Nog menseregte
February 14, 2012 at 11:33 nm Olga 53 Kommentaar
My intensie is regtig nie om op enige mens se tone te trap nie. Glad nie. Tog gaan dit gebeur. Wdh????? Kom ek om, so kom ek om.
Ek het nou al genoem dat menseregte net betrekking op swart mense het. Dit is ‘n feit. Die reg om lief te hê, om te bemin, is ook ‘n reg en ‘n voorreg. ‘n Grootse geskenk van God, dink ek. Ewentwel, iets wat vir my baie opvallend is, is dat liefde tussen man en vrou so terloops is. Dit word nie opgeblaas en aan die groot klok gehang nie. Dit is net. Dit is natuurlik, dit is reg.
Mens kry verskillende soorte liefde. Jy kry ‘n mens se seksuele liefde vir ‘n kind. Dis walglik. Dit is verkeerd. Dit is gelukkig ook krimineel. Dit word ten sterkste veroordeel. Dan kry jy ‘n mens se seksuele liefde vir ‘n dier. ELO??? Hoe donners siek is so ‘n mens? Dit is verkeerd. Dit is krimineel. Dit is gruwelik verkeerd. Dan kry jy ‘n mens se seksuele liefde vir ‘n lyk. Vir ‘n dooie mens. Kan jy nou meer. Dit is afskuwelik. Dit is verkeerd. Dit is ook krimineel. Dan kry jy liefde tussen ‘n vrou se man en ‘n ander man se vrou. Dit is nie krimineel nie, dog is dit verkeerd. Dit is selfsugtig. Dit word veroordeel, al is dit nie ‘n hof nie. Dan kry jy die seksuele liefde tussen mense van dieselfde geslag. Dit is nie reg nie. Tog is dit wettig. Ek weet dit is wettig in Suid Afrika.
Nou kom die vraag by my op: As gayliefde beskerm moet word, tot die mate dat dit in ‘n wettige huwelik kan uitloop, hoekom kwalifiseer egbreek, dierlikheid, pedofilie en nekrofilie nie? Wat maak dat homoseksualiteit beskerm moet word?
Ek vra net. Dit is tog ook verkeerd. Die feit dat dit tussen gewillige volwassenes is, maak dit nie minder verkeerd nie. Ek sê nie die ander vorms van selfsugtige liefde moet toegelaat word nie. Geensins.
Gedagte van die dag: Liefde is nie blind nie. Dit sien tog. Tog kan dit nie onderskei nie.
Entry filed under: Naarhede. Tags: .
53 Kommentaar Add your own
Leave a Reply
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed


1.
Gerda. J | February 15, 2012 at 10:04 vm
goed wat minder as reg is het altyd beskerming nodig.
2.
Xena Phoenix | February 15, 2012 at 11:28 vm
Ek sou nie waar dit kinders of diere aangaan van liefde praat nie. Daar het liefde en seks niks met mekaar te doen nie.
3.
Olga | February 15, 2012 at 2:35 nm
ek wou it voorkeure noem, maar dis eerder siek drange. Soos jy sien, noem ek dit seksuele liefde. Hulld is nie lief vir die voorwerp nie, maar wel vir sex daarmee. Dis blerry siek.
4.
Dingo | February 15, 2012 at 3:53 nm
Jou moer.
5.
Olga | February 15, 2012 at 11:07 nm
Dankie.
6.
Toortsie | February 15, 2012 at 6:12 nm
Die feit dat ek jou skrywe ge”like” het, is nie dat ek teen gay’s is nie. Die goed wat jy hier bo noem is nie “liefde” nie. Allermins. Dis HAATLIK, VERKEERD, VIESLIK, noem maar op! Sjoe!
Hoe vieslik gaan ons NOG word? Wat is daar oor???
Dankie dat jy die moed gehad het.
7.
Olga | February 15, 2012 at 11:07 nm
Toorts, ek het al tevore gesê en ek volstaan daarby: Alles blyk deesdae reg en toelaatbaar te wees in Suid Afrika solank dit oor sex of die luste van die vlees gaan. Waar is die dae toe ons nog “Ons vir jou Suid Afrika” uit volle bors gesing en dit bedoel het?
8.
