Gatvol
February 20, 2012 at 9:56 nm Olga 4 Kommentaar
Ek het so ‘n ruk gelede al besluit om tjekrekening toe te maak. Dit kos my maand vir maand ‘n mamoerse lot diensgelde en ek maak net eenvoudig geen sent daaruit nie.
Ek het hierdie keer my tydsberekening net mooi reg gekry. Toe ek om 11:45 die bank binne gestap het, was dit met die intrapslag duidelik dat hulle besig was om toe te maak. Daar was egter nog ‘n paar mense in die tou. Ek het by die “consultant” se kantoortjie ingeloer. Die klerk het my gul ingenooi. Ek het gaan sit soos hy genooi het.
Nadat ek my versoek gerig het, het hy eers probeer wal gooi want hulle is besig om toe te maak. Toe het hy die nommer ingetik. Wat wou ek maak met die balans in my rek? Ek wil dit kort termyn belê, in ‘n belegging wat my die meeste rente gaan gee. Kan julle glo, sy idee van die meeste rente, betaal ‘n skandalige 5.04% persent rente per jaar. Nee dankie, ek soek iets anders. So het ek hom sy werk behoorlik laat doen voordat ek sowat vyf en vyftig minute later die finale dokument geteken het. Toe moes ek by die teller gaan staan om my geld te kry en in die beleggings rekening in te betaal. Lyk, “if looks could kill” was Olga nie vanaand hier om julle daarvan te vertel nie.
Ek het so lekker gevoel. Nie omdat ek die tjekrekening wat ek sedert die vroë 1980′s gehad het, toegemaak het nie, maar omdat ek die donners ook kon laat wag. Vir al die kere wat ek in hulle mase rye moes staan. Toe ek in die Fordjie geklim het, was dit net mooi 12:58. Whoop WHOOP!!!!!! Ek hoop GABSA betaal nie oortyd nie. Die feit dat ek hulle dag bederf het, soos hulle al dikwels myne, was elke sent wat dit my gekos het om die rekening toe te maak dubbel en dwars werd.
Gedagte van die dag: Nou nog net moed bymekaar skraap vir Capitec.
Entry filed under: Hartsake. Tags: .
4 Kommentaar Add your own
Leave a Reply
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Xena Phoenix | February 21, 2012 at 10:45 vm
EERSTE!!!!!
Al vat dit my ure om dit te skree
2.
Xena Phoenix | February 21, 2012 at 10:49 vm
Ek wil so graag nog vir ABSA vertel om hulle rekening in hulle gatte te druk. Ek wil dit veral in Maria Ramos se gesig vertel. Vandat sy oorgeneem het, is politiek belangriker as diens
3.
Xena Phoenix | February 21, 2012 at 10:54 vm
En shame, die mense in die takke maak geen besluite nie. Hoop jy kan eendag Maria Ramos se tyd mors
4.
Olga | February 21, 2012 at 3:18 nm
dit sal my plesier wees. Geheel en al.