Toeka tokkel 30 Come my sisters praise the Lord

Scrapy nooi ons om te gesels oor ons sibbe. Ek sal heeldag kan praat, ek het tog so baie. Daar was vier voor my en nog vier na my. So sien, ek is Olga in die middel.

Die suster net voor my het nie oorleef nie. Ek weet nie so seker wat was fout nie, dink amper dit was komplikasies met masels. Ewentwel, ek wonder dikwels oor haar. Sy is oorlede voordat ek gebore is. Sy, my jonger sussie en ek is aldrie in Januarie gebore. Ons het ‘n tannie gehad wie darem ouer as sy geword het voordat sy ook oorlede is. Toevallig was sy Tannie) die 9de Jan gebore, my jonger sussie, die 10se Jan en ek die 8ste. Suster was 16de. Natuurlik was my ma en ouma ook ook Januarie babas. Vandat ek maar kon onthou, het my jonger sussie altyd op 9de Jan gedroom van die dogtertie wie op die bedkassie tussen ons beddens kom sit het. Dit was ons tante wie nooit grootgeword het, nie ons sussie nie.

As ek vandag aan haar dink, dan wonder ek altyd of dit normaal is dat my ouers so min van haar gepraat het. My wyse Moedertjie was altyd vreeslik stil op die dag wat haar verjaardag sou gewees het. Sy het ons eenkeer vertel dat ons raas, Ons maak haar kop seer. Toe het sy gese dit sou die dag ons sussie se tiende verjaardag gewees het. Dit was die eerste keer dat ek gehoor het ek het nog ‘n sussie gehad. Sy het ons die dag vertel dat Sussie tien maande oud was toe sy oorlede is. Daarna het ons altyd geweet dit was haar dag. Ons het haar haar ruimte gegee om daardie dag te treur oor die kind wat sy nie kon grootmaak nie.

Gedagte van die dag: Rus sag Sussie.

Augustus 30, 2016 at 10:32 nm 11 Kommentaar

Toeka – tokkel 29 Swinging Safari

coastal

Eers moet ek klaar lag. Ons word alweer so gesnoep met die internet, ek kan soms kommentare lees en moet dan maar magteloos die aftog blaas. Want dan kan ek nie antwoord of die besoek eer nie. Maar ek lag omdat ek die opskrif van my stuk getik het en toe het ek gou gaan lees wat Scraps oor Safaries te se het. En stroes bob, daar het sy die liedjie opgesit wat ek so sit en fluit.

Nou ja, ek is nie die safari soort nie. Alhoewel, ek glo ek sou dit nogal geniet het. Was nog altyd my begeerte om van Kozibaai tot kuslangs te stap tot in Walvisbaai. Sal seker nie gebeur nie, maar ek sou dit so graag wou doen. Almal vra altyd wie sal my water dra? Mens kry blykbaar so kontrepsie wat die sout uit die seewater haal en nie te swaar is om te dra nie. (Ek kan al vir Tumi hoor se dat ek die hele see sal opdrink voordat ek sal kom waar ek wil wees.) Verder sal ‘n visstok ook seker nie te swaar wees nie, maar die pot vol spinasieblare sal by die huis moet bly. Dit sal beslis te swaar wees om saam te piekel.

Gedagte van die dag: in vandag se lewe is sulke avonture ons nie beskore in Suid Afrika nie.

Geniet die naweek, dis amper lente.

Augustus 19, 2016 at 9:05 nm 10 Kommentaar

Is dit net ek????

Ek sit vanaand en lees my daaglikse liturgiese stukkies en wragtig waar, die eerste leesstuk tref my so reg voor die kop. Is dit nie ons lewens vandag nie?

“Reading 1
Ez 34:1-11
The word of the Lord came to me:
Son of man, prophesy against the shepherds of Israel,
in these words prophesy to them to the shepherds:
Thus says the Lord GOD: Woe to the shepherds of Israel
who have been pasturing themselves!
Should not shepherds, rather, pasture sheep?
You have fed off their milk, worn their wool,
and slaughtered the fatlings,
but the sheep you have not pastured.
You did not strengthen the weak nor heal the sick
nor bind up the injured.
You did not bring back the strayed nor seek the lost,
but you lorded it over them harshly and brutally.
So they were scattered for the lack of a shepherd,
and became food for all the wild beasts.
My sheep were scattered
and wandered over all the mountains and high hills;
my sheep were scattered over the whole earth,
with no one to look after them or to search for them.

Therefore, shepherds, hear the word of the LORD:
As I live, says the Lord GOD,
because my sheep have been given over to pillage,
and because my sheep have become food for every wild beast,
for lack of a shepherd;
because my shepherds did not look after my sheep,
but pastured themselves and did not pasture my sheep;
because of this, shepherds, hear the word of the LORD:
Thus says the Lord GOD:
I swear I am coming against these shepherds.
I will claim my sheep from them
and put a stop to their shepherding my sheep
so that they may no longer pasture themselves.
I will save my sheep,
that they may no longer be food for their mouths.