Francois | February 16, 2012 at 3:14 vm
Olga, wragtig…
Ek sit hier en my mond hang oop, dat jy WRAGTIG gay liefde en ‘n pedofiel se streke in een sin kan gebruik asof daar ‘n verband is tussen die twee.
Om nie eers van seks met diere te praat nie.
Olga, mag jy tot ‘n ander insig kom, en gou. En ek bid regtig, dat gaan kind/ kleinkind van jou OOIT hoef uit te vind watse oordeel jy in jou hart saamdra nie.
Ek het jou blog geniet, maar nou…
Jy maak my siek.
9.
Olga | February 16, 2012 at 8:31 vm
jy mis dhe punt. Maar, geniet jou siekte.
10.
alleman | February 16, 2012 at 9:14 vm
Olga ek dink jy mis die punt – trouens jy maak ‘n spektakel van jou voortvarendheid.
11.
Olga | February 16, 2012 at 12:14 nm
ai alleman. My punt wat ek mis, maar jy en ander nie sien nie, is dat meeste goed wat beskerm
wat is die punt? Jy sal dit steeds nie kry nie. As ek jou te na gekom het, vra ek nie on verskoning nie. Veroordeel ek persoonlik gay mense? Nee.
12.
Nog Menseregte « met net 'n brood en 'n mond vol fudge | February 16, 2012 at 4:29 vm
[...] Nog Menseregte… [...]
13.
murphy | February 16, 2012 at 7:34 vm
Ek geniet jou blogs, maar met hierdie een kan ek glad nie saamstem nie. Jy maak ‘n groot denkfout om afwykings soos nekrofilie en pedofilie onder dieselfde kam te skeer as homoseksualiteit. Ek dink dis, met respekte gesê, ek wil niemand affronteer nie, jou baie eng en oningeligte onderrok wat hier uithang.
14.
Olga | February 16, 2012 at 8:32 vm
he he he heeed.
15.
murphy | February 17, 2012 at 2:25 nm
Intelligente antwoord.
16.
Olga | February 17, 2012 at 7:07 nm
dito.
17.
Painterboy | February 18, 2012 at 7:54 nm
Dat een vrou nou haar naam so slaan….
18.
Olga | February 18, 2012 at 8:40 nm
inderdaad.
19.
Iemandwatweet | February 16, 2012 at 8:47 vm
Julle is almal ewe fuckup en narrowminded..
Tog dink ek dit is veralgemening. Wat is jou standpunt? Ten minste hael jy nie uit die bybel aan nie.
20.
Olga | February 16, 2012 at 12:21 nm
my standpunt tel hoogenaamd nie. In n konflik tussen gay en anti gay mense, gaan ek die ene wees wat op die draad gaan sit. Ek staan nie ma vir n ander se aksies nie. Nes met owerspel. Tog, die feit dat hulle dit doen, maak dit nie reg nie. Gelukkig is die ander 3 krimineel. Na die bybel verwys? Nee, ek het nie nodig om agter die bybel weg te kruip nie. My ‘voortvarendheid’ of is dit fuckupheid, druk my deur.
21.
Charms | February 16, 2012 at 10:44 vm
Olga! Ek dink jy sit die pot heeltemal mis met hierdie inskrywing. Om homoseksualiteit onder dieselfde kam te skeer as die grusame goed wat jy hier noem is skokkend.
In ‘n gay verhouding is daar liefde betrokke Olga, iets wat nie van toepassing is op enige van die siek goed wat jy noem nie.
22.
Olga | February 16, 2012 at 12:24 nm
is dit regtig anders? Minder grusaam? Wat maak dit minder grusaam? Gewillige deelnemers? Die owerspelliges is tog ook gewillige deelnemers.
23.
Nell | February 16, 2012 at 12:45 nm
Ek kan nie hierdie stuk lees, en stilbly nie.
Ek kan nie mooi agter die kap van die byl kom nie. Maak jy die stelling vanuit ‘n geestelike oogpunt (want jy verwys tog na God en die liefde wat Sy grootste geskenk aan die mensdoem is. Of voel jy op ‘n humanistiese vlak gewalg want jy noem “Alles blyk deesdae reg en toelaatbaar te wees in Suid Afrika solank dit oor sex of die luste van die vlees gaan”
My geloofsoortuiging as christen vertel my dat wat JY hier doen is VERKEERD.
Matt 7:1-2 “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word.”
