Werk met trots.
February 16, 2012 at 11:09 nm Olga 7 Kommentaar
In die ou dae, lank terug en vêr weg, was daar nog werk vir blanke Suid Afrikanders. Ewentwel, my tante het toe mos ‘n skoenwinkel gehad. In die winkel het ‘n dames – en – mansklerk gewerk.
Desjare was van winkelklerke verwag om netjies aangetrek werk toe te kom. Hulle het mos sulke plastiek “moue” oor hulle arms gedra om hulle hempsmoue te beskerm. Die mansklerke het feitlik voor die voet dasse bedra en die dames sykouse en hoëhakskoene. Een dag het die twee ou dames van wie ek al voorheen geskinder het, die winkel ingekom. Die dames klerk het die skoene aangedra wat die dames uitgewys het, en die mansklerk het op sy knieë daar tussen die twee gesit. Hy het persoonlik hulle voete in die skoene gesit en uit die skoene gehaal. Destyds was ‘n mens se werk mos hulle trots en al het hy geweet dat hulle sou in alle waarskynlikheid niks gekoop het nie. Maar hy het hulle in elk geval soos koninklikes behandel.
Op ‘n stadium het hy die ouer suster gehelp om ‘n paar skoene aan te pas. Sy das het onder haar voet in die skoen beland. Sy het opgestaan om spieël toe te stap voordat hy kon keer. Hy was dus maar verplig om agterna te kruip aangesien hy mos reeds op sy knieë was. Die ander suster het die petalje gesit en beskou toe sy opgemerk het: “Ousus, ek dink hy wil saam met jou huis toe gaan.”
Gedagte van die dag: Waar is die dae?
Entry filed under: Staaltjies. Tags: .
7 Kommentaar Add your own
Leave a Reply
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed

1.
Xena Phoenix | February 17, 2012 at 8:25 vm
EEEEERRRRRSSSSSTTTTTEEEE
2.
Xena Phoenix | February 17, 2012 at 8:26 vm
Whahahahahahhaahahaaha!!!!! Het hulle die arme klerk maar huis toe gevat? LOL Ek wonder of hy toe hulle skottelgoed gewas het.
3.
Xena Phoenix | February 17, 2012 at 8:27 vm
Mans lyk nogal netjies met die das. By ons moet die mans dasse dra, maar ons is darem gespaar van sykouse.
4.
Olga | February 17, 2012 at 8:33 vm
nee, sy vrou sou hul nie toegelaat het om hom huis toe te neem nie.
5.
Gerda. J | February 17, 2012 at 8:48 vm
6.
Olga | February 17, 2012 at 11:22 nm
Hy sou verseker. Maar desjare het mans graag mansjetknope en dasspelde gedra.
7.
Toortsie | February 18, 2012 at 8:26 nm