For thus says the Lord GOD:
I myself will look after and tend my sheep”

Dit gee my hoop. Net miskien, is verlossing naby.

Gedagte van die dag: Vind ons Vader nie meer waarde aan ‘n opregte gebed as aan ‘n offerhande nie.?

Augustus 17, 2016 at 11:48 nm 6 Kommentaar

Toeka – tokkel 28 Strik

Scraps daag ons die week om oor strikke te gesels. Nou ja, die befaamde liefde is ‘n strik. ‘n Strik wat die lewe ons stel en glo my op een of ander wyse trap ons almal daarin. Maar wat kan ek as ‘n siniese bitterbek oor liefde se? Kom ek probeer ‘n ander strik.

strik

Die lewe is ook ‘n strik. Maar dis ‘n goeie strik. Maak nie saak hoe swaar mens dink dat jy kry nie, iemand anders kry altyd swaarder. Hoe maak dit die lewe ‘n strik? Ons moet dit lewe. Ons kan nie daarom verby loop, daar onder deur kom, bo oor klouter, oorspring of om seil nie. Ons moet dit lewe. Ek wil tog nie een van daardie soort mense wees wat op verwyte gedy nie. Wie dag na dag net sit en derms ryg nie.

Kyk, noudat Homer tuis is, sal ons sit en nuus kyk. As daar sekere dinge gebeur en ek lewer nie my bydrae nie, sit hy en kyk wat gaan aan. Ek dink die mens wie in die straat verby stap sal hopelik dink hulle is mal en nie dat ‘n mal mens in die huis agter die grys muur woon nie. Ek sit deurlopend en kommentaar lewer. Kliphard ook hoor. Ek juig as dit goeie nuus is, ek kners sulke lang vloeke uit as dit slegte nuus of blerrie stakings is.

Self die stakers het in die strik van die lewe getrap. Hulle is net eenvoudig so gevul deur hebsug vir wat hulle nie het nie, dat hulle ook nie raaksien dit wat hulle wel het nie. Ek kan so aangaan maar wragtig, die whatsapp boodskappie wat ek so ‘n ruk terug gekry het, stel dit net soveel beter. Jammer dis Engels. Hopelik sal Scrapy die Engels verskoon. Dis darem nie Frans nie.

*Life isn’t fair, but it’s still good.
*When in doubt, just take the next small step.
*Your job won’t take care of you when you are sick. Your friends and family will.
*You don’t have to win every argument. Stay true to yourself.
*Cry with someone. It’s more healing than crying alone.
*It’s OK to get angry with God. He can take it.
*Make peace with your past so it won’t mess up the present.
*Don’t compare your life to others. You have no idea what their journey is all about.
*Take a deep breath every now and then. It calms the mind.
*Get rid of anything that isn’t useful. Clutter weighs you down in many ways.
*Whatever doesn’t kill you really does make you stronger.
*It’s never too late to be happy. But it’s all up to you and no one else.
*When it comes to going after what you love in life, don’t take no for an answer.
*Burn the candles, use the nice sheets, wear the fancy clothes. Don’t save it for a special occasion. Today is special.
*No one is in charge of your happiness but you.
*Frame every so-called disaster with these words ‘In five years, will this matter?’
*Always choose life.
*Forgive others and yourself.
*What other people think of you is none of your business.
*Time heals almost everything. Give time a little time.
*However good or bad a situation is, it will change.
*Don’t take yourself so seriously. No one else does.
*Believe in miracles.
*God loves you because of who God is, not because of anything you did or didn’t do.
*Don’t audit life. Show up and make the most of it now.
*Growing old beats the alternative of dying young.
*Your children get only one childhood.
*All that truly matters in the end is that you loved.
*Get outside every day. Miracles are waiting everywhere.
*Envy is waste of time. Accept what you already have, not what you need.
*The best is yet to come…
*No matter how you feel, get up, dress up and show up.
*Life isn’t tied with a bow, but it’s still a gift.”

Gedagte van die dag:  Sien, die lewe is ‘n strik.  Ons trap almal daarin.

Augustus 11, 2016 at 10:50 nm 12 Kommentaar

Die dorpie Gat

Krap ek nou vandag deur die goed in die “kluis.” Kom toe op ‘n ou handsak van my af, gevul, met fotos en ou briewe. Onder andere ook die ou, sal mens dit ‘n opstel, grap, storietjie noem? geskrywe in my eie handskrif, agt en dertig jaar gelede. My skoonma het dit eendag vertel en of voorgedra en ek het dit afgeskryf. Ek het onlangs my skoonsusters gevra of hulle dit na haar dood tussen haar goed gevind het. Natuurlik het hulle nie geweet waarvan ek praat nie. Tog was daar ‘n hoekie van my brein wat dit nie vergeet het nie. Vir wat dit werd is…..