Luk 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.”
EN so is daar bladsye ander verse wat ons waarsku om nie te oordeel nie.
Verder waarsku Paulus ook christene om nie dinge te doen of te sê om ander te offend nie. So as ‘n bybelse beginsel moenie stukke skryf om jou opinie te lug as jy mense gaan seer maak nie. Hierdie stuk is myninsiens net geskryf om reaksie uit te lok…
Rom 14:10-13 “Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is. Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot ‘n val kan bring nie.”
Siende dat die term liefde in die stuk gebruik word wil ek tog noem dat … Ons as Christine opdrag gegee om in liefde teenoor mense op te tree en ek sien geen liefde in jou aksie of woorde nie, maar tog noem jy dat liefde die grootste geskenk van God is.
Olga het jy geweet dat God, Jesus Christus en die Heilige Gees ALLE mense lief het. Of jy gay, swart, gestrem, man of vrou is? … HY is lief vir ALMAL. Al keur Hy nie hulle keuses goed nie. God loves the sinner and not the sin.
So kom ek haal my geloofsoortuiging uit die emosie wat ek ervaar wanneer ek die stuk lees….Wat JY hier doen is VERKEERD. Mens mag geen haatspraak lewer teen enige groep in Suid Afrika wat anders as jy glo, lyk of leef nie. Wie gee jou die reg om die blinde sambok rond te swaai wanneer mense anders as jy is?
Ek dink ek voel meer jammer vir die skrywer as die individue wat deur die stuk veroordeel word. Gaan vind uit wat Agape Liefde beteken en toon dit teenoor jou medemens. Dis ‘n beginsel wat die heelal goedkeur, ongeag jou oortuigings.
24.
Gerda. J | February 16, 2012 at 2:16 nm
wha ha ha ha. laat ek die stuk gaan oor lees om te sien waa jy die sondaar geoordeel het.
25.
Olga | February 16, 2012 at 5:19 nm
26.
Olga | February 16, 2012 at 1:51 nm
dankiendl, jy ken jou bybel. Dus hoef ek nie skrifture aan jou voor te waar homoseksualiteit, egbreek, pedofilie, dierlikheid en nekrofilie veroordeel word nie. Gaan lees dit gerus. Dan kom vertel jy my waar een sonde meer veroordeel word as n ander. Of waar een sonde ligter as n ander weeg.
27.
Nell | February 16, 2012 at 3:07 nm
Lag ek nou lekker … nerens noem ek dat sonde in klasse verpak word in klein of groot sonde nie… So die minder “obseen” sondes wat so ongesiens deurglip soos om nie die tien gebooie na te kom nie, is net so groot sonde soos die relaas wat jy hierbo noem.
Daar is ook geen misverstand oor die woorde wat jy gebruik om ‘n begrip oor te dra nie … Jy draai geen doekies om oor die feit dat sekere mense en hulle praktyke jou walg nie. Jy spreek oordeel uit oor wat jou walg en jy besef nie hoe verreikend die manier is in hoe jy jouself en jou opinie wil laat geld nie.
Oordeel kom jou nie toe nie.
28.
Olga | February 16, 2012 at 5:18 nm
ja, nel, ek sien jy en net jx het die reg om te oordeel. Whoop whoop.
29.
Gerda. J | February 16, 2012 at 2:20 nm
ek kry DIE lesers jammer jong. hulle het geen begrip van die woorde wat hulle gelees het nie. maar kruisig wil hulle kruisig.
30.
Xena Phoenix | February 16, 2012 at 3:44 nm
Ek gaan tog iets sê:
Dit staan elkeen vry om nie van ‘n mening te hou nie. In plaas om die persoon aan te val of te vloek, val die mening aan. Met feite of gevolgtrekkings.
Net so ‘n algemene stukkie raad vir wanneer dit by debat of argumente kom.
31.
Olga | February 16, 2012 at 5:15 nm
hoor hoor!
32.
Francois | February 16, 2012 at 5:19 nm
Moet nie dat ons praat oor feite nie. Daarvan is in die stuk niks.En Olga, hoor hoor tot jy blou is, want die stuk wys jou vir wie jy is. Ek is regtig jammer vir jou, en die soos jy.
En dan regverdig jy dit nog met ‘n houding.
33.
Olga | February 16, 2012 at 6:54 nm
roaring applause.
wil jy nog n seepkis he, franna?
34.
Francois | February 16, 2012 at 7:22 nm
Olga, luister nê? Jy, en die erm, drie? Wat dalk soos jy dink, maak nie van jou ‘n skryfstertjie van formaat nie. Ek self het niks van jou nodig nie, maar ‘n stukkie menslikheid aan jou kant sal jou nogal ver kan vat. Tans los jy ‘n wrang smaak in talle se monde, en dankie daarvoor!
Dit sal dien as bewys dat tye verander het, of jy nou daarvan hou of nie. You lose. Jy gaan die land waarna jy so smag, die een vol haat en verdrukking, nooit weer terug kry nie.
Ek weet dit sal nooit gebeur nie, want in ons generasie wat opkom is die meederheid met oë in hulle koppe, en nie in hulle agterstewe gebore nie.
Jy word ‘n fossiel in ‘n toekoms waarin jy nie plek het nie.
Dis hartseer, maar soms verdien mense wat hulle toekom. Jy moet een ding in ag neem, as die boodskap wat jy deur jou blog gee nie ‘n positiewe impak kan maak nie, is hy nie die moeite werd nie.
Hierdie stuk, was ondeurdag, nutteloos vir enige iemand wat hier lees. Hoekom sarkasties raak met my?
Is dit nodig?
Het ek die klomp snert op die internet gegooi? Of is dit omdat ek jou, erm, durf aanspreek het?
Jy maak my siek Olga, so ook meeste wat hier gesels het vandag. Ek lees jou skrywes al van dat ek as Flintie geskryf het ‘n paar jaar terug, en ek wonder nou hoekom? Self toe jy nie geskryf het nie, het ek jou blog gelees.
Maar nooit het ek die onderklank van hierdie haat in enige van jou skrywes teegekom nie. Ook nie die uitspattige gevoeloosheid wat jy hier wys nie.
Besef jy nie dat enige iemand wat skryf ‘n verantwoordelikheid het nie? Kinders lees vrou, of dink jy hulle stuur posnet briewe vir mekaar in 2012?
Olga, behou jou integriteit. Dit is regtig belangrik.
35.
Xena Phoenix | February 16, 2012 at 8:35 nm
Die stuk stel ‘n aantal argumente voordat daar ‘n gevolgtrekking gemaak word. Ongeag of daar van die gevolgtrekking gehou word of nie. In ‘n debat voer ‘n mens dan met redes aan hoekom jy nie saam stem nie.
36.
Olga | February 16, 2012 at 10:26 nm
Dit was nie as ‘n feite stuk bedoel nie. Dit was om menings te kry oor hoekom gay regte verdedig moes word.
37.
Lena | February 16, 2012 at 7:41 nm
Tjk.
38.
Xena Phoenix | February 16, 2012 at 8:47 nm
Die storie raak nou regtig bisar.
Francios, toe ek vanoggend by jou gelees het, het jy onder meer na Olga se kinders verwys. Ek sien jy het dit intussen verwyder. Jy kla van haatspraak, maar intussen is jy self skuldig. Die hele dag slinger jy een belediging na die ander na Olga.
Ek ken Olga persoonlik en ek kan vir jou een ding vertel.
As jy iewers deur ‘n spul manne vasgedruk word om jou “reg” te foeter, sal 99.9% mense net kyk. Dalk met afgryse, reg om die blogs te laat sing daaroor, maar hulle gaan nie betrokke wil raak nie. Die een mens wat jou daar sal gaan uithaal is Olga. Sonder om eers soveel as ‘n dankie te verwag.
39.
Francois | February 16, 2012 at 9:13 nm
Ek het niks verwyder nie.
Ek het wel hierbo komentaar gelewer wat sê dat ek hoop haar kinders en kleinkinders word haar oordeel gespaar.
Xena, ek se dat sy my siek maak met wat sy hier geskryf het, tot in die pit van my maag. Is dit ‘n belediging?
Dis ‘n opinie, wat my die moer in maak is hoe sy die mense se opinies hanteer, dit walg nog meer. Dalk dink sy dat sy vreeslik oulik is, soms mik almal maar mis.
Sy kan werklik nie vir n oomblik sien wat fout is met die inskrywing nie? Maar ek moet glo sy is ‘n eerbare siel?
Xena, jy ken my skryf. destyds het ek as Flintie baie dinge kwyt geraak. Ek was soms ‘n uiterse vark in my bewoording, in my aanslag, en in my debat.
Nietemin, as daar ‘n jammer nodig was, het hy gekom. Mens is nie te groot daarvoor nie.
Ek leef my lewe so, Xena, dat die kans dat ek deur n klomp mans gemoer gaan word, bitter skraal is. 80% van my vriende is str8 mans, seksualiteit is nie altyd n faktor nie. Ons leef vandag in n wereld waar ons kan glo in die goedheid van n persoon ongeag van sy seksuele orientasie,
Wat Olga hier geskryf het, affronteer, dit is belaglik, en meeste sien dit so. Behoort sy nie te verstaan dat ek, as gay man, getroud, fout vind hiermee nie?
Kan jy nie?
Ek lees hier, ek lees al lank hier, ek is die hel in dat sy so ongevoelig kan wees.
Ek het haar NIE as ‘n seepkissie nodig nie, ek het myself lankal op wordpress bewys, en hoef dit nie weer te doen nie.
As ek my foute kon sien, en skryf soos ek vandag skryf, wat vehoed dat sy tot daardie insig moet kom?
Ons kan NIE ‘n ander aanval sonder enige nagevolge nie. As ek haar persoonlik aangeval het, is dit omdat ek aangeval gevoel het agv die stuk.
Wat ons hier skryf, raak nooit werklik weg nie. Dis die ding met die internet, en die boodskap is ongepas.
Anyway, as dit nie vir gay mans was, was sy nog in ‘n leeuvel op nn klipbank met n kak haarstyl, want ons gay mans, die gemeenskap waarna sy kap hierbo, DRYF daardie bedrywe.
Ek verstaan jy moet by jou vriendin staan, en dit is niks minder as reg nie. Ek sou doie selfde doen, maar moet NIE na my kom vinger wys, en beskuldig dat ek dinge verwyder het nie. Jy ken my beter as dit.
Dan ook, ek was nog nooit blind vir my vriende se foute nie. Ek twyfel of jy nie die probleem hier kan sien nie. Jou inteligensie sou nie toelaat daarvoor nie. Jy’s skerp, so dalk moet jy omdraai en aan Olga verduidelik hoekom hier n reaksie is, sodat sy dit kan verstaan.
40.
Olga | February 16, 2012 at 10:01 nm
Whaaaaaa ha ha ha ha ha. Oppas dat wat jy my kinders en kleinkinders toewens, nie honderdvoudig op jou en joune neerkom nie. As jy nie hou van wat ek sê nie, hoekom de hel bly jy terug kom om gal te braak?
41.
Olga | February 16, 2012 at 9:59 nm
Hoekom doen jy die die moeite om met hom te argumenteer Grieters? Ek voel ‘n veer vir wat hy of die res van my of my siening (wat ‘n doodeenvoudige, vraag was) dink. Ek weet mos hy weet self dat enige iets wat tot die mate “verdedig” moet word, …..
42.
Francois | February 16, 2012 at 10:03 nm
En weereens, Olga, doen jy dit self. Welgedaan, en goeie nag. Dankie vir ‘n dag se lekker gesels.
43.
Pierre | February 17, 2012 at 9:01 nm
Waar is die haatspraak? waar is die haatspraak? ek het stokke en swaarf gebring om alles op te fok. maar ek kry net n gebitch van die lesers. nie die blogger nie. het sy die haat bits afgehaal? ek was gerob. ek was gerob.
44.
Pierre | February 17, 2012 at 9:03 nm
Waar is die haatspraak? waar is die haatspraak? ek het stokke en swaarde gebring om alles op te fok. maar ek kry net n gebitch van die lesers. nie die blogger nie. het sy die haat bits afgehaal? ek was gerob. ek was gerob.
45.
Olga | February 17, 2012 at 10:35 nm
Wat jy sien is wat daar was.
Gaap!!!!!
46.
brodey | February 19, 2012 at 10:37 vm
Aai my skat jy vra hoekom word gayregte beskerm. dis omdat ons die weaker sex is. ons het dit nodig.
47.
Gerda. J | February 20, 2012 at 8:53 vm
so uit die perd se bek?
48.
MaanKind | February 19, 2012 at 11:37 vm
Olga, jy moet net vir ‘n oomblik stilstaan en kyk by watter van die aspekte wat jy noem, is Liefde ter sprake. Geen suiwer, skoon liefde kan verkeerd wees nie.
49.
Petra | February 19, 2012 at 11:48 vm
Afrikaners is plesierig, hulle kan nie en sal nooit saamstaan nie, lol
50.
Roofleser | Maart 1, 2012 at 8:46 vm
Kom ek heel toevallig op hierdie skrywe af vandag. Ja, ek kan stilbly, maklik, want hoe meer mens iets verdedig of aanval, hoe erger raak n situasie.
My seun is gay. Hy wroeg met die wete dat hy “anders” is as die norm vandat hy 12 jaar oud is. Dit het hom sewe jaar geneem om uiteindelik genoeg moed bymekaar te skraap om ons as ouers in te lig. Terwyl hy vertel het hoe hy HARD probeer het om dit weg te wens, weg te leef en aanhoudende bid daaroor, KON hy doodeenvoudig dit nie “weg” laat gaan nie. Hy weet dat mense soos die skrywer van hierdie post hom sal veroordeel. Hy weet dat hy baie moeiliker deur die lewe sal gaan, maar hy weet ook dat as hy sal voorgee om str8 te wees, dit nog n groter onreg sal wees teenoor homself en ander.
Om n jong man wie nie drink, rook of middels gebruik nie, te vergelyk met misdadigers, oor sy seksuele “afwyking” is bloot ongevoelig en kortsigtig. Wees eerder uiters dankbaar dat jy nie “anders” is nie. Daar is baie str8s wat hoereer en egbreek pleeg. Baie baie meer as onder die gay gemeenskap. Daar is baie gays wat getrou aan een partner is en NIE hoereer nie.
Gays dans beslis nie deur die lewe nie, pyn is elke dag deel van hulle lewens en my persoonlike ondervinding is dat gay mans veral, die mees ontwikkelde mense spesie is wanneer dit oor lojaliteit en werklike mense liefde gaan.
Hulle bevraagteken die veiligheid van hulle siele voortdurend wat hulle juis noop om nader aan God te leef. God self sal oor die saligheid van elke individu besluit die dag wanneer daar verantwoording gedoen moet word.
Behoede die oordelers dat daar nie Groen Koring op hul land is nie. Geen nageslag is gevrywaar nie…
51.
Olga | Maart 1, 2012 at 10:57 vm
Soos jy sê, behoede die oordelaars. Dankie vir jou inset.
52.
roofleser1 | Maart 1, 2012 at 6:25 nm
Toe die hype oor die skrywe hoog was het iemand my gebel om te kom lees.0 ek het. ek het baie kwaad geword en n lang relaas as antwyoord geskryf. toe het ek dit weer gelees en besluit dat die hele ou hoeha oor niks is nie. roofleser omdat jou seun gay is en daaroor wroeg maar aanhou om te doen wat hy hy doen maak nie dit reg nie. two wrongs u ken. iemand het kom oordeel met n swetterjoel bybelskrffies. toe het ek gelag.0 c,mon, establishment se homoseksueliteit is verkeerd establishmemt se egbreuk is verkeerd. establishment se pedo is verkeerd. die skryfster het dit nie by haarself uitgedink nie. jy weet dit roofleser. jou seun weet dit. ek weet dit. toe kom oordeel jy ook van die oordeel wat nie hare is nie. great stuf. ek wonder ook al jare oor dieselfde vraag en het nog nie n antwoord gekry nie. hoeko m is dit n issue? omdat veral gay mans n groot behoefte het om gesien te word. vrou adverteer nie hulle andersheid nie. behalwe nou natuurlik die ou drama kwienkie wie nog nie regtig weet waar haar orientasie le nie en dan gesien wil word om reaksie te kry want sy dink dit gaan haar op n voetstuk verewig. dan oor n jaar of tien kry jy die butch met n baby boep en jy weet n ander vrou het dit nie daar gesit nie. vir die record, ek is toevallig n gay vrou. ek probeer ook uitvind hoekom homoseksuele gay genoem word. ons is n sad klomp by hart.
53.
Olga | Maart 1, 2012 at 7:31 nm
baie dankie vir jou inset.