Bessie

Ek sal seker altyd onthou die Saterdag 31 Januarie 2004 toe ons in Ermelo by vriende gekuier het.  Carl wie gevra het of ek nie ‘n hond wil hê nie.  Ek het vinnig gesê nee, dankie.  Met drie honde sien ek nie kans vir ‘n vierde nie.  En dit nogal ‘n “verkeerde” teef?  Nie ekke nie.  Homer knoei toe met Carl, sê as sy vriend die hond bring sal ek haar nie kan weerstaan nie.  Die mense kom toe daar aan en Carl kom roep my.  Hy wil my iets wys.

Grote genade!!!!!  Iets so pateties het ek in my dag des lewens nog nooit gesien nie.  Die bol knoeisels wat uit die Nissan gehaal word is net oë en swart tong tussen saamgekoekte hare.  Die arme ding is so verbouereerd.  Sy hardloop en Carl se honde is agter haar aan.  Die kinders is agter haar aan.  Die moer aan wie sy behoort is swetsend agter haar aan.  ek het net geweet ek kan die arme ding nie met hulle los nie.  Almal probeer haar vang.  Hulle skree Jessica! Jessica!  Al wat gehoor gee, is Jessica.  Die eienaardigste hoppelhardloop wat ek in my dag des lewens aan ‘n hond gesien het.  Homer kry haar gevang toe sy die hoek van die huis te kort skat en teen hom vashardloop waar hy staan.  Sy byt hom toe dat die bloed spat.  Ek was so de vieste in, hoe de hel kan ek die hond wat ek nie wil hê by die monsters los?  Ek het my nolie aangesê om haar te los waar sy onder die kar ingekruip het.  Carl gevra om sy honde wat vir haar gestaan en knor het te verwyder.  Ek en Nolie het met haar gepraat.  Nie aan haar probeer raak nie.  Die monster gesê om homself te verwyder toe hy aanbeveel dat ons haar onder die kar uitsleep.

Sy het later onder die kar uitgekom.  Hartjie wat woes tamboer.  Tong wat hang.  Siestog.  Ek kon die dier nie los nie.  Sy was regtig een groot koek.   Die arme hond kon nie loop nie.  Dat sy drie keer om die huis kon hardloop gaan my verstand nou nog te bowe.  Ons het haar daar weg.  Eers by pnp gestop, vir haar ‘n geel halsband en leiband gekoop.  Die Maandag haar veearts toe geneem.  Sy vrou het gesê ons moet die dierasie by haar los, sy sou van haar ‘n hond probeer maak.  Agt ure later het sy ons gebel en gesê kom haal vir Jessica.  Ek is klaar met haar.  Toe ons daar kom, vra die dametjie dat Homer haar moet gaan haal.  Ons het ‘n bruin bol koeke daar gelos.  Daar kom Homer van agter af met ‘n asvaal hond.  Ek loop hom haastig te gemoet.  “Dis nie ons hond nie”  sis ek.  “kan net sy wees.  Dis al hond wat daar is en haar band het aan die hok se handvatsel gehang.”  sis hy terug.  Toe steek sy haar swart tong uit en lek my hand.

Dit het drie maande geneem voordat Jessica met ons dam toe kom stap.  Wanneer Homer en Badboy huis toe gekom het van die werk af met hulle overalls aan en BB sy hand na haar uit gesteek het, het sy haarself nat gepiepie van vrees.  As Nolie egter van die skool af gekom het, het hy nie dieselfde reaksie gekry nie.  Ek het agter gekom dat sy glad nie op haar naam reageer nie.  Toe het ek besluit om haar ‘n ander naam te gee.  Dit moes egter nie radikaal van haar naam verskil nie.  Toe val my oog op ‘n foto van oom kerkheuwel.  Om een of ander rede kon ek net hoor “madam if I was your husband I would have drank it”  Toe gee ek haar naam Bessie.  Dit naby genoeg aan Jessica.

Ons hoor dikwels ‘n motorfiets ry en ek sou altyd opgemerk het die ander seun is laf om so laat nog motorfiets te ry.  Een aand is die video van Kurt Darren se meisie meisie op die tv toe ek dit weer hoor.  Bessie lê toe op die grond langs my.  Dis toe ek agter gekom het dis geen motorfiets wat ry nie, dis Bessie wat so maak.  Later het ek agtergekom dat dit haar manier was om met Kurt saam te sing.  Ek dink sy liedjies is nou te veel op radio want sy sing nie meer so graag met hom saam nie.  Tog, as meisie meisie speel, dan sal sy nog insit.   Sy pie pie lankal nie meer haarself nat as iemand met ‘n overall naby haar kom nie.  As daar vreemdelinge kom, kom sy lankal nie meer aangehol om tussen my bene skuiling te soek nie.  Sy het eers van tussen my bene vir hulle geknor, toe geblaf.  Deesdae loop sy al vreemdelinge op eie stoom storm.  Bessie het een van die gesin geword.

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind q  |  Mei 23, 2010 at 7:35 vm

    Pragtige fotos. Eks bly ek kon ha met die hand groet ;)

    Reply
  • 2. Phenix11a  |  Julie 19, 2010 at 8:48 vm

    Jou bessie is nóù n stunning hond.

    Reply
    • 3. Olga  |  Julie 19, 2010 at 9:29 nm

      Oee, dankie Phenix. Sy dink ook so. ;)

      Reply
  • 4. Toortsie  |  November 19, 2011 at 10:16 nm

    Ja, sy IS mooi!

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.