Die dorpie Gat.

dorpie gat

Die ou dorpie waar ek gebore is, het naby ‘n vulkaniese berg gestaan en die grond was nie so goed om op te bou nie. Al die huise het sommer inmekaar geval, daarom het die mense toe sommer in gate begin woon. As ‘n kind een jaar oud word, het sy ouers hom geleer om ‘n gat te grawe. So het elke inwoner dan sy eie gat gehad.

Die burgermeester het die grootste gat gehad. Die dokter se gat was ook groot, en hy het nogal ‘n verband daarop gehad.

Die begrafnisondernemer het so ‘n lang donker gat gehad. Die tuinier se gat was altyd vol mis. Die predikant moes hard werk om sy gat skoon te hou, want die gemeente het nie van ‘n vuilgat predikant gehou nie.

Die volksraadslid het teen die hang van die vulkaan gewoon. Daar het altyd ‘n wind deur sy gat gewaai en toe noem die mense hom windgat.
Met elke vulkaniese uitbarsting het sy gat verstop, en dan moes hy weer van voor af sy gat af werk.

Die stadsklerk het altyd in die burgermeester se gat gekruip, totdat hy gevang is. Die burgermeester se gat is toegestop en die stadsklerk is die dorp verbied.

Die bankbestuurder het daar eenkant in die harde grond gewoon. Hulle het hom ou hardegat genoem. Die posmeester se gat was altyd toegeplak met seëls. Die assuransie agent het baie rond gereis en hy het sy gat een keer ‘n week gesien.

Eendag het ‘n bottel brandewyn in die kroegman se gat gebreek, en toe was die hele dorp se mans daar om sy gat te lek. Die kunstenaar het ‘n spieël in sy gat gehad, en toe dink almal die son skyn uit sy gat. Die bakker het sy bakkery eenkant in sy gat gehad. Almal sê hys bakgat.

Die luiaard se gat was baie hoog en hy moes in en uit kruip. Almal sê hys ‘n regte ou gatkruiper. Buite die dorp was die lokasie met die een swart gat op die ander.

Die ou dorpie het ophou bestaan na een helse uitbarsting. Al die inwoners het lelik gat skoongemaak, maar nie een kon sy eie gat red nie.

Augustus 7, 2016 at 11:08 nm 4 Kommentaar

Toeka – tokkel 27 Soektog

Scraps se opdrag soektogdie week oor die groot soektog. Nou, ja almal weet mos, ek is die kampioen wanneer dit by goed soek kom. Ek loop altyd presies na waar ‘n ding veronderstel is om te wees, dan is dit nie daar nie. gebeur gewoonlik nadat besoekers al vertrek het. So het ek mos al vertel hoedat ek my ring, kar se sleutels, oorbel ens gesoek het. Dus sal ek van ‘n ander soektog vertel.

Soektog na werk. Kyk, ons mense van klein plattelandse dorpies verloor ons kinders oor die algemeen nadat hulle skool voltooi het. Dan neem die lewe hulle na ander plekke toe. Die saagmeul wat ons oorspronklik na die dorpie gebring het, het al 2006 toegemaak. Maar basies gegaan oor wanbestuur maar van sulke sake se ek maar niks. Almal het al ‘n oordosis gehad daarvan. Maar toe is Homer in die mynboubedryf. Waar dit ook nie beter gaan nie. Verlede jaar het hy sy werk verloor want “The local communities must have every oppertunity.” Ek is lus om iets hier by te voeg, maar sal myself inhou. Hy is op die stadium nog te jonk om die pensioen ding te doen en is maar soos so baie mense in ons ou dorpie nou lid van die werkloosheidsbrigade.

Jare gelede sou hy eenvoudig in sy kar geklim het en so uur of twee later teruggekom het en ‘n keuse gedoen het uit wat beskikbaar is. Maar deesdae werk dit mos nie meer so nie. Deesdae gaan jy mos na ‘n werwingsagentskap en hulle doen die res. Dan kry die werksoeker elke dag letterlik honderde poste om voor aansoek te doen. Nou ja, julle sal nie glo nie, maar uit die honderde aansoeke wat hy daagliks, tot oor naweke, wegstuur, het hy nog nie een navraag eers gekry nie. Ons het eers aangeneem dis omdat hy in elk geval nog net sowat sewe jaar oorhet om te werk, of in plein Afrikaans te oud is om belangstelling te wek. Siestog, die amper plaaslike myn het net daarna weer hulle personeel, die derde keer in die twaalf jaar wat ons in die distrik woon, afbetaal. Anderdag het hy een outjie, net net oor die helfte van sy ouderdom teegekom. Hulle het aan die gesels geraak en daar vertel die mannetjie toe vir Homer van die honderde aansoeke wat hy elke dag wegstuur. Sededrt Januarie tot nou, het hy, nes Homer en vele ander geen reaksie gekry nie.

