nie bloot ‘n matriek aangewys word nie? Dan kan die kind mos maar die matriek leerling se skoen poleer en sy / haar boeke oortrek. Dalk sy / haar sketse doen. Dis tog meer gepas. Ek wonder of die gr 8 leerlinge steeds met ‘n a4 grote gekleurde karton of ‘n versierde papierbord om die nek moet loop met al hulle besonderhede op?

Gedagte van die dag: Die kind wie met waardigheid behandel word, gaan leer dat ander respekwaardig is.

Advertisements

Entry filed under: Volk en taal.

Help ‘n bietjie Briek (dans)

16 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  September 30, 2010 om 4:36 vm

    Eerste!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  September 30, 2010 om 4:49 vm

    Daardie plakkaat om die nek sal seker die heel laaste stuiptrekking van ontgroenning wees. Eerste jaars in die koshuis moet dit ook dra. Dit laat die ouer, of ten minste meer seniors, hulle leer ken.

    Wie het die strooi uitgedink? Waarskynlik iemand wat al lankal dood is. Die matrieks / seniors doen oor die algemeen net wat met hulle gedoen was.

    Ons het in matriek elkeen ‘n st 6 gehad wat wel werkies vir ons gedoen het. Ons kon ook op universiteit ‘n eerste jaar gevra het om ons wasgoed of skottelgoed te was, maar ek dink nie enige iemand het ooit nie.

    Ek het nie ‘n probleem met ontgroening nie. Mits dit nou nie onveilig of afbrekend is nie. Bietjie bespotlik en ‘n paar simpel aktiwiteite kan pret wees.

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  September 30, 2010 om 4:56 vm

    Ons moes op ons eerste aand op universiteit gaan bok bekruip en visvang. Die bok was die standbeeld voor die Ou Lettere Gebou. Ons moes van onder die Aula se grasperk begin het om die bok te bekruip. Leopard crawl. Tussen die 108 van ons het ons almal die bok gemis. Toe moes ons visvang vir ontbyt – in ‘n dam sonder visse.

    Dit het ons die kampus leer ken.

    Antwoord
  • 4. leonvonmoltke  |  September 30, 2010 om 6:23 vm

    Ons is al st. 5 hoërskool toe en ek het net niks van die ontgroening gehou nie. Ek verstaan nou nog nie hoe dit veronderstel is om jou te integreer in ‘n groep nie.

    Antwoord
  • 5. olga  |  September 30, 2010 om 9:03 vm

    ontgroenig soos bok+(standbeeld) bekruip, vis vang in n dam sonder visse, is doenbaar. Maar elo? Kruip agter n rugby paal weg dat geen deel van jou uitsteek nie? Soen die boom tot hy bloos? Menseregte vergryp. Wie moet gedwing word om jou persoon aan n boom af te dwing? Eisj. Sotlikheid, man. Sit die baksteen langs jou linker voet. Loop 2 tree vorentoe en wat tot jou hond langs jou is. Elo? Dis n baksteen stommerik my hond is by die huis.

    Antwoord
  • 6. Selene Phoenix  |  September 30, 2010 om 9:05 vm

    Hello!

    Ons was motte in graad 8… en moes ook bordtjies dra – my nie juis gepla nie. Ek moes ook vir ‘n klomp matriek seuns gesing het… goeiste! En dit op ‘n “wit perd” Ha ha ha!!!

    Ek sê ja vir ontgroening, maar dat dit nie te ver gevat moet word nie.

    Antwoord
  • 7. Sonlig  |  September 30, 2010 om 10:19 vm

    Ek stem saam – dit moet net goeie gesonde pret wees wat ‘n perk het. Ek dink tog dit kan ‘n groepie laat “bond” in tye wat almal nodig het om aan te pas. Veral as jy die een of ander konsert op die planke moet bring.

    Ons was “squabs”…ek onthou die liedjie: “Ek is ‘n skubberige, skeel, slymerige, slapperige SQUAB”.

    Die onderhoofseun van ons skool was my held. Ons moes tjoklits aandra en dies meer. Ek was vreeslik skaam om hom te vra om my held te wees, maar hy was so ongelooflik mooi ek kon nie anders nie. GROOT was my ontnugtering toe ek op die nekborde sien hy is omtrent die helfte van die St. 6’se se held. So hy het baie tjoklits gekry!

    Op universiteit het ons klomp Klaradyners maar saam in ons geel hempies gehuil, want by tye was dit regtig “tough”.

    My poekeloeks gaan volgende jaar Gr. 8 toe. Dan beleef ek seker weer alles van voor af.

    Antwoord
    • 8. Xena Phoenix  |  September 30, 2010 om 1:22 nm

      En hier het ons n Klarapiesang!

      Sigbaar al die pad van die maan af!

      😉

      Antwoord
      • 9. Sonlig  |  September 30, 2010 om 2:56 nm

        He he!

  • 10. Son  |  September 30, 2010 om 2:20 nm

    Ek dink ontgroening – op ‘n ordentlike, beskaafde manier – dien nogal ‘n doel. Ek was in die koshuis in St.6 en my “juffrou” sal ek nooit vergeet nie. Haar naam was Charlotte en sy het my die mooi sotnaam van Katjiepiering gegee. Daar was natuurlik ander, meer gemene “juffrouens”. Een het haar sot LORD OMGEDRAAI gedoop. Ons hele skoolloopbaan het daai girl LORD gebly, ek kan nou nog nie haar regte naam onthou nie.

    Verder kan ek vandag nog Jan Pierewiet op Sarie Marais se wysie sing, te danke aan ontgroening 😈

    Antwoord
    • 11. olga  |  September 30, 2010 om 4:01 nm

      wow. Dit wil gedoen word.

      Antwoord
  • 12. Charms  |  Oktober 1, 2010 om 10:59 vm

    Ek het geen probleem daarmee nie solank dit “good, clean fun” bly.

    Antwoord
  • 13. olga  |  Oktober 3, 2010 om 9:58 vm

    skoon onskuldige pret om die ou groentjies terug te bring aarde toe nadat hul gr 7 die nek van die plek was

    Antwoord
  • 14. Toortsie!  |  Oktober 3, 2010 om 12:07 nm

    Ek is een wat met n gesindheid van pret sulke goed aanpak. Dis mos nie teen my as persoon gemik nie en langs my is daar nog baie ander wat net so simpel lyk! Ek het niemand in my koshuis geken nie en al die lawwigheid het my dadelik deel van die groep gemaak.

    Antwoord
  • 15. stefaniewerth  |  Oktober 3, 2010 om 7:10 nm

    Ek stem saam met Toortsie. Wanneer almal in dieselfde bootjie is, skep dit ‘n gevoel van samehorigheid en almal leer mekaar ken. Natuurlik moet ontgroening gemonitor word. Daar sal maar altyd diegene wees wat dinge ‘n bietjie ver sal wil vat.

    Antwoord
    • 16. Olga  |  Oktober 3, 2010 om 10:58 nm

      Altyd.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: