Skrik nie
Junie 30, 2011 at 7:00 vm Olga 14 Kommentaar
Ek, Olga Oksel skrik mos nie vir ‘n uitdaging nie. Ek het een aand gesien Sonkind het op my post kommentaar gelewer, toe klik ek op haar naam, kom op haar blog, lees en tel toe. Sweet, daar was vyf name voor myne. Toe kommentaar ek en sien ek is toe die vyfde skreeer op die post. Wat beteken het ek het myself getag. As ek kon, sou ek seker uitgevee het. Maar nou ja, my wyse ou Moedertjie het geen banggat meisiekind grootgemaak nie.
So spring ek toe weg, winter was mos nie te ver weg nie. Voordat ek nog vreeslik ver gekom het, het ek so ‘n ou ongelukkie gehad en was toe buite aksie. Ek het later agtergekom met ‘n ruim porsie pyn, kon ek tik. As ek nou kan tik, het ek geredeneer, kan ek dalk hekel ook. Wragtig met minder pyn gepaard gegaan as die tikkery. Kom ek wys julle.
Gou het ek genoeg blokkies gehad om die getal bedsokkies te kon lewer. Die vasheg het so bietjie gesukkel, maar ek het dit ook te bowe gekom. As ‘n boer ‘n plan kan maak, wie sê ‘n Olga kan nie?
Voorlank het hulle voor my gelê. Vasgewerk, omgehekel en reg vir die pos. Toe bly net die regte verpakking oor. Toe die meisietjie by die skryfbehoeftes plek hoor waarvoor ek dit wil hê, het sy dadelik die antwoord, groot bubble koeverte. Ek het een paar sokkies vir Grieters geoormerk. Hare ingesit en geadresseer. Die ander pare elk in ‘n koevert gesit en name opgeskryf. Hulle het dit nou verder in die winter in gekry as wat ek beplan het, maar, ja, opdrag is uitgevoer.
Raai watter paar is Grieters sn?
Gedagte van die dag: God wil ons graag laat sukses behaal. As ons motiewe reg is, sorg Hy vir die res.
Geluk net jou verjaardag my Bad Boy. Mag God’s genade, geluk en voorspoed jou vergesel op jou lewenspad.
Entry filed under: My voortande. Tags: .
14 Kommentaar Add your own
Leave a Reply
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed





1.
Xena Phoenix | Junie 30, 2011 at 8:24 vm
Eerste
Ek wonder of ek met myne kan kom werk?
2.
Sonlig | Junie 30, 2011 at 9:02 vm
Ek raai Grieters s’n is die “anderster” een.
XP, hier by my werk sommige van die mense in die lab met pantoffels (met plastieksole) vir die lang ure wat hulle op hulle voete deurbring. Jy moet kom kuier – ek dink ons sal oulik lyk met ons pixieslippertjies!
Bad Boy, baie geluk! Waardeer jou ma – ek dink sy’s uiters cool!
3.
Olga | Junie 30, 2011 at 10:10 vm
grieters is mos anders. Bietjie maller as die heks. Maar nou ja. Mens moet haar maar aanvaar en lief kry. Anders sal sy mens uit jou verstand dryf.
4.
Grim Reaper | Junie 30, 2011 at 10:35 vm
Ek kan myne sien!!
En hulle is soooo gemaklik! Weereens dankie Olga!
♪♫♪ Baie geluk Bad Boy – Enjoy!! ♪♫♪
5.
Olga | Junie 30, 2011 at 1:08 nm
hy se dankie vir die gelukwensings sonlig en selene.
6.
Son | Junie 30, 2011 at 5:26 nm
Fokkit – ek moet nou dadelik aan daai tag van my gaan aandag gee – ek skuld 5 mense … !!!
7.
Olga | Junie 30, 2011 at 6:19 nm
wha ha ha. Ek voel nou darem beter. Ek was nie al een wie laat was nie.
8.
Xena Phoenix | Junie 30, 2011 at 6:21 nm
LOL
Myne is gaan seker eers in die somer gedoen word. Sê nie watter somer nie.
9.
Hoe kommin is ek regtig « Herriemerrie | Junie 30, 2011 at 6:22 nm
[...] julle oorlaat om dit self te ontdek. Oops, amper tag ek nie verder nie. Kom ons kyk: Ek tag vir Olga; Gogga (as sy nog skop) en [...]
10.
Sproetjies | April 16, 2012 at 11:29 vm
Sit asb ‘n duidelike patroon op. Wil dit ok probeer
11.
Olga | April 16, 2012 at 11:55 vm
kan ek dit vir jou epos?
12.
Sproetjies | April 16, 2012 at 12:01 nm
Asseblief dit sal dierbaar wees
13.
Olga | April 16, 2012 at 1:55 nm
na dhe epos-adres wat met hierdie kommentare verskyn?
14.
Sproetjies | April 16, 2012 at 3:21 nm
asseblief en baie dankie