So, dit blyk dus dat die probleem nie met Homer se ouderdom is nie, maar bloot net omdat hulle in elk geval nie deel is van ‘n “local community” nie. Ai, ons het nie meer afhanklike kinders nie, maar genade Liewe Vader, wat van die man en nog baie ander soos hy wie nog jong kindertjies op skool het? Dis net so hartseer om die bravade wat hulle inspan te moet aanskou. Op ons leeftyd het ons al iets weggesit, maar die jonges lewe mos alles uit.

Nou ja, totdat Homer verkieslik ‘n pos op die maan of dan nader in die Kongo of in blerrie Timbuktu kan kry, werk ons maar op mekaar se senuwees en bly sover moontlik uit mekaar se pad. Soos die liedjie se, “Some days are diamonds,” maar adner dae….

Gedagte van die dag: Mens is bedoel om op jou kniee te wees, toe kom iemand en leer ons loop.fts Blog

Augustus 4, 2016 at 10:38 nm 9 Kommentaar

So van byt gepraat…..

Nool

Toe ek verlede week oor die byt moes post was dit nogal om moeilik om te besluit oor watter byt, toe doen ek maar ‘n regte byt. Wat my toe laat besluit het om die borduurwerk, (wat ek nou begin bemeester) eers neer te sit en oor my noolste Nolie se byt wat ek ook nie sal vergeet nie, te skinder.

Hy was so om en by ‘n jaar oud toe ons ‘n Foxterrier bekom het. Die outjie het so ‘n diamantvorminge swart vlek op sy nek gehad. Toe ons so sit en koukus oor ‘n naam, het “Jack of diamonds” oor die radio gespeel. Dit het toe aan hom sy naam besorg. Jack was van kleins af Nolie se hond. Waar die blonde seuntjie op sy pienk vet beentjies was, daar was Jack ook. Soos hulle ouer geword het, het die twee onafskeidbaar geword. As die groter kinders Nolie afgeknou het, het Jack hulle gou met ‘n geniepsige hap reggesien.

Ek kan julle nie vertel hoeveel kere ek tussen hond en kind ook moes vrederegter speel nie. Veral die bure se dogter, drie jaar ouer as Nolie, het gereeld deurgeloop. Haar ekskusie was altyd dat sy net sy kop gedruk het, nie geslaan het nie. Sy het later wel geleer om haar drukke vir haar broer te bere. Dit beteken nie Nolie homself het losgekom nie. Wanneer hy afgeknou het, het hy ook sy hap gekry.

Hy was amper vier jaar oud, toe hy die dag weer huilend van buite af ingekom het. “Jakkie het my gebyt.” het hy gesnik. Ek het op die bed gesit en brei en so kon ek hulle dopgehou het waar hulle gespeel het. “Hoekom het Jackie jou gebyt?” Hy het geantwoord “Hy is stout Moek.” Ek het die twee toe begin dophou. Wanneer Nolie te veel aandag aan een van die ander honde gegee het, of met die ander kinders gespeelhet, het Jackie hom gehap. Seker om te herinner hy is daar en Nolie was sy mens. Ewentwel, toe hy die derde keer gekla het, het ek gese “Man, gaan byt hom terug.”

Gou was dit die hond wat al grynsend verby gegaan het en uitgelate geblaf het, sy mens speel dan nou net met hom. Dan kom die ou blonde koppie weer op vet pienk bene verby. Ek het later skoon vergeet wat tot die “Jaegertjie” speletjie aanleiding gegee het. Toe hoor ek die skerp tjank van ‘n hond. Ek het opgespring om te gaan ondersoek instel. Toe kom Nolie in. Wit hondehare klouend aan die sweet in sy gesig. Nog besig om hondehare af te vee. Toe hy my gesien het, was daar nog so ‘n paar hare op sy lippies wat hy sommer so met sy voorarm weggevee het.

“Het jy vesien Moek?” my “Het ek wat gesien?” Het hy toe baie kordaat geantwoord met “Ek het vir Jakkie lekker tlug vebyt.” Wel, lekker sal ek nou nie weet nie, maar dit moes gewis ‘n goeie byt gewees het, want glo my Jack het hom nooit weer gebyt nie.

Gedagte van die dag: Wraak neem of is dit wraak ontvang is regtig ‘n goeie leermeester.

Augustus 1, 2016 at 10:31 nm 10 Kommentaar

Older Posts


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 83 